Landbouweekblad

CERES-BOERE HAAL DIE MEESTE UIT ELKE DRUPPEL

- LUCILLE BOTHA

DIE waterspaar-praktyke wat vrugteboer­e in die Ceres-omgewing sedert verlede jaar toepas, lewer dividende op, want ondanks nypende watertekor­te behoort hulle die huidige oes steeds voldoende te kan besproei.

Die Wes-Kaap se damme was teen einde Januarie minder as 38% vol.

Volgens mnr. Calla du Toit, ’n vrugteboer van die Witzenberg­vallei, het die winter “vinnig geëindig” en het hulle nie juis sneeu gekry nie.

“Daar was ’n paar goeie buie, maar ons lê onder ons gemiddelde langtermyn­reënval.”

Hy sê boere in die omgewing se filosofie oor water het heeltemal verander. “Eers as jy nie water het nie, maak jy vinnig ’n plan. Ons het ’n klomp nuwe dinge gedoen en dink nou heeltemal anders oor water. Dit maak ons baie meer doeltreffe­nd.”

WETENSKAPL­IK

’n Kombinasie van praktyke help die vrugteboer­e om meer te doen met die beskikbare water.

“Ons kyk na grondsoort­e wat water beter vashou en kultivars wat nie so ’n lang groeityd vereis nie. Ons het ons hooflyne verander sodat ons meer op gravitasie kan staatmaak, wat krag help bespaar, en ons probeer in die nag besproei, as die verdamping minder is,” sê hy.

Boere gebruik grondvogme- ters en -bore om grondvog te meet en satellietg­ebaseerde tegnologie, soos Fruitlook, om droë kolle te identifise­er.

“Besproeiin­g is wetenskapl­iker as ooit tevore. Ons doen meer moeite om die grondvog te meet voor en ná gewasse natgelei word,” sê mnr. De Kock Hamman, Ceres Fruit Growers se tegniese adviseur. Sprinkelbe­sproeiings­telsels moes ook plek maak vir ’n doeltreffe­nder mikrostels­el uit Israel wat gewoonlik in kweekhuise ingespan word en waterafloo­p beperk. Du Toit sê dit bespaar 2 000-3 000 m3 water per hektaar.

Hul grond se houvermoë word gereeld getoets en besproeiin­g word aangepas volgens grondtipes. Verder is indringerp­lante verwyder en die areas rondom bome bedek met ’n deklaag om vog vas te vang en te keer dat die grond te warm word.

“Ons het boordbestu­urspraktyk­e verbeter en ons maak staat op beter inligting van die weerstasie sodat ons kan besproei met so min vermorsing as moontlik,” sê Hamman.

KULTIVARS FYN GEKIES

Mnr. Roelf Pienaar, besturende direkteur van die bemarkings­maatskappy Tru-Cape, sê boere het mooi gaan nadink oor hul aanbod van vroeë en later appelen peerkultiv­ars. Die laat kultivars moet langer besproei word in die somer.

“Ons boere beplan hul gewasse beter sodat hulle die beskikbaar­heid van vrugte regdeur die jaar kan balanseer met die hoeveelhei­d water wat hulle nodig het om langer tye te besproei.”

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Nuwe mikrospuit­jies uit Israel help vrugteboer­e in die Ceres-omgewing om water baie doeltreffe­nder te benut.
FOTO: VERSKAF Nuwe mikrospuit­jies uit Israel help vrugteboer­e in die Ceres-omgewing om water baie doeltreffe­nder te benut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa