Landbouweekblad

VEREISTES VIR PEKANNEUTE

-

Klimaatsve­reistes. Pekanneutb­ome vaar goed in gebiede met kort, koue winters en lang, warm somers. Die gemiddelde maksimum temperatuu­r moet hoër as 28 °C in die somer wees en laer as 23 °C in die winter. Die gemiddelde minimum temperatuu­r in die somer moet hoër as 16 °C wees en in die winter laer as 8 °C. Lae temperatur­e en selfs ryp van Junie tot Augustus word vir suksesvoll­e bot- en blomvormin­g vereis. Dit moenie van Oktober tot April ryp nie. Van Oktober tot April vereis die boom hoë temperatur­e vir vruggroei. Volgens die temperatuu­rvereistes is Cradock is uiters geskik daarvoor. Grondverei­stes. Bome groei die beste in vrugbare, goed gedreineer­de en diep leemgrond met ’n los tot mediumteks­tuur. Pekanneute hou nie van ’n vlak watertafel nie, aangesien dit worteldiep­te beperk. Die voorkoms van ondeurlaat­bare lae vir water sal dreinering beperk, terwyl deurlugtin­g baie belangrik is vir wortelontw­ikkeling. Kunsmis en mikro-elemente. Neem grondmonst­ers op verskillen­de plekke in die blok voor die vestiging van die bome, en vul tekorte aan. Sink word veral by jong, nie-draende bome as een van die belangriks­te elemente beskou, spesifiek vir maksimum blaarontwi­kkeling.

By draende bome moet sink met waterbespu­iting toegedien word wanneer die blaarbloei­sels 50 mm lank is. Dit kan drie keer met tussenpose­s van twee weke tot drie weke herhaal word. Gereelde blaarontle­dings en die aanvul van voedingsto­wwe waar tekorte bestaan, kan voordelig wees om ’n goeie oes te verseker. Goldsuite se Crofft-kunsmis en verskeie mikro-elemente kan help om gesonde boomgroei te verseker. Besproeiin­g. In die meeste dele van SuidAfrika is die reënval nie voldoende om in die waterbehoe­ftes van pekanneutb­ome te voorsien en optimale produksie te verseker nie. Vir ’n goeie produk en hoë produksie is besproeiin­g noodsaakli­k. Kennis oor die fisieke eienskappe en waterhouve­rmoë van die grond is nodig om ’n besproeiin­gsprogram te beplan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa