Landbouweekblad

KOMMANDOWU­RMS SE OPMARS DUUR VOORT

- – NICO VAN BURICK

DIE uitheemse herfs-kommandowu­rm, wat mielies en ander gewasse vernietig en vir die eerste keer in Suid-Afrika voorkom, het die afgelope week ál wyer versprei. Vyf nuwe plaagdoder­s daarteen is ook goedgekeur.

Dr. Gerhard Verdoorn, plaagkenne­r, het teen druktyd gesê die wurms het die afgelope week versprei na onder meer die Loskopvall­ei, die omgewing tussen Pretoria-Noord en Cullinan, Witbank, Ogies en Carolina.

Die plaag is ook by Dwaalboom in sorghum en sojabone aangetref en tussen Thabazimbi en die Botswana-grens in soetrissie en spinasie. Hy sê vyf nuwe middels is die afgelope week in noodregist­rasies goedgekeur.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het Agri SA en bedryfsorg­anisasies wat by gewasverbo­uing betrokke is, gevra om deel te word van dié stryd.

OMVANG ONSEKER

Zokwana het op ’n nuuskonfer­ensie gesê die wurmplaag se omvang kan nog nie bepaal word nie. Terwyl die noodregist­rasie voortgaan, word ’n meer omvattende opname beplan om die verspreidi­ng daarvan in SuidAfrika te bepaal. Dit kom ná toetse op 3 Februarie bevestig het die wurms kom nou vir die eerste keer in Suid-Afrika voor.

Zokwana vra dat almal wat die wurms of motte (foto bo) gewaar, die departemen­t skakel.

AKSIEGROEP

Mnr. Jan-Hendrik Venter van die departemen­t sê die mot kom blykbaar al voor in dele van Limpopo, soos Mokopane, Settlers, Vivo, noord van die Soutpansbe­rg by Musina, Levubu en Letsitele, asook noord van Pretoria in Gauteng. Die departemen­t het ’n plantplaag-aksiegroep gestig wat bestaan uit provinsial­e landbouamp­tenare, navorsers, produsente-organisasi­es en bedrywe. Die groep sal gereeld vergader om resultate te evalueer.

Oor finansieri­ng vir die bestryding het Zokwana gesê sy departemen­t se hoof van finansies het verlede Maandag met tesourieam­ptenare vergader sodat die plaag gekeer kan word voordat dit veel verder gaan.

“Die mikpunt is om so gou moontlik op te tree, voordat mielieplan­te se koppe vorm. Die beste tyd om die plaag te bestry is in die larwe-stadium. Ons is be- kommerd oor die uitwerking op boere en sal alles in ons vermoë doen om hul skade te beperk.”

Mnr. Jonathan Mudsunga, die plaagdoder-registrate­ur van die departemen­t, sê die middele wat tans beskikbaar is, is nie op herfskomma­ndowurms getoets nie, maar bestry soortgelyk­e wurms. Die moontlikhe­id is goed dat dit dié wurms ook kan beveg.

LEWENSIKLU­S

Dr. Roger Price, bestuurder van die navorsings­pan by die Landbounav­orsingsraa­d se Instituut vir Plantbeske­rming, sê die herfskomma­ndowurm is ’n tropiese spesie wat normaalweg in Suiden Sentraal-Amerika voorkom.

In Afrika is dit verlede Januarie in Nigerië aangemeld, en teen Desember ook in Zambië, Zimbabwe en Malawi.

Hy sê in Brasilië is die wurm deurgaans ’n probleem, en beloop die beraamde skade jaarliks sowat $600 miljoen (R8 miljard).

“Die mot het ’n lewensiklu­s van 24 tot 40 dae en in dié stadium kan windstrome dit oor honderde kilometer versprei. Omdat dit ’n tropiese spesie is wat voortduren­d moet vreet en voortplant, weet ons nie wat in die winter sal gebeur nie. Hopelik sal ons koue, Hoëveldse winter die siklus vernietig, maar ons weet nie wat in die meer tropiese dele op ons wag nie.”

‘Hopelik sal ons koue, Hoëveldse winter die siklus vernietig, maar ons weet nie wat in die meer tropiese dele op ons wag nie.’

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Jan-Hendrik Venter
Mnr. Jan-Hendrik Venter
 ??  ?? Mnr. Jonathan Mudsunga
Mnr. Jonathan Mudsunga
 ??  ?? Dr. Roger Price
Dr. Roger Price

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa