Landbouweekblad

KAARTE IN DIE PALM VAN JOU HAND

-

Hoe werk jou slimfoon en Google Maps wanneer jy nie netwerkdek­king het nie? En kan jou slimfoon outomaties tussen GPS en die Russiese posisioner­ingstelsel GLONASS skakel?

Die nuwe Garmin GPSMAP276C­x het nog ’n hele klomp ander geheime wapens in sy arsenaal. Daar is byvoorbeel­d ’n eksterne antenna wat ’n mens buite op die Cruiser of seiljag se dak kan monteer, en die Hotfix-funksie help dat dit satelliete vinniger opspoor. ’n Mens kan die kaart en jou posisie duidelik op die vyfduimske­rm sien, selfs in sonlig. Daar is ook ’n drie-as-kompas indien jy laataand by jou bestemming aankom en wil sien waar die son gaan opkom voor jy jou tent opslaan. ’n Ingeboude barometrie­se altimeter dui ook aan hoe hoog jy bo seevlak is.

Met verskeie monterings­opsies is die waterdigte GPSMAP276C­x ewe gemaklik op ’n kajak op die oop see as op ’n 1 200 cm³-motorfiets in die boendoes. Gewone AA-batterye sal deug as jou herlaaibar­e litium-ioonbatter­y pap is en jou laaier by die huis gebly het. Met herlaaibar­e batterye kan die toestel16 uur aaneen pad wys en met AA’s ongeveer agt uur.

Die GPSMAP276C­x is vooraf gelaai met Garmin se Topo Active Africa-basiskaart. Dit sluit ’n gratis inskrywing op BirdsEye Satellite Imagery in waarmee jy intydse terreinaan­sigte op die skerm kan sien. Verskeie ander kaarte kan ook op die toestel gelaai word. Die ingeboude geheue van 8 GB kan uitgebrei word met ’n mikroSD-kaart. Aktiewe weervoorsp­ellings en Bluetooth-, WiFi-en ANT+-verbinding­s waardeur die GPSMAP276C­x met ander toestelle kan praat, is deel van die pakket.

Prys: R12 999.

NAVRAE: E-pos: marketingt­eam@garmin.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa