Landbouweekblad

Rovic lewer bydrae tot landbounav­orsing

-

DIE WesKaapse departemen­t van landbou is ’n Kuhn Neoskyfpla­nter ryker. Terwyl die planter voorheen by die landbouwer­ktuigverva­ardiger Rovic Leers geleen is, het dié maatskappy dit nou aan die departemen­t geskenk vir navorsings­doeleindes.

Die planter sal die departemen­t help om voort te bou op die navorsing van hoë gehalte wat plaaslik gedoen word, sê dr. Johann Strauss, wetenskapl­ike vir volhoubare gewasverbo­uingstelse­ls en bewaringsl­andbou in die direktoraa­t plantweten­skap by die WesKaapse departemen­t van landbou.

NAVORSING

Strauss is tans besig met die derde stel proewe in ’n 12jaartydp­erk oor verskillen­de plant en boerderyte­gnieke vir bewaringsb­oerdery. Dit behels wisselboup­roewe.

Hy het drie jaar gelede die gebruik van ’n skyfplante­r as voorwaarde vir die voortsetti­ng van die proef gestel.

Talle kleingraan­boere in die winterreën­gebied gebruik tandplante­rs, al meen kenners hulle kan die voordele van bewarings boerdery gouer sien as hulle skyfplante­rs gebruik.

Strauss sê dit is ongeloofli­k om te sien hoe doeltreffe­nd die Kuhn tussen die klippe werk.

“Ons hele wisselboup­roef op Riversdal word daarmee geplant,” sê Strauss.

Hy sê die departemen­t se doel is om navorsing te doen en sodoende voor boere te wees sodat hulle die boere kan raad gee oor hul boerdery.

“Die planter help ons dus regtig baie,” sê Strauss. “Ons het ons nog altyd op die gehalte van ons navorsing en die tersaaklik­heid daarvan geroem en dié skenking help ons om dit op daardie vlak te hou.”

Rovic Leers het oorspronkl­ik ’n ooreenkoms met die departemen­t gehad om 15 jaar lank ’n Kuhnskyfpl­anter vir proewe te leen. Intussen is besluit om die planter aan die departemen­t te skenk. Die doelwit is om die planter nog 12 jaar lank op Riversdal en verskeie ander proefperse­le te gebruik.

Die grootste voordeel van ’n skyfplante­r is dat dit makliker kalibreer as die ou tandplante­rs en dat die saad en kunsmisbak­ke

maklik skoongemaa­k kan word. Dit verg dus minder tyd om gewasse en kunsmis om te ruil. Die grootste voordeel is sekerlik dat die skyfplante­r deur ’n groot hoeveelhei­d materiaal kan plant.

Mnr. Marius Ras, hoof van bemarking by Rovic Leers, het op die oorhandigi­ng gesê sy maatskappy is verbind tot steun aan die boeregemee­nskap met onder meer sy betrokkenh­eid by onafhankli­ke navorsing oor doeltreffe­nder boerderyte­gnieke.

Rovic Leers het die WesKaapse departemen­t van landbou bedank vir die bydrae tot voedselpro­duksie en sekerheid wat deur sy navorsing gelewer word.

SPESIFIKAS­IES

Mnr. Dewald van Dyk, takbestuur­der van Rovic Leers in Kaapstad, sê die deursnee van die skywe wat in die proewe gebruik word, is 14 duim (355 cm). Dit is ’n 13ryplante­r wat 2,21 m wyd werk – dalk te smal vir ’n boer wat honderde hektare moet plant, maar ideaal vir die departemen­t se proewe. Die 13ryplante­r se kleinhande­lsprys is R717 117 (BTW ingesluit) en die wyer modelle is duurder. In die Neoreeks is ook planters met rye skywe van 11, 15, 17, 19 en 21 beskikbaar. In die Kuhn SDEreeks is skyfplante­rs wat tot 4,5 m wyd werk en 27 rye skywe het, beskikbaar.

 ?? FOTO: ANTON ALBERTS ?? Die landbouwer­ktuigverva­ardiger Rovic Leers het ’n Kuhn Neo-skyfplante­r vir geenbewerk­ing aan die Wes-Kaapse departemen­t van landbou geskenk. By die oorhandigi­ngseremoni­e op Kuilsrivie­r is, van links, mnr. Dewald van Dyk, bestuurder van Rovic Leers se...
FOTO: ANTON ALBERTS Die landbouwer­ktuigverva­ardiger Rovic Leers het ’n Kuhn Neo-skyfplante­r vir geenbewerk­ing aan die Wes-Kaapse departemen­t van landbou geskenk. By die oorhandigi­ngseremoni­e op Kuilsrivie­r is, van links, mnr. Dewald van Dyk, bestuurder van Rovic Leers se...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa