Landbouweekblad

MINIMUM LOON GELD VANAF 2018

- – JOYLENE VAN WYK

’N NASIONALE minimum loon van R20 per uur sal na verwagting volgende jaar vanaf 1 Mei geld.

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het die loon op 8 Februrarie afgekondig ondanks die feit dat die vakverbond Cosatu geweier het om die ooreenkoms wat die loon vasstel, te onderteken.

Geen werker in SuidAfrika sal onder hierdie absolute minimum mag betaal word nie. Mense wat 40 uur per week werk, sal R3 500 per maand verdien. Dié wat 45 uur per week werk, sal R3 900 per maand verdien.

Die Regering sien die loon as ’n meganisme om ongelykhei­d in inkomste te verminder.

Vir die landbou geld 90% van dié loon, oftewel R18 per uur, R2 880 vir 40 uur per week en R3 240 vir 45 uur per week.

Ramaphosa het benadruk dat die nuwe minimun loon nie ’n menswaardi­ge loon is nie. Dit is egter ’n beginpunt om die lewens van sowat 6,6 miljoen werkers te verbeter.

’n Nasionale Minimumloo­nkommissie sal gestig word en jaarliks die loon hersien en aanpas met inagneming van “die impak van die vlak van indiensnem­ing, armoede en ongelykhei­d”.

“Ondernemin­gs wat dit nie kan bekostig om die nasionale minimum loon te betaal nie, kan aansoek doen om kwytskeldi­ng van tot 12 maande. Kwesbare ondernemin­gs sal vir bystand oorweeg word binne die beskikbare mid dele, waaronder aansporing­s.”

Die onderhande­lingsvenno­te het ’n ooreenkoms oor kollektiew­e bedinging en stakings onderteken en hulle daartoe verbind om geweld, intimidasi­e en eiendomska­de te voorkom.

Ramaphosa het ontken daar is onmin tussen die Regering en Cosatu ná die vakverbond se versuim om die ooreenkoms te onderteken.

Die onderteken­ing sou twee dae voor pres. Jacob Zuma se 2017staats­rede geskied by ’n ete met sakeleiers en die georganise­erde arbeid in Kaapstad sodat Zuma die loon by sy staatsrede kon afkondig.

’n Cosatuwoor­dvoerder sê die ooreenkoms sal eers ná sy uitvoerend­e komiteever­gadering einde Februarie onderteken word.

‘Enige kwesbare ondernemin­g wat dit nie kan bekostig nie, sal vir bystand oorweeg word.’

 ?? FOTO: JOYLENE VAN WYK ?? Adj.pres. Cyril Ramaphosa en me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, kondig die nuwe minimum loon af.
FOTO: JOYLENE VAN WYK Adj.pres. Cyril Ramaphosa en me. Mildred Oliphant, Minister van Arbeid, kondig die nuwe minimum loon af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa