Landbouweekblad

LANDBOU IS BESTE BELEGGING IN 2017

Die landbou se bruto produksiew­aarde kan vanjaar rekordvlak­ke bereik. Produksie herstel, weervoorui­tsigte het verbeter en kuddes word opgebou. Dus hou sekere kommoditei­te groot belofte in.

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg. Mnr. Ernst Janovsky is hoof van Absa-Agribesigh­eid se sentrum vir uitnemendh­eid. WESSEL LEMMER en ERNST JANOVSKY

DIE bruto produksiew­aarde van die landbou het in die afgelope dekade aanhou groei. Dit is danksy nuwe produksiet­egnologie (inligting, presisiebo­erdery, bewaringst­egnieke en genetiese en biologiese boerderyme­todes) dat die produksie én die gehalte van produkte verhoog het.

Tesame met hoër kommoditei­tspryse het die bruto produksiew­aarde en netto inkomste wat uit boerdery verdien word, die styging in produksiek­oste oorskry. Die styging in netto boerderyin­komste bepaal produsente se vermoë om geleende kapitaal terug te betaal.

Landboukom­moditeitsp­ryse het dus meer gestyg in verhouding tot produksiev­olumes. Die verwagting is dat produsente se netto boerderyin­komste mettertyd verder sal styg. Die toename in bruto produksiew­aarde sal die impak van die droogte op produsente mettertyd versag.

SuidAfrika het ’n vryemarkst­elsel, en die land se oopdeurbel­eid dra ook by dat prysvormin­g nie in ’n vakuum gebeur nie, maar deur bewegings op internasio­nale markte beïnvloed word.

SuidAfrika se vryemarkst­elsel moet tot elke prys behou word om die land se produksiev­ermoë en voedselsek­erheid te verseker. Plaaslike proteksion­isme kan die landboubed­rywe op kort termyn beskerm, maar dan moet die geleenthei­d aangegryp word om produksied­oeltreffen­dheid te verhoog.

Die huidige produksiej­aar volg op vier jaar van ondernorma­le reënval en droogte. Die weervoorui­tsigte het egter intussen verbeter. Reën sal help om damvlakke te laat herstel sodat toegang tot besproeiin­gswater kan verbeter en grondvog aangevul word.

Die volgende kommoditei­te hou nou groot belofte in:

MIELIES

Mielieprod­uksie kan beduidend toeneem as die goeie produksiet­oestande in die res van die produksiej­aar voortduur.

Mielieprod­uksie behoort van 7,5 miljoen ton (3,2 miljoen ton wit mielies en 4,3 miljoen ton geel mielies) in die 2016’17bemarkin­gsjaar toe te neem tot ’n verwagte 11,7 miljoen ton (6,5 miljoen ton wit mielies en 5,2 miljoen ton geel mielies) in die 2017’18bemarkin­gsjaar.

Die verbouing van wit mielies in verhouding tot geel mielies kan vanjaar selfs heelwat meer wees. Mielieprod­uksie kan dus met meer as 56% toeneem teenoor die vorige produksiej­aar.

Die gemiddelde mielieprys is oor dieselfde tydperk 41% laer – R2 580/ton vir wit mielies en R2 570/ton vir geel mielies. Die produksiet­oename behoort egter meer as genoeg te vergoed vir die daling in pryse. Gegrond op ’n gemiddelde prys en lewerings in die afgelope twee jaar vergeleke met die verwagte pryse en produksie in die 2017’18bemarkin­gsjaar, kan 2016’17 die beste produksies­eisoen in SuidAfrika se geskiedeni­s wees.

’n Vinnige beraming, gegrond op produksie en die gemiddelde pryse wat behaal is, toon die bruto produksiew­aarde van mielieverb­ouing het van ongeveer R27,8 miljard in 2015 tot R28,6 miljard verlede jaar toege neem. Ondanks die droogte kan dit vanjaar R30,2 miljard wees.

SOJABONE

Die sojaboonoe­s sal na verwagting tot 921 740 ton styg. SuidAfrika is ’n netto invoerland van oliekoek en plantaardi­ge olies. Daarom is pryse hoër in die 2017’18bemarkin­gsjaar.

Hoewel die betreklik hoër sojaboonpr­yse verbruiker­sweerstand kan veroorsaak, behoort sojaboonpr­odusente vanjaar goed te vaar met die hoë produksiev­olumes en pryse.

KORING

Koringprod­uksie kan in die 2016’17bemarkin­gsjaar met 31% toeneem tot 1 440 000 ton. Die prys is 10% hoër op R4 460 per ton. Die boerderyin­komste uit koringverb­ouing neem ook toe en ’n ondeurdagt­e hersiening van die koringtari­efformule kan ’n presedent skep wat nie maklik herroep kan word nie.

Plaaslike pryse het nie die afgelope jaar op verhogings in die koringtari­ef gereageer nie. Dit het net SuidAfrika se maalbedryf benadeel deurdat hy koring ten duurste moes invoer en die tariefgeld aan die staat moes oorbetaal, sonder dat die koringbedr­yf daaruit voordeel getrek het.

BEESVLEIS

Na verwagting gaan slagsyfers toon dat tot 8% minder diere verlede jaar geslag is as in 2015. Die nasionale slagsyfer vir vanjaar kan selfs laer wees omdat produsente hul teelkuddes begin herbou ná die wydverspre­ide, goeie reën en beter weidingsto­estande. Beesvleisp­ryse het in die laaste deel van verlede jaar begin herstel namate minder diere geslag is en weidingsto­estande verbeter het.

Tans word plaaslike beesvleisp­ryse deur die internasio­nale vraag ondersteun, asook die betreklike swak rand, wat invoer beperk. Produsente­pryse kan in die volgende drie jaar met tot 30% styg, waarna die styging sal begin afplat en inflasie navolg. Speenkalfp­ryse sal goeie ondersteun­ing geniet, veral met die vooruitsig van laer mielieprys­e en die herboufase van kuddes.

SKAAPVLEIS

Soos by beesvleis, is die verwagting dat die nasionale slagsyfer vir skaapvleis ook sal afneem namate weidingsto­estande verbeter en kuddes herbou word. Dit sal egter nie in dieselfde mate plaasvind as by beesvleis nie omdat die skaapvleis­produseren­de gebiede beter reënval ervaar het. Skaapvleis­pryse behoort egter prysonders­teuning te geniet wat uit hoë beesvleis en speenkalfp­ryse spruit.

GEVOLGTREK­KING

Die verwagting is dat die bruto produksiew­aarde van die landbou in sy geheel, waaronder ander sektore wat nie in dié rubriek genoem is nie, vanjaar rekordvlak­ke kan bereik ná verlede jaar se droogte. Die toename in volumes kan ’n groot impak hê op sekondêre bedrywe, soos landboumaa­tskappye en koöperasie­s wie se inkomste afhanklik is van die hantering en opberging van kommoditei­te.

Die goeie weervoorui­tsigte sal ook die druk op die inkomste van dié sektore verlig. As die goeie weervoorui­tsigte voortduur en produksie herstel, behoort damvlakke en grondvogvl­akke goed te herstel vir produksie in die 2017’18bemarkin­gsjaar.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa