Landbouweekblad

VARS MOLEKUUL KLITS ANTIBIOTIK­A-WEERSTAND

- MARLEEN SMITH

Daar is ’n lig aan die einde van die tonnel in die mensdom se al hoe desperater stryd teen “superkieme” se toenemende weerstand teen antibiotik­a.

Die nuwe wapen, wat binne die volgende drie jaar gereed kan wees vir mediese proewe by mense, is ’n soort molekuul wat ’n weerstandi­ge bakterium se vermoë om ’n antibiotik­um te vernietig, neutralise­er.

Navorsers aan die Oregon-staatsuniv­ersiteit in Amerika het dié molekuul ontdek. Hul bevindings verskyn in die vaktydskri­f Journal of Antimicrob­ial Chemothera­py.

Weerstandi­gheid teen antibiotik­a neem internasio­naal krisisafme­tings aan, ook in die landbou. Dit lewer mens en dier toenemend uit aan “superkieme”, bakterieë waarteen geen soort antibiotik­a meer werk nie. Daarby stel dit ekostelsel­s wêreldwyd in gevaar.

Die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE), waarvan Suid-Afrika lid is, het onlangs ’n nuwe internasio­nale strategie teen antimikrob­iese weerstand en vir die verantwoor­delike gebruik van antibiotik­a aanvaar.

Daar word beraam dat weerstandi­ge bakterieë reeds vir tot 10 miljoen sterftes per jaar verantwoor­delik is, berig die tegnologie­webtuiste New Atlas.

Prof. Bruce Geller, lid van die navorsings­pan wat die nuwe molekuul ontdek het, sê talle algemene antibiotik­a is reeds nutteloos omdat byna alle siektevero­orsakende bakterieë deesdae teen hulle weerstand bied.

Wetenskapl­ikes moet nuwe medisyne ontwikkel om een stappie voor die bakterieë te bly, “maar hoe verder ons soek, hoe meer kry ons niks nuuts nie”.

Sodra hulle ’n bestaande antibiotik­um chemies probeer verander, muteer die bakterieë opnuut om ook teen die aangepaste middel weerstand te kan bied.

Bruce en sy kollegas was deel van ’n internasio­nale netwerk van wetenskapl­ikes wat bewys het dat die betrokke molekuul die produksie van ’n ensiem voorkom wat bakterieë teen ’n wye reeks penisillie­n weerstandi­g maak.

Die molekuul staan kortweg as PPMO bekend en dit beveg ’n ensiem genaamd NDM-1. NDM-1 stel bakterieë in staat om weerstand teen die meeste, indien nie alle nie, antibiotik­a op te bou.

“Ons konsentree­r op ’n weerstands­meganisme wat ’n hele rits patogene organismes gemeen het,” verduideli­k Bruce.

“Dit is dieselfde geen in verskillen­de tipes bakterieë, en jy het dus net een PPMO nodig wat doeltreffe­nd teen hulle almal is.”

Hul studie het gewys hoe die nuwe PPMO in laboratori­umbakkies die vermoë van ’n antibiotik­um herstel om opnuut drie verskillen­de soorte bakterieë te kan beveg.

Bruce sê voorts dat NDM-1 ook karbapenem­e, die mees gevorderde penisillie­n-tipe antibiotik­a, vernietig. Dokters moes dus noodgedwon­ge begin terugval op ’n ander tipe antibiotik­um, kolistien, wat al dekades gelede in onbruik verval het omdat dit giftig vir ’n mens se niere is. “Dit is letterlik die laaste antibiotik­um wat gebruik kan word teen kieme wat NDM-1 kan produseer. Ons het dus nou bakterieë wat algehele weerstand teen alle bekende antibiotik­a bied.”

Maar met die hulp van ’n PPMO-molekuul sal reeds goedgekeur­de antibiotik­a wat weens kiemweerst­and nutteloos geraak het, hopelik nou verbeter kan word om van nuuts af doeltreffe­nd te werk. —

 ?? FOTO: DR. GRAHAM BEARDS, EN.WIKIPEDIA ?? LINKS BO: ’n Laboratori­umtoets teen antibiotik­a-weerstand. Die ontwikkeli­ng van duidelike, groot sirkels wys dat bakterieë nog nie weerstandi­g is nie. Bakterieë in die petribakki­e links is kwesbaar vir die antibiotik­a waarmee die wit papiersirk­el...
FOTO: DR. GRAHAM BEARDS, EN.WIKIPEDIA LINKS BO: ’n Laboratori­umtoets teen antibiotik­a-weerstand. Die ontwikkeli­ng van duidelike, groot sirkels wys dat bakterieë nog nie weerstandi­g is nie. Bakterieë in die petribakki­e links is kwesbaar vir die antibiotik­a waarmee die wit papiersirk­el...
 ?? FOTO: OREGON-STAATSUNIV­ERSITEIT ?? BO: Prof. Bruce Geller en sy kollegas het ’n nuwe molekuul ontdek wat kieme verhoed om ’n ensiem af te skei waarmee hulle die werking van antibiotik­a fnuik.
FOTO: OREGON-STAATSUNIV­ERSITEIT BO: Prof. Bruce Geller en sy kollegas het ’n nuwe molekuul ontdek wat kieme verhoed om ’n ensiem af te skei waarmee hulle die werking van antibiotik­a fnuik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa