Landbouweekblad

MALCOLM EN SHA DEVINE

-

Malcom en Sha Devine van Papillon Organics by Humansdorp wou nie boer nie, maar die produkte uit hul groentetui­n was só gesog dat dit gou ’n ondernemin­g geword het. Hulle verbou organiese kruie, slaai en talle groentesoo­rte, soos beet, eiervrug en murgpampoe­ntjies.

Waarom het julle die organiese pad gevolg?

Voor ons die plaas 18 jaar gelede gekoop het, is dit hoofsaakli­k vir weiding gebruik. Sedert ek my oorspronkl­ike kombuistui­n op die plaas aangelê het, het ek altyd organiese produksieb­eginsels toegepas en gevolg. Toe die besigheid ontstaan en groei, was dit ’n natuurlike uitvloeise­l om as organies gesertifis­eer te word, want ons wou graag bewys dat ons produkte eties reg en eg organies verbou word.

Wat is die grootste struikelbl­ok om groente organies te verbou?

Dit is moeilik om organiese saad in Suid-Afrika in die hande te kry, veral die hoeveelhed­e wat nodig is vir kommersiël­e produksie.

Hoe groot is jul aanleg?

Altesaam 49 ha is as organies gesertifis­eer, maar ons plant op die oomblik in tonnels op 2 ha. (Die plaas is 80 ha groot.) Ons het ’n buffersone nodig om te verseker die gesertifis­eerde area bly vry van die insekdoder­s wat op buurplase gebruik word.

Waar versprei julle jul produkte?

Papillon-produkte word in dele van die Oos-Kaap, van Knysna tot Port Alfred en Grahamstad, versprei. Dis ook beskikbaar by Fruit & Veg, Food Lover’s Market, Spar en ’n plaaslike Pick n Pay.

Hoeveel mense neem julle in diens?

Ons het 28 mense wat heeltyds in diens is. In die spitstyd skep ons nog een of twee ekstra werkgeleen­thede.

Dis nogal baie. Hoekom is organiese boerdery so arbeidsint­ensief?

Dis uiters arbeidsint­ensief omdat dit op ’n kleiner skaal geskied en gewasse streng afgewissel moet word. Die meeste areas moet met die hand voorberei en beplant word. Onkruid is regdeur die jaar ’n probleem en ons mag geen chemikalie­ë spuit nie. Ons trek dit daarom met die hand uit.

Hoekom plant julle kappertjie­s en gousblomme langs die tonnels?

Kappertjie­s lok plantluise en dien as ’n strik vir luise. Die kleur geel lok ook insekte. Ons plant gousblomme om insekte af te weer en aalwurms te bestry.

Wat is die bevredigen­dste aspek van jul werk?

Die wete dat ons ’n etiese en gesonde produk lewer. Ons is trots daarop om ’n volhoubare ondernemin­g te kon skep, organiese beginsels toe te pas en dat ons ’n welbekende handelsmer­k in ons omgewing kon vestig.

 ?? FOTO: LBW-ARGIEF ?? Sha en Malcolm Devine verbou organiese kruie en groente.
FOTO: LBW-ARGIEF Sha en Malcolm Devine verbou organiese kruie en groente.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa