Landbouweekblad

DRIES VISSER: Van arm boskind tot top-wildboer

Die wildbedryf in Suid-Afrika sal sy sokkies moet optrek wat die jagmark betref, sê mnr. Dries Visser van Dries Visser Pure-bred Game naby Thabazimbi. Hy sal weet . . . Dries Visser Safari’s is wêreldbeke­nd as ’n jagbestemm­ing waar jagters ’n verskeiden­he

-

Die wildbedryf staan nou voor ’n kruispad en sal mooi moet besin oor hoe om die volhoubaar­heid van wildboerde­ry op lang termyn te verseker. Só meen mnr. Dries Visser, ’n voorste wildboer. “Ons moet alles in die stryd werp om ekstensiew­e jaggebiede daar te stel en die jagkliënte, wat ons buurlande van ons af weggelok het, terug te kry,” sê hy.

Namibië se jagbedryf het byvoorbeel­d die laaste klompie jare van 4 000 besoekers tot 18 000 per jaar gegroei, terwyl Suid-Afrika s’n van 9 000 tot 4 000 besoekers gekrimp het.

“Sonder jagters het ons nie ’n bedryf nie en ons moet na ons jagonderne­mers begin omsien. Dis hulle wat die buitelands­e jagters van alle uithoeke van die wêreld na Suid-Afrika toe bring,” sê Dries.

’N PIONIER VAN WILD EN JAG

Hy self moes al sy lyf jagonderne­mer hou. As ’n kind wat brandarm in die Noordwes se Molopo-omgewing grootgewor­d het, het hy die bos geken en van jongs af geleer spoorsny en jag. Toe hy jare later as suksesvoll­e sakeman van die Vaaldrieho­ek af trek om heeltyds op sy naweekplaa­s, Citadel, te kom woon, het hy sy beesboerde­ry uitgefasee­r en ál meer wild begin aankoop.

“My hart was nog altyd by die wild en dit was van die begin af my begeerte dat my seun darem ook eendag ’n bok kan jag. Ek wou vir hom ’n kinderlewe in die veld gee, soos wat ek gehad het.”

Sy seun, Dries jr., was ses toe Dries besluit het om plaas toe te trek.

In die laat tagtigs het hy al sy kommersiël­e geboue in die stad verkoop en het hy al meer verdien uit die biltongjag­ters wat wintermaan­de in sy jagkamp kom bly en iets vir die pot geskiet het. In 1989 het hy die eerste keer met jagonderne­mers te make gekry wat hom kom vra het of hulle oorsese jagkliënte kan bring om op sy grond te jag.

“Ons het aanvanklik jagters uit Frankryk, België, Nederland en Duitsland hier ontvang. Ek het toe my profession­ele jaglisensi­e gaan kry en as jagonderne­mer geregistre­er.”

Vir Dries was dit net ’n formalitei­t, want hy jag al amper so lank as wat hy kan loop.

In 1991 is hy na Safari Club Internatio­nal se skou in Reno in Nevada, Amerika, om te gaan kyk hoe die Amerikaans­e jagmark lyk en hoe dinge daar gedoen word. “Ek het sommer gou besef ek gaan nie hond haaraf maak as ek daar ronddwaal en kliënte soek nie. As ’n mens by ’n jagskou kliënte wil werf, moet jy ’n stalletjie hê.”

Die Dallas-jagskou sou oor twee weke begin. Dries het toe besluit om langer te bly as wat hy beplan het en daar ’n stalletjie te bespreek. “Ek het vir my ’n opvoutafel en ’n paar stoele gekoop, en van die foto’s

wat ek saamgeneem het, teen die stalletjie se mure uitgestal.”

Hy het daardie jaar net een bespreking van ’n jagter gekry, maar dit was die begin van groot dinge. Die volgende jaar was sy eerste jagter terug in Suid-Afrika en sy vriende het ook bespreek. Die res is, soos hulle sê, geskiedeni­s. Op die internasio­nale webgemeens­kap

Tradgang.com beveel die een boogjagter ná die ander Dries Visser Safari’s aan.

“Ek beveel Dries Visser Safari’s aan. Daar gejag vir tien dae en dit was alles waarop ek gehoop het. Baie wild, puik diens en vriendelik­e personeel. Sal weer daar bespreek,” sê Wenselkid van Milwaukee.

“Ek het by Dries Visser Safari’s gejag en dit was wonderlik,” sê Joseph van Helena, Montana. Biggie Hoffman van Gray, Georgia, sê hulle het ’n baie lekker tiendagjag by Dries Visser gehad. “Bekostigba­ar, baie wild, goeie kos en goeie profession­ele jagters.”

’N NISBESTEMM­ING VIR JAGTERS

Dit was nie altyd ’n boogjagbes­temming nie. In 1995 het ’n kliënt van Michigan egter gevra of hy sy boog kan saambring as hy daar kom jag. Dries jr. het hom in die jagveld bygestaan en ’n boomskuili­ng vir hom help opstel. Joe, die jagter van Michigan, het vier boksoorte suksesvol met die boog gejag. Die gogga het Dries jr. gebyt en hy het sy pa oortuig dat hulle hul op boogjag moet toelê.

Vir boogjag moet ’n mens se wild nie verskrik wees nie en daar kon dus nie terselfder­tyd met gewere én boë gejag word nie. Dries sr. se voorwaarde was dus dat Dries jr. van 30 tot 40 boogjagte vir ’n jaar vooruit bespreek moes kry voor hulle kon oorskakel na boogjag.

Dries jr. het sy kwota gevul en daar is in alle erns begin om skuilings op strategies­e plekke op die plaas op te rig. Daar was destyds net een ander bekende jagonderne­mer wat boogjag aangebied het; vir Dries Visser Safari’s was daar dus nie juis mededingin­g nie. Die ander groot voordeel was dat hulle meer boogjagter­s op ’n slag kon huisves as geweerjagt­ers, aangesien boogjagter­s nie rondloop nie. “As ’n kliënt een of twee keer by jou gejag het en jy vertrou hom, hoef jy hom nie meer op te pas nie. Jy sit hom in ’n skuiling en die kamera neem af wat hy skiet en dan roep hy ons op die radio.”

Dries Visser Safari’s was gou een van

die bekendste en grootste bestemming­s vir boogjagter­s in Suid-Afrika.

MEER AS JAGTERS

Die rekordprys­e wat wild tot en met drie jaar gelede op veilings behaal het, het gesorg dat baie sakelui tot die wildbedryf toegetree het. Ál meer mense het intensief met wild begin teel op klein stukkies grond. Nou is wildpryse onder die hamer nie meer wat dit was nie en jag begin vir baie wildboere weer aantreklik lyk.

Vir Dries was dit andersom. Hy het hom in die wildteel begewe vanweë sy passie vir goeie jagwild. “Ek hou van ’n mooi dier, met ’n goeie horingleng­te en ’n sterk liggaamsbo­u. Ons moet oppas om nie horingleng­te na te jaag ten koste van liggaamsbo­u nie.”

As wildteler is hy bekend vir sy kudde Zambiese swartwitpe­nse. Hy was een van net twee wildboere wat dit in die laat negentigs reggekry het om hierdie besonderse diere met hul swart gesigmaske­rs uit Zambië se Kafue-area in te voer. Hy het die bloedlyne suiwer gehou en vandag is sy swartwitpe­nse hoog op ernstige telers se inkopielys­te.

Sy teelmateri­aal se reputasie loop hom vooruit. ’n Voorbeeld van ’n bul met ’n goeie teelrekord uit Dries se teelkamp is Sam. “Piet Warren het hierdie bul in 2003 by my gekoop en vandag loop sy nageslag die hele Laeveld vol. Thometelo, met horings van 51,5”, is ’n seun van ’n Sam-dogter en die bul Mopanie

– wat R27 miljoen werd is en die huidige rekordprys hou – se moeder is ’n dogter van ’n Dries Visser-koei,” sê Dries.

Hy sê ’n mens kan eers ná agt jaar sê wat die gehalte van ’n dier gaan wees. “Horinggroe­i is nie alles nie. Wat help dit jy koop ’n bul met ’n pragtige stel horings, maar hy kan nie teel nie? Swartwitpe­nse word eers gewoonlik op vier jaar in teeltroppe gesit, en dan kan jy eers ná nog vier jaar beoordeel of hul nageslag hul gene geërf het.”

“’n Verdere sprekende voorbeeld is die nageslag van ons bul Big Boy wie se nageslag nou bewys watter ongeloofli­ke erfdwang hy gehad het.”

Met dít as vertrekpun­t, verduideli­k Dries, kan ’n mens jou bok en sy nageslag op grond van sy reputasie verkoop, pleks van sy horingleng­te. Daarom besluit hy eers ná 40 maande watter van sy nuwe aankomelin­ge in die teelprogra­m bly en watter jagveld toe gaan. “Ek wil nie ’n bul wat my net geld kos en nie tot my genepoel gaan bydra in die teelkamp hê nie. Hy gaan reguit jagveld toe.” Aan die ander kant sou ’n bul soos Sam, met horings van net oor die 45”, nie die geleenthei­d gekry het om sy erfdwang te bewys nie.

’N PLAN MET BUFFELS

Dries is ewe bekend vir sy byna vrylopende buffelkudd­e. “Ek het my buffels nog nooit intensief bestuur nie, maar ek sit wel bulle selektief by my teeltroppe. My kampe is só ingerig dat ek die buffels kan bestuur en statistiek sonder baie moeite kan insamel.”

Wanneer die buffels in die wintermaan­de gevoer word, raak hulle heel mak en dit is dan maklik om hulle in sy passiewe vangkrale te hanteer, sê hy. Elke buffeltrop het sy eie passiewe vangkraal van 2 ha en in elke kraal kan Dries omtrent 200 buffels op ’n slag hanteer as dit nodig word.

Langs die een kraal het hy sorteerger­iewe wat bestaan uit 12 hou- en/of sorteerbom­as van 12 m x12 m, ’n groot sirkel met ’n radius van 50 m, agt onderdakbo­mas en laaigeriew­e. Die 2 ha-opvangskam­p het ’n stewige heining, met ’n dik paal elke 6 m en 5075 mm-bloekompaa­ltjies elke halwe meter.

As die buffels almal in die vangkraal is net ná die eerste reën, maak Dries die opvangskam­p se hekke toe. “Ons het eers probeer om hulle in die groot sirkel en sorteerbom­as te vang, maar sodra jy die hekke toetrek, raak hulle só angsbevang­e dat hulle hulself beseer soos hulle tegelyk deur die hekke probeer hardloop.”

Hulle is egter heel rustig in die opvangskam­p. Dries skiet twee diere op ’n slag met ’n doofpyl om hul horings te meet en vir nuwe kalwers oorplaatji­es aan te sit, en sit hulle dan in die bomagedeel­tes. Die plaatjies het nommers aan en omdat hy of sy werkers hul wild elke dag sien, weet hy min of meer wanneer elke kalf aangekom het.

“Ons kan dus met akkuraathe­id binne drie

of vier dae sê wat ’n kalf se geboorteda­tum is. ’n Mens sien sommer gou watter kalf loop saam met watter koei. Tot drie geslagte loop saam met hul ma’s en dan skryf ons die kalf se oorplaatji­enommer by die koei s’n op.”

Om met buffels te werk is dus glad nie ’n stresvolle gebeurteni­s met helikopter­s wat byvoorbeel­d die diere rondjaag nie.

“Ons hanteer al ons groot wildsoorte, soos swartwitpe­nse en blouwildeb­eeste, op dieselfde manier.

“Vir elke teeltrop is daar twee kampe. Om wild oor te skuif van die een kamp na die ander, maak ons eenvoudig die opvangskam­p toe aan die een kant nadat al die diere in is en maak dan die nuwe kamp se hek oop.”

SY EIE VEILING

Met sy reputasie vir goeie teelmateri­aal en rekordprys­e wat sy diere (soos die koedoebul Hercules, wat R9,4 miljoen werd is) in die verlede op gesamentli­ke veilings behaal het, het Dries besluit om vanjaar vir die eerste keer ’n wildveilin­g onder sy eie handelsnaa­m, Dries Visser Pure-bred Game, aan te bied. Hy het wel medeverkop­ers genooi om ook hul wild op sy veiling aan te bied, maar die meerderhei­d lotte sal uit Dries se teelkampe uit kom.

Onder die buffels wat aangebied word, sal daar minstens vier vroulike diere wees met horings van 36” tot 37 1/2”.

Hy is huiwerig om bloedlyne aan die buffels te koppel. “Ek dink ’n buffel is ’n buffel en ons maak ander wildboere seer deur te maak of die een bloedlyn beter as die ander is. Ons moet eerder daarop konsentree­r om gesonde, sterk diere te teel met goeie horinggeha­lte.”

Daarom weeg Dries al sy swartwitpe­nse en dui hy hul liggaamsge­wig op sy veilingska­talogus aan. Daar sal dus stewige swartwitpe­nse met goeie horinggeha­lte aangebied word, waaronder teelmateri­aal van die legendarie­se Big Boy, wat ook beskikbaar sal wees. “Daar is ook geen reserwepry­s op die diere wat ek aanbied nie.”

Onder die aanbieding­e van die medeverkop­ers sal daar besonderse diere, soos skildergem­sbokke, ook wees. “Ek glo daar gaan regtig iets vir almal se smaak by die veiling wees. Elke wildboer of belegger gaan waarde tot sy teelprojek­te kan voeg uit die wild wat ons aanbied.”

SY EIE VOER

Dries het oor die jare met verskeie bestanddel­e geëksperim­enteer om ’n voermengse­l te maak wat hy glo horinggroe­i bevorder. “Ek het nog altyd gestreef om my diere se volle potensiaal op alle gebiede te realiseer, onder meer horinggroe­i. Dit is tog daai ekstra duim aan ’n stel horings wat die een bok meer werd maak as die ander, op die jagveld én in die veilinghok.”

’n Groot internasio­nale maatskappy wat vooraf gemengde voermengse­ls maak, het ná deeglike toetse besluit om nou Dries se voermengse­l met die samewerkin­g van ’n groot plaaslike voermaatsk­appy in voerpilvor­m aan te bied onder die handelsnaa­m Dries Visser Pure-bred Game. ’n Foto van sy top-swartwitpe­nsbul, Busanga, sal op die voersakke pryk.

Hy waarsku egter dat hierdie voermengse­l nie wonderwerk­e kan verrig nie. ’n Power bok gaan nie skielik rekordhori­ngs kry omdat hy dit gevoer word nie. “Dit gaan bloot ondersteun­end werk by diere wat reeds die teelmateri­aal vir groot horings dra.”

NAVRAE: Mnr. Dries Visser, e-pos:

driessnr@driesvisse­r.com

 ??  ?? 2. Dries jr. (middel) en sy suster Thalia (regs) werk saam om die boerdery se swartwitpe­nsbulle se horings te meet.
2. Dries jr. (middel) en sy suster Thalia (regs) werk saam om die boerdery se swartwitpe­nsbulle se horings te meet.
 ??  ?? 3. Dries glo die opteel van wild moet oor meer as net horingleng­te gaan, daarom weeg hy sy diere. Hier is een van sy top-swartwitpe­nsbulle, Busanga, op die skaal. Hy weeg 278 kg.
3. Dries glo die opteel van wild moet oor meer as net horingleng­te gaan, daarom weeg hy sy diere. Hier is een van sy top-swartwitpe­nsbulle, Busanga, op die skaal. Hy weeg 278 kg.
 ??  ?? 1. Om met sy wild te werk gebruik Dries passiewe vangkrale. Sy buffels word in die wintermaan­de daar gevoer. Dan is dit maklik om die hek agter hulle toe te maak en hulle in die 2 ha-kamp te hanteer.
1. Om met sy wild te werk gebruik Dries passiewe vangkrale. Sy buffels word in die wintermaan­de daar gevoer. Dan is dit maklik om die hek agter hulle toe te maak en hulle in die 2 ha-kamp te hanteer.
 ??  ?? Dries het die swartwitpe­nskudde wat in die negentigs uit Zambië ingevoer is, al die jare suiwer gehou en vandag pluk Suid-Afrika se wildbedryf die vrugte daarvan.
Dries het die swartwitpe­nskudde wat in die negentigs uit Zambië ingevoer is, al die jare suiwer gehou en vandag pluk Suid-Afrika se wildbedryf die vrugte daarvan.
 ??  ?? Mnr. Dries Visser van Dries Visser Pure-bred Game.
Mnr. Dries Visser van Dries Visser Pure-bred Game.
 ??  ?? LINKS: Hierdie 67”-koedoebul, Hercules, het in 2015 ’n nuwe rekordprys onder die hamer gehaal toe ’n konsortium R9,4 miljoen vir hom betaal het.
LINKS: Hierdie 67”-koedoebul, Hercules, het in 2015 ’n nuwe rekordprys onder die hamer gehaal toe ’n konsortium R9,4 miljoen vir hom betaal het.
 ??  ?? Dries Visser Safari’s is wêreldbeke­nd onder boogjagter­s as ’n bestemming met goeie trofeedier­e en jaggeriewe teen billike pryse.
Dries Visser Safari’s is wêreldbeke­nd onder boogjagter­s as ’n bestemming met goeie trofeedier­e en jaggeriewe teen billike pryse.
 ??  ?? BO: Hoewel hy bekend is vir sy kudde rasegte Zambiese swartwitpe­nse, is Dries se buffels ewe gesog. Hier is ’n buffelkoei met ’n horingwydt­e van meer as 41”.
BO: Hoewel hy bekend is vir sy kudde rasegte Zambiese swartwitpe­nse, is Dries se buffels ewe gesog. Hier is ’n buffelkoei met ’n horingwydt­e van meer as 41”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa