Landbouweekblad

Beleggings in Februarie

Kort voor die einde van die boekjaar is dit belangrik om te besluit of jy geld gaan bydra tot ’n belastingv­rye beleggings­plan of tot jou uittree-annuïteit. Albei het voor- en nadele.

- Adv. Ronald King is hoof van strategies­e navorsing by PSG. RONALD KING

Met nog net ’n paar dae van die boekjaar wat oor is, is dit tyd om te besluit of ons die jaarlikse bydrae tot ons uittree-annuïteit wil maak. En vanjaar kan ons werklik daaruit voordeel trek. Die vraag is egter nou meer ingewikkel­d, want is dit nie beter om eerder tot die belastingv­rye beleggings­plan by te dra nie? Party mense vra ook hoekom ’n mens in Februarie hierdie beleggings moet maak.

Met die wêreld wat tans so deurmekaar is, moet ons aanvaar dat opbrengste gedurende die volgende drie tot vyf jaar nie wonderlik gaan wees nie. Koste word derhalwe belangrik om die maksimum opbrengs uit beleggings te verseker. ’n Groot koste op beleggings is belasting – op rente en huurinkoms­te vat dit reeds 41% van jou opbrengs. Kapitaalwi­nsbelastin­g is tans 16,4%, maar daar is aanduiding­s dat hierdie koers oor die volgende paar jaar verhoog gaan word om ál nader aan 41% te kom.

As ’n mens in hierdie stadium egter na kontant skuif omdat jy oor die mark bekommerd is, verhoog dit belastingk­oste en ontstaan daar ’n risiko dat jy die mark se volgende groeifase gaan misloop. Selfs die 9% wat sommige banke nou op ’n vyfjaarbel­egging gee, is ná belasting slegs 5,31%. Ons moet dus eerder klem lê op belastingb­esparing. Dit word verkry deur middel van uittree-annuïteite en belastingv­rye beleggings­planne.

BELASTINGV­RYE BELEGGINGS­PLAN

Dié plan is twee jaar gelede deur die Regering geskep. Geen belasting is binne hierdie produk of op enige onttrekkin­gs uit die produk betaalbaar nie. Die bydraes tot die belegging is egter nie aftrekbaar van belasting nie.

Die produk het ongelukkig ook twee beperkings. Eerstens, die maksimum bydrae is R30 000 per jaar tot ’n maksimum van R500 000 oor jou lewe. Tweedens, jy kan niks wat jy onttrek het, weer terugsit nie. Die beleggings­plan is derhalwe nie geskik vir korttermyn-beleggings­behoeftes nie.

Die voordeel van die produk is natuurlik dat jy nie belasting op die groei betaal nie. Vir iemand wat nie belasting betaal nie, is daar nie ’n voordeel met die produk nie.

My aanbevelin­g is dus dat jy nie sulke planne in jou kinders se name uitneem en dan die geld vir universite­it gebruik nie. Dit beteken die kinders sal nie meer beleggings tot die plan kan maak wanneer hulle ouer is nie.

As jy jonk begin, maar nie die geld onttrek nie, kan dit natuurlik baie goed werk in latere jare.

UITTREE-ANNUÏTEITE

Daar is geen beperking op hoeveel jy tot ’n uittree-annuïteit kan bydra nie. Net soos met die belastingv­rye beleggings­plan is daar geen belasting binne die belegging betaalbaar nie.

Die uittree-annuïteit het egter ook ’n verdere paar voordele bo die beleggings­plan. Eerstens, jy kan bydraes aftrek teen jou belas- bare inkomste. Hierdie aftrekking is beperk tot 27,5% van jou belasbare inkomste en kan nie meer as R350 000 wees nie. ’n Bydrae van R350 000 spaar egter tot soveel as ’n stewige R143 500 in belasting. Sulke bydraes is ook kwytgeskel­d van boedelbela­sting.

Enige bydraes, ongeag of dit aftrekbaar van belasting was of nie, is ook by insolvensi­e beskerm. Met al die onsekerhei­d wat ons oor reënval het (was dit nie pragtig om verlede maand deur Noordwes te ry ná die reëns nie?), is dit iets wat elke boer in sy agterkop moet hou. Só weet jy jou aftrede is verseker.

Die enigste nadeel van ’n uittree-annuïteit is dat jy belasting betaal op alle onttrekkin­gs wat jy ná aftrede maak. Die gemiddelde belastingk­oers ná aftrede is egter 10% laer as terwyl jy ander inkomste verdien en maak dat jy steeds ’n reusevoord­eel daaruit trek.

Kyk dus wat jy kan doen om in hierdie laaste twee weke van Februarie jou volle belasting-aftrekbare bydrae tot ’n uittreeann­uïteit te maak. Indien jy daarna nog geld oor het, kan jy R30 000 tot ’n belastingv­rye plan bydra.

Ons weet nie wat vanjaar inhou nie. Kom ons doen nou die stappe sodat ons oor twintig jaar van nou af kan weet wat ons aftrede vir ons sal bring.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa