Landbouweekblad

KORINGPRYS NOG LANK ONSEKER

- — AMELIA GENIS

ONSEKERHEI­D oor die ekonomie en die gevolglike wisselvall­ige wisselkoer­s voorspel min goed vir die koringprys. Boonop het die onsekerhei­d oor die invoertari­ef op koring moontlik daartoe gelei dat die meeste koring in die geskiedeni­s in 2015-’16 ingevoer is.

Dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekono­mie en -bemarking by Graan SA, het op Graan SA se streekverg­aderings op Rietpoel en Moorreesbu­rg gesê markte reageer op bekommerni­sse oor politieke onsekerhei­d en oor gerugte oor kabinetsko­mmelinge.

“Die moontlikhe­id dat Suid-Afrika se beleggings­tatus afgegradee­r kan word, is nog nie weg nie. As ons nie ekonomiese groei kry of die beloftes nakom wat aan die kredietgra­deringsage­ntskappe gemaak is nie, bly die risiko daar.”

Volgens Strydom is die koringsitu­asie “selfs meer deurmekaar”. Wêreldvoor­raad van koring is hoog en met ’n eindvoorra­ad van 253 miljoen ton, sal die internasio­nale koringprys laag bly. “Dit is waar die invoertari­ef veronderst­el is om in die prentjie te kom.”

VOORRAAD

Afgesien van ’n lae internasio­nale prys vanweë hoë koringvoor­raad en ’n wisselvall­ige wisselkoer­s, is die meeste koring nóg, naamlik 2,06 miljoen ton, vanaf 1 Oktober 2015 tot 30 September verlede jaar ingevoer. Dit het onder meer veroorsaak dat Suid-Afrika net vóór oestyd ’n oordragvoo­rraad van 832 000 ton gehad het. Dit is genoeg koring vir 3,2 maande. Normaalweg hou die land voorraad vir 1,8 maande.

Strydom skryf die toename in ingevoerde koring toe aan die onsekerhei­d wat ná elke sneller van die invoertari­ef heers oor die afkondigin­g daarvan.

“Ons syfers wys skerp stygings in invoer elke keer ná so ’n sneller. Dit is omdat invoerders ’n gaping sien om goedkoop koring in te voer voor ’n nuwe, hoër tarief in werking tree.”

Hy het ook waargeneem dat Suid-Afrika se uitvoer “wegraak” – in 2015-’16 is net 68 000 ton koring na buurlande uitgevoer, teenoor 300 000 ton wat gewoonlik uitgevoer word.

SKEPE OP PAD

Hy sê daar sou ná oestyd selfs meer druk op die prys gewees het as daar nie ’n ooreenkoms gesluit is om die 300 000 ton koring wat tariefvry uit die Europese Unie (EU) ingevoer mag word, eers vanaf Februarie te land nie.

Strydom kon bevestig dat skepe met koring uit die EU op pad is. “Februarie gaan die aanbod van koring weer skerp styg, want almal is skrikkerig oor die tarief. Dit is ’n risiko vir ons. As dié 300 000 ton koring uitgewerk is, kan ons mark hopelik weer normaal funksionee­r.”

Strydom sê die gebeure in die koringmark die afgelope paar maande het opnuut bevestig dat die rapporteri­ng van in- en uitvoer moet plaasvind.

“Dit sal help dat die hele mark besluite kan neem.”

Graan SA werk daaraan om markinligt­ing meer geredelik beskikbaar te kry sodat beter besluite geneem kan word op grond van feite, nie gerugte nie. “Ons kan ons bedrywe net regkry as ons die regte inligting het en die regte besluite neem.”

‘Ons kan ons bedrywe net regruk as ons die regte inligting het en die regte besluite neem.’

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? ’n Magdom faktore wat tot onsekerhei­d bydra, kan veroorsaak dat dit lank gaan duur voor die koringmark weer normaal funksionee­r.
FOTO: AMELIA GENIS ’n Magdom faktore wat tot onsekerhei­d bydra, kan veroorsaak dat dit lank gaan duur voor die koringmark weer normaal funksionee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa