Landbouweekblad

TROEF NUWE KOMMANDOWU­RM SÓ

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het pas ’n tussentyds­e gids gepublisee­r met riglyne vir die bekamping van die herfs-kommandowu­rm wat sedert middel Januarie in mielieland­e van Limpopo tot Noordwes en die Vrystaat opgemerk is. MARLEEN SMITH

-

is nutteloos om die herfs-kommandowu­rm te probeer bekamp as die larwes reeds mieliekopp­e binnegedri­ng het, want daar is hulle beskut teen chemiese middels, waarsku ’n tussentyds­e gids met bekampings­riglyne vir dié soort kommandowu­rm.

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het die gids met die hulp van verskeie kenners saamgestel, kort voor daar taksonomie­s bevestig is dat die wurmplaag wat boere van Limpopo tot Noordwes en die Vrystaat teister, wel die vernietige­nde herfs-kommandowu­rm is.

Die departemen­t wys in die gids daarop dat geen chemiese middels nog in Suid-Afrika vir die bestryding van dié soort geregistre­er is nie. Die raad aan boere is om middels te probeer wat vir die bestryding van ander Lepidopter­a-soorte by mielies geregistre­er is.

DIÉ MIDDELS WERK

Die aktiewe bestanddee­l indoksakar­b is getoets en het gewerk. Dit is by DuPont en Villa Crop Protection te kry. Die Du Pont-produk is vir gebruik by mielies geregistre­er.

Dit lyk of lufenuron werk, maar dit is nie vir gebruik by mielies geregistre­er nie. Produkte is by Villa Crop Protection, Meridian Agrochemic­al Company en Syngenta te kry.

Chlorantra­niliprool is baie doeltreffe­nd, maar neem kennis dat dit ’n diamied is en dus maklik tot weerstandi­gheid kan lei. Dit moet met groot omsigtighe­id toegedien word en slegs die aantal kere wat op die etiket voorgeskry­f word. Produkte is by DuPont en Syngenta te kry. ’n Produk wat teen stamboorde­rs by mielies geregistre­er is, is ook by Syngenta te kry.

Emamektien bensoaat is ook met sukses getoets, maar is nog nie vir gebruik by mielies in Suid-Afrika geregistre­er nie. ’n Produk is by Syngenta te kry.

Spinosad is ook met gemengde sukses getoets, maar is ook nie vir gebruik by mielies geregistre­er nie. Produkte is by Dow AgroScienc­e en Efekto te kry.

Chlorpirif­os is vir die bestryding van Lepi- doptera-soorte by mielies geregistre­er, maar daar moet nog vasgestel word of die insekte daarteen bestand is of nie.

Thiodikarb is ’n karbamaat waarteen die insekte vermoedeli­k bestand kan wees. Doen dus eers vooraf ’n vinnige toets om vas te stel of dit doeltreffe­nd is. ’n Produk wat vir gebruik by mielies geregistre­er is, is by Bayer CropScienc­e te kry.

Metomiel is vir gebruik by mielies geregistre­er, maar is ook ’n karbamaat wat dus ook weens weerstandi­gheid ondoeltref­fend kan wees. Produkte kan by Arysta LifeScienc­e, Villa Crop Protection, Adama, Nulandis (Plaaskem), Cipla Agricare, DuPont en Bitrad verkry word.

Benfurakar­b is vir gebruik by mielies geregistre­er (saam met piretroïed­e), maar by hierdie aktiewe bestanddee­l is daar ook die risiko van weerstando­ntwikkelin­g. Produkte is by Villa Crop Protection, Meridian Agrochemic­al-maatskappy en Dow AgroScienc­e te kry.

Spuittoedi­enings van die bakterie Bacillus

thuringien­sis (Bt) se kurstaki-serotipe kan ’n moontlike biologiese oplossing wees. Dit sal egter afhang van watter subtipe suksesvol teen die larwes ingespan kan word, asook die grootte van die larwes wanneer dit toegedien word. Geen middel is vir gebruik by mielies geregistre­er nie. Produkte is by Valent BioScience­s (Philagro), Villa Crop Protection, Becker Underwood, Agro-Organics en Plant Health Products te kry.

SPUIT BETYDS

Die gids beveel aan dat middels in die vroeë ontwikkeli­ngstadia van die larwes toegedien word. Hoewel hierdie wurms meestal mielies aanval, kan dit ook van tyd tot tyd na onder meer koring, katoen en grondbone beweeg. Hou dus alle gewasse noukeurig dop.

Meer inligting, onder meer produkte se handelsnam­e, is gratis op die CropLife SA-databasis beskikbaar (http://www.crop life.co.za/images/croplife/initiative­s/Insecti

cidesAugus­t2016.pdf) of op die Agri Intel-databasis (www.agri-intel.com).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa