Landbouweekblad

Kies jou prioriteit­e reg

-

Terwyl ek skryf, lyk dit of die droogte gebreek is. Ons het pragtige, sagte, deurdringe­nde reën op die plaas by Greytown gehad. Ek dink ons het die ergste droogte in menseheuge­nis gehad, beslis in die KwaZulu-Natalse Middelland, maar God is getrou en elke droogte eindig met reën.

Ons moet die Woord toepas waar dit in Mattheus 6:33 geskryf staan: “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.”

Boere het swaar gekry weens die elemente, die verswakkin­g van die ekonomie, politiek, korrupsie, ensovoorts. Die Here sê egter as ons eerste tot Hom bid en vir Sy regverdigh­eid vra, sal hierdie dinge vir ons beskore wees.

Ons moet Jesus Christus eerste op ons plase en in ons huise en lewens plaas as ons sukses wil behaal. Niemand woon op ’n eiland nie. Ons het mekaar nodig, veral in die landbou. Die mense wat vir ons op die plaas werk, is nie bloot werknemers nie, maar medewerker­s wat kos lewer om ons nasie te voed.

Mense hoef nie noodwendig van jou te hou nie, maar hulle moet jou respekteer as ’n eerlike, regverdige sakeman, eggenoot en werknemer. Die lewe gaan nie net oor geld nie. Dit gaan oor die bou van verhouding­s met mekaar, en bowenal tussen ons en God. Markus 8:36 sê: “Wat help dit ’n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor?”

Wanneer ek die dag eers met God begin, volg al die goeie dinge vanself, maar as ek die dag nie met God begin nie, lyk dit of alles verkeerd verloop. Kom ons leer om elke dag saam met Jesus te boer. In Job 28:28 is geskryf: “En Hy het vir die mens gesê: Om die Here te dien, dit is wysheid, om die kwaad te vermy, dit is insig.”

Kom word wyse mans en vroue deur God eerste in hierdie pragtige land van ons te stel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa