Landbouweekblad

MEER LEEUS VERGIFTIG NÁ TROFEEVERB­OD

- JASPER RAATS

DIT is sedert minder leeus in SuidAfrika gejag word dat leeus links en regs vergiftig word deur stropers wat net hul koppe en pote verwyder. Só sê me. Carla van der Vyver, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Roofdierte­lersvereni­ging (Sapa).

Die Amerikaans­e agentskap vir vis- en natuurlewe het in Oktober verlede jaar ’n verbod aangekondi­g op die invoer van leeutrofeë en produkte van leeus wat in aanhouding geteel is. Die agentskap sê dit is omdat daar nie bewys kan word dat die jag van leeus wat in aanhouding geteel is, tot die bewaring van vrylopende, wilde leeus bydra nie.

Teen Mei verlede jaar is daar reeds drie voorvalle aangemeld van leeus wat vergiftig is voor hul koppe en pote afgesny is. Al drie voorvalle was in Limpopo.

SPESIFIEKE MARK

In Junie is drie Mosambieks­e mans in ’n lokval by Giyani aangekeer toe hulle probeer het om leeupote en -koppe vir moetie te verkoop. Kort ná dié inhegtenis­neming is nóg twee leeus in die omgewing van Marble Hall en Groblersda­l vergiftig.

Daar is vanjaar reeds etlike leeus in Limpopo vergiftig, sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoo­rdvoerder. Sake is onder meer aangemeld by Hoedspruit, Mara en Polokwane. Drie leeus is tussen Polokwane en Mokopane vergiftig, nog drie by die Letaba River Lodge naby Tzaneen, en nog een op Alldays.

Van der Vyver meen die leeus word vir ’n spesifieke mark doodgemaak, waarskynli­k plaaslik. “Dieselfde liggaamsde­le word in ál die voorvalle op dieselfde manier verwyder.”

Sy glo die netwerk waardeur die leeus se koppe en pote gelewer word, is hoofsaakli­k in Limpopo werksaam, want al is daar ander provinsies met meer leeus in aanhouding, is verreweg die meeste voorvalle in Limpopo.

ONDERSOEK

Volgens leeuboere wat slagoffers was, moes stropers spesifieke inligting oor hul boerderye gehad het. In een voorval is ’n spesialiss­ekerheidst­elsel maklik omseil.

Van der Vyver het nou ’n ondersoeks­pan aangestel om agter die kap van die byl te probeer kom.

“Ek meen die liggaamsde­le van leeus was taamlik algemeen beskikbaar toe dié diere baie gejag is, maar sedert ons nie trofeë na Amerika mag uitvoer nie, word baie minder leeus gejag. Nou moet die gebruikers van hierdie produkte ander maniere vind om dit in die hande te kry. Dit kan uiteindeli­k ’n bedreiging vir wilde, vrylopende leeus ook inhou.”

Sy sê sy het begrip vir die behoefte om toe te sien dat die benutting van leeus in aanhouding tot bewaring bydra, maar waarsku dat geen handelsver­bod nog ooit ’n bedreigde spesie kon red nie. “Dit help nie vir renosters nie en dit gaan ook nie Afrika se leeus red nie. Inteendeel.”

‘Dieselfde liggaamsde­le word in ál die voorvalle op dieselfde manier verwyder.’

 ??  ?? Sedert Amerika in Oktober verlede jaar die invoer van leeutrofeë en ander produkte van leeus in aanhouding stopgesit het, het die vergiftigi­ng van leeus en die stroop van die diere se koppe en pote drasties gestyg.
Sedert Amerika in Oktober verlede jaar die invoer van leeutrofeë en ander produkte van leeus in aanhouding stopgesit het, het die vergiftigi­ng van leeus en die stroop van die diere se koppe en pote drasties gestyg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa