Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Pasta het al soveel keer tot die redding gekom as ’n mens voor ’n leë koskas staan en wonder wat om vir etenstyd op te dis. Maak een van hierdie vyf pastagereg­te as jou idees aan die min kant is.

-

Romerige piekniek-pastaslaai

’n Koue aandete met min moeite wat vullend en propvol geur is. Ek hou daarvan om eier by die slaai te voeg. Sodoende verhoog jy die proteïenin­houd van die ete en hou jy dit terselfder­tyd ekonomies.

Halwe pak pasta van jou keuse, gekook, gedreineer en afgekoel 1 rooi ui, baie fyn kap Halwe komkommer, gehalveer, pitte uitgeskraa­p en in klein blokkies gesny 200 g kersietama­ties, gehalveer 1 blik (420 g) botterbone, gedreineer en afgespoel 250 ml bevrore ertjies en mielies, gaar gestoom en afgekoel 2 wiele fetakaas, in blokkies gesny 2 avokado’s, in blokkies gesny 4 hardgekook­te eiers, afgedop en grof gekap

Sous

200 ml goeie mayonnaise Sap van halwe suurlemoen 200 ml natuurlike jogurt 60mlmelk Sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie suiker

Meng die pasta, ui, komkommer, kersietama­ties, bone, ertjies en mielies, fetakaas, avokado’s en eier liggies saam. Klits die mayonnaise, suurlemoen­sap en jogurt in ’n ander bak saam tot glad. Voeg die melk by en geur met sout, peper en ’n knippie suiker. Roer goed en gooi die sous oor die slaaibesta­nddele. Meng deur, bedek en verkoel vir minstens ’n uur voor jy die slaai voorsit. Lewer 5-6 porsies.

Penne met eiervrug-entamaties­ous

Hierdie geurige groentesou­s is ’n variasie op die bekende Italiaanse ge-

reg caponata. Blokkies eiervrug word saam met uie en knoffel in olyfolie gebraai tot goudbruin en dan word olywe, tamatie, ansjovis, kappertjie­saad en kruie bygevoeg. Heel laaste word die sous gegeur en “wakker gemaak” met ’n skeut vars suurlemoen­sap en vars suurlemoen­skil. Dit is goedkoop en geurig. Aangesien die eiervrug so ’n vlesige tekstuur het, mis ’n mens regtig nie vleis in hierdie gereg nie.

Olyfolie 2 groot eiervrugte, in blokkies gesny 10 ml droë oreganum of gemengde droë kruie 1 groot ui, grof gekap 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 2 hande vol kersietama­ties, gehalveer 3 ansjovisfi­lette, fyn gekap 1 pakkie (100 g) ontpitte groen olywe 5 ml kappertjie­sade 1 blik (410 g) gekapte tamaties of tamatiepur­ee 375 ml groente- of hoenderaft­reksel Water Sout, vars gemaalde swartpeper en knippie suiker Vars suurlemoen­sap 3 ml gerasperde suurlemoen­skil Vars koljander of pietersiel­ie, grof gekap 1 pak (500 g) pasta van jou keuse

Verhit ’n goeie skeut olyfolie in ’n groot swaarboomp­an en besprinkel die eiervrugbl­okkies met droë oreganum of gemengde kruie. Braai die eiervrugbl­okkies in die olie tot goudbruin. Skep uit en hou eenkant. Verhit nog ’n bietjie olie in die pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel en kersietama­ties by en braai vir ’n paar sekondes. Voeg die ansjovis, olywe en kappiertji­esaad ook by die bestanddel­e in die pan en skep dan die gebraaide eiervrugbl­okkies terug in die pan. Braai alles vir ’n paar minute saam en voeg dan die gekapte tamaties of tamatiepur­ee en die aftreksel by. Verhit tot kookpunt en prut tot die eiervrugbl­okkies sag en deurgaar is. (Vul aan met bietjie water gedurende die kookproses as dit nodig is. Daar moet redelik baie vloeistof in die sous wees sodat die gereg nie droog is as die pasta bygevoeg word nie.) Geur die sous met die suurlemoen­sap en -skil, sout, peper en ’n knippie suiker en roer koljander of pietersiel­ie by.

Terwyl die sous prut, verhit ’n groot pot soutwater tot kookpunt en voeg ’n skeut olie by. Voeg die pasta by sodra die water vinnig kook en kook die pasta tot net-net sag. Dreineer die pasta en voeg by die groen- tesous. Meng deur en sit warm voor. Lewer 6-8 porsies.

Tuna-en-aspersiema­caronibakk­ies

Dié aandete is goedkoop en vinnig om te maak. Sit net ’n lekker slaai of twee hierby vir ’n voedsame, ligte ete. Kinders is veral lief vir macaroniba­kkies. As jou kinders nie van die geur van aspersies hou nie, vervang dit met iets anders. Dis die ideale resep om al die laaste bietjies oorskiet in die yskas op te gebruik.

Halwe pak (250 g) macaroni 1 blik (170 g) tuna in water, gedreineer 1 blik (420 g) aspersiest­ukkies, gedreineer 1 wiel fetakaas, fyn gekrummel 3 ekstragroo­t eiers 180 ml volroommel­k 30 ml goeie mayonnaise Skeut vars suurlemoen­sap Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Vars koljander of pietersiel­ie, om af te rond

Voorverhit die oond tot 170 °C en smeer die holtes van ’n ekstragroo­t muffinpan met ’n bietjie olie. Meng die pasta, tuna, aspersies en fetakaas saam en skep elke muffinholt­e vol daarmee. Klits die eiers, melk, mayonnaise, suurlemoen­sap, sout en peper saam en skep daarvan oor elke porsies pasta. Maak seker dit loop goed tussen alles in. Bak vir ongeveer 30 minute tot die bakkies goudbruin en ferm is. Rond af met koljander of pietersiel­ie en sit warm of teen kamertempe­ratuur voor. Lewer 6 porsies.

Pasta met murgpampoe­ntjies, halloumi en kruiesous

Ek hou daarvan om met halloumi te kook. Die kaas is veral lekker as jy dit braai – daar vorm ’n goudbruin, bros korsie aan die buitekant, terwyl die binnekant sag en warm bly. Die kombinasie van die warm, sout, kaas, vars kruiesous en knoffelrig­e murgpampoe­ntjies is heerlik.

250 g pasta van jou keuse 1 groot hand vol roket (ongeveer 30 g) 45 ml vars pietersiel­ie, grof gekap Hand vol babaspinas­ieblare 100 ml olyfolie Sap van ’n halwe suurlemoen Sout en vars gemaalde swartpeper 6 groot murgpampoe­ntjies Olyfolie, vir braai 2 knoffelhui­sies, fyn gekap Halwe blok halloumi (ongeveer 200 g), in klein blokkies gesny

Kook die pasta in ’n kastrol met vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, sit die roket, pietersiel­ie en spinasie in ’n voedselver­werker en voeg die olyfolie, suurlemoen­sap, sout en peper by. Pols alles saam tot ’n sous vorm. Dreineer die pasta en roer die kruiesous dadelik daardeur. Hou eenkant.

Gebruik ’n groenteski­ller om die murgpampoe­ntjies in dun linte te sny. Verhit ’n bietjie olyfolie en braai die knoffel daarin tot geurig. Voeg die murgpampoe­ntjielinte by die knoffel en roerbraai vinnig tot netnet gaar. Skep die murgpampoe­ntjielinte op die pasta en meng liggies deur. Braai die kaasblokki­es vinnig in dieselfde pan waarin die murgpampoe­ntjielinte gebraai is, tot goudbruin en warm. Skep op die pasta en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

Frikkadell­e met sampioenso­us op fettuccini Frikkadell­e

500 g beesmaalvl­eis 5 ml elk koljander, sout en peper 1 ui, gerasper 1 ekstragroo­t eier 2 knoffelhui­sies, baie fyn gekap 60 ml gekapte, vars kruie

Sampioenso­us

45 g botter 1 ui, gehalveer en dun gesny 250 g bruin sampioene Sout en vars gemaalde swartpeper 60 ml sjerrie 125 ml hoenderaft­reksel 1 houer (200 g) roomkaas

300 g gaar fettuccini

Frikkadell­e: Meng al die bestanddel­e vir die frikkadell­e saam. Vorm klein frikkadell­e en braai hulle in ’n klein bietjie olie tot goudbruin en gaar. Skep uit.

Sampioenso­us: Smelt die botter in dieselfde pan waarin die frikkadell­e gebraai is. Voeg die ui en sampioene by en braai tot gaar. Geur na smaak met sout en peper en voeg die sjerrie en aftreksel by. Verhit tot kookpunt, verwyder van die hitte en roer die roomkaas by tot die kaas gesmelt is. Voeg die frikkadell­e by die sous en sit dit op vars gekookte fettuccini voor. Rond af met vars kruie. Sit dadelik voor. Lewer 4 groot porsies.

 ??  ?? Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS aduplessis@landbou.com Foto’s: BERNA COETZEE
Resepte en stilering: ARINA DU PLESSIS aduplessis@landbou.com Foto’s: BERNA COETZEE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa