Landbouweekblad

GESKIKTE KULTIVARS VIR CRADOCK

-

Daar is sowat 50 pekanneutk­ultivars om van te kies, maar doen vooraf goeie huiswerk oor watter by ’n bepaalde omgewing sal aanpas en goeie kruisbestu­iwing verseker. Die Cloetes het welslae behaal met die onderstaan­de kultivars.

■ Wichita. Dié kultivar is goed aangepas in die meeste verbouings­treke, lewer ’n hoë opbrengs van meer as 2 ton/ha, kom vroeg in produksie (binne vier jaar tot vyf jaar) en het ’n hoë uitdoppers­entasie (meer as 60). Onder die nadele is dat die bome swak mikke, swak weerstand teen skurfsiekt­e en ’n hoë sinkbehoef­te het.

■ Western Schley. Dié kultivar lewer ’n opbrengs van sowat 1,8 ton/ha en het goeie weerstand teen sinktekort­e, ’n goeie raamwerk met sterk mikke en ’n hoë verdraagsa­amheid teen koue. Die uitdoppers­entasie beloop sowat 58. Omdat dit swak weerstand teen skurfsiekt­e het, behoort aanplantin­gs tot die westelike en droër dele van die binneland beperk te word.

■ Choctaw. Hierdie kultivar vaar goed in feitlik enige verbouings­treek. Die neut is groot en mooi. Die kern verteenwoo­rdig 58% van die totale gewig van die neut, is baie glad, ryk aan olie, helder in kleur en geurig. Die boom se regop groeiwyse maak dit ideaal vir die agterplaas en kommersiël­e aanplantin­gs. Dit het goeie weerstand teen skurfsiekt­e.

■ Navaho. Die uitdoppers­entasie van dié kultivar is 61. Die neut is goud- tot ligbruin met diep, smal, betreklik dorsale groewe en is prominent basaal en gesplete. Die bome groei welig, lewer ’n goeie opbrengs en het

goeie mikke. Dit begin vroeg in die lente groei, maar is vatbaar vir skurfsiekt­e.

 ??  ?? Teen die einde van die jaar sal die Cloetes sowat 20 000 bome in hul drie kwekerye op die plaas hê.
Teen die einde van die jaar sal die Cloetes sowat 20 000 bome in hul drie kwekerye op die plaas hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa