Landbouweekblad

‘MAAK WYNBEDRYF IETS OM OP TROTS TE WEES’

- LUCILLE BOTHA

OP die 358ste herdenking van die eerste pars in Suid-Afrika het dr. Ernest Messina, voorsitter van Groot Constantia, dit die wynbedryf op die hart gedruk om ’n agent vir veranderin­g te raak en die bedryf te help vorm tot iets waarop alle Suid-Afrikaners trots kan wees.

Jan van Riebeeck het op 2 Februarie 1659 in sy dagboek geskryf: “Prys die Heer, vandag is daar vir die eerste keer wyn gemaak van Kaapse druiwe.” Die afgelope ses jaar word daar op dié dag’ n herdenking­s geleenthei­d gehou op Groot Constantia, waar die eerste oes ingesamel is. Die nuwe oes word terselfder­tyd ingeseën. Messina meen landgenote buite die wynbedryf moet bewus gemaak word van die omvangryke historiese, maatskapli­ke en ekonomiese invloed wat die bedryf het.

“Die wynbedryf soos ons dit ken, was nie altyd glansryk en sonder omstredenh­eid nie, maaras’ n bedryf i son sop’ n rei som groter geloofwaar­digheid en integritei­t op te bou .”

Een van die doelwitte is om die bedryf meer verteenwoo­rdigend te maak sodat dit die demografie in Suid-Afrika weerspieël.

“Ons, as bedryfslei­ers en verbruiker­s, moet ons deel doen om daardie ideaal te bereik, want tyd is nie noodwendig aan ons kant nie.”

Messina het vertel van ’n bottel 1821 Grand Constance – ’n wyn wat Napoleon en ander bekendes oor die hele wêreld geniet het – wat in September weer sy pad tot op Groot Constantia gevind het. Die wyn is in die Cloete-kelder op die plaas gemaak.

“Die storie is deel van ons erfenis; ’n erfenis wat die bedryf moet beskerm, vertroetel en bevorder. Ons moet waak teen diegene wat op die teenoorges­telde wil aanspraak maak. Sulke stappe sal die beeld en integritei­t van ons bedryf besmet en benadeel.”

Hy sê daar is dikwels verskillen­de weergawes van ’n storie, maar die waarheid moet gesoek en verkondig word.

“Die stories wat ons aan die huidige generasie gaan vertel, sal hul oortuiging­s en ook hul optrede beïnvloed. Só kan opvattings, houdings en mites vir ’n lang tyd voortleef.”

Wynboere en ander belanghebb­endes het dus ’n verantwoor­delikheid om hul landgenote bewus te maak van die bedryf, sy erfenis en sy stories.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa