Landbouweekblad

Kan dié Triton ’n Colt word?

Die nuwe Mitsubishi Triton-dubbelkaju­itbakkie is pas bekend gestel nadat ’n swak wisselkoer­s dit byna ’n jaar lank vertraag het. ALBERTUS VAN WYK gee sy indrukke.

-

As ’n mens die goedkoper Indiese en Chinese bakkies uitsluit, is daar ses eentonner-bakkies wat boere laat regop sit as ’n nuwe model bekend gestel word: die Toyota Hilux, die Ford Ranger, die Mazda BT-50, die Isuzu KB, die Volkswagen Amarok, die Mitsubishi Triton en die Nissan Navara.

Laasgenoem­de twee het die afgelope paar jaar lank in die tand geraak, maar die nuwe Triton is pas bekend gestel en Suid-Afrikaners sien die Navara glo in Maart.

Mitsubishi het deur die jare sy naam stewig gevestig deur ’n kombinasie van verrigting, betroubaar­heid en rygemak. Lojaliteit teenoor die handelsmer­k en die voertuie se tweedehand­se waarde is nog altyd hoog. Kommer oor die toekoms van die handelsmer­k weens ’n gekonkel met brandstofs­tatistieke en verliese verlede jaar is aan die afneem nadat die hoogs suksesvoll­e Nissan ’n beherende aandeel in die maatskappy gekoop het.

Die vorige Triton-model, in 2005 bekend gestel, is versigtig ontvang deur die meeste lojale ondersteun­ers van die gewilde Mitsubishi Colt-bakkies. Die Colts het ’n goeie diesel- en ’n legendarie­se petrol-V6-enjin gehad. Die groot probleem was egter hoe die Triton gelyk het – die vloeiende lyne was net ’n bietjie te windgat en pronkerig vir ’n Suid-Afrikaanse mark wat van sy bakkies vierkantig en gespierd hou. Dit was nie ’n topverkope­r nie, hoewel die 2,5 liter-turbodiese­l homself deeglik bewys het.

HOE LYK DIE TRITON?

Die nuwe Triton volg duidelik die ontwerp van die vorige model, met die sogenaamde J-lyn-ontwerp. Dit beteken die agterste vertikale lyn van die kajuit loop skuins na vore, as’t ware onder die kajuit in.

Dit het die motorontwe­rpers in staat gestel om die agterwiele effens na vore te plaas vir ’n korter asafstand en ook om die kajuit ’n bietjie groter te maak vir meer plek in die kajuit.

As jy die ou en die jong model langs mekaar sit, is dit moeilik om te glo die bakkies is tien jaar uit mekaar bekend gestel. Omdat die vorige ontwerp sy tyd so ver vooruit was, lyk die nuwe bakkie heel vars.

Mitsubishi sê sy ingenieurs het “185 kernkompon­ente” van die Triton verbeter.

’n Prominente lyn van voor na agter wat net onder die bak se kant en die venster loop, en voor- en agterligte wat om die kant van die bakkie verleng is, gee die bakkie ’n meer dinamiese en vaartbelyn­de voorkoms – die opdrag aan die ontwerpers was glo om die bakkie meer “atleties” te laat lyk.

’n Groter sierrooste­r (wat herinner aan die Colt) en misligte wat nou deel vorm van die ontwerp van die onderste luginlaat vir die tussenverk­oeler, gee die voorkant ’n stewiger gevoel.

Die enigste vals noot is ’n trukamerat­jie op die agterklap wat lyk soos ’n nagedagten­is wat met alkantklee­fband opgeplak is.

BINNELANGS?

Die topmodelle van bakkies raak binnelangs al hoe meer soos luukse motors, en die Triton is nie ’n uitsonderi­ng nie. Ooglopende verbeterin­gs is die selfs groter binneruimt­e wat die sitposisie op die agtersitpl­ek verbeter tot ’n sithoek soortgelyk aan ’n groot sedan (25°) pleks van die tipiese regop posisie van ’n bakkie.

Mitsubishi reken die Triton se kajuit binne-in is sowat 40 cm langer (1 745 cm) as die naasgroots­te bakkie – die Ford Ranger (1 704 cm) – selfs al lyk die kajuit kleiner van buite af.

Sonder om binnelangs so flambojant (party sal selfs sê uitspattig) te lyk soos sommige ander nuwe Japannese bakkies, is die Triton stylvol, modern, funksionee­l en geïntegree­rd — meestal swart met hier en daar silwer. Die raakskerm-klankstels­el lyk na ’n groot verbeterin­g, die stuurwiel wat in hoogte en teleskopie­s kan verstel, is sinvol en die kontrolekn­oppies van Mitsubishi se unieke Super Select-vierwielaa­ndrywingst­elsel kan begryp word deur net na die knoppies te kyk.

Die Super Select-stelsel is die enigste bestaande stelsel wat vir die bestuurder ál die kenmerke van ’n tydelike 4x4 (soos die meeste 4x4-bakkies wat in 4x2 of 4x4 kan ry) én ’n heeltydse 4x4 (soos die meeste groot nutsvoertu­ie) bied.

ONDER DIE ENJINKAP?

Al vier die modelle kom aanvanklik met ’n nuwe dubbelnoka­s-turbodiese­lenjin van 2,4 liter uit met ’n aluminiumb­lok wat 30 kg ligter is as die vorige enjin. Hy lewer 133 kW teen 3 500 r/min. en wringkrag van 430 N.m teen 2 500 r/min. Dit vergelyk eerder met die Toyota Hilux 2.8 GD-6 se 130 kW teen 3 400 r/min. en 420 N.m tussen 1 400 r/min. en 2 600 r/min. as met die Hilux 2.4 GD-6 se 110 kW teen 3 400 r/min. en 400 N.m wringkrag.

Jy kan hom kies met ’n sesgang-handratkas of ’n outomaties­e vyfgang-transmissi­e, wat reeds soos ’n baie goeie outo-kas voel.

HOE LYK SY PRYS?

Die Triton 2.4 Di-D 4x2 (handrat) kos R479 900 en die outomaties R20 000 meer. Die 4x4 (handrat) kos R539 900, met die outomaties R20 000 meer. Dit is effens duurder as die 2,4 liter-Hilux-modelle en sowat R15 000 goedkoper as die 2,8 liter-Hilux. Die Triton-bakkies het ’n fabriekswa­arborg van drie jaar of 100 000 km en ’n diensplan van vyf jaar of 90 000 km.

Verlengde en enkelkajui­tmodelle behoort teen die derde kwartaal beskikbaar te wees, waarskynli­k net met turbodiese­l-enjins.

 ??  ??
 ??  ?? Die nuwe Triton se paneelbord is funksionee­l en modern sonder om uitspattig te raak.
Die nuwe Triton se paneelbord is funksionee­l en modern sonder om uitspattig te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa