Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- Die Sentrum vir Omgewingsr­egte staan reg om me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsa­ke, se goedTru-Cape gooi op 4 Maart weer die

MEER SKIETGOED

Sedert inspeksies op varsproduk­temarkte ingestel is, het die Landboupro­dukte-agenteraad (Apac) nou meer data tot sy beskikking om op klagtes te reageer en probleme op te los. “Met die Prokon-inspeksiev­erslae is daar nou bewyse van die gehalte van produkte en kan dispute dus makliker en akkurater opgelos word,” sê me. Lizel Pretorius, Apac se registrate­ur. “Terwyl ons voorheen nie bewyse gehad het as ’n produk van goeie gehalte swak gehanteer is deur ’n agent nie, het ons dit nou. En indien ’n agent vals beskuldig word, het ons daardie bewyse ook. ”

MYN-GEHEIM SKOK VAATJIE VAN SEMENT

Mnr. JD Pretorius, keldermees­ter van Steenberg Vineyards in die Constantia-gebied, het vanjaar twee nuwelinge in die kelder verwelkom — me. Mahalia Kotjane, ’n protégé van die Kaapse Wynmakersg­ilde, en Ernie, die kelder se eerste eiervormig­e gistingste­nk van beton. Die Eon-tenk is ’n Suid-Afrikaanse uitvinding en laat lug binne tydens die gistingspr­oses — nes klassieke houtvate. Pretorius sê die wyn bly langer met die gismoer in kontak en beskerm die delikate geurprofie­l van hul koelklimaa­tdruiwe. Kotjane, van Vosloosrus, is in 2015 in die Protégé-program opgeneem. Sy wil een van die land se voorste wynmakers word. keuring van ’n steenkoolm­yn in die Mabola-bewaringsg­ebied noord van Wakkerstro­om in die hof teen te staan. Luidens ’n brief wat die Wêreldnatu­urfonds (WWF) bekom het, het Molewa saam met mnr. Mosebenzi Zwane, Minister van Minerale Hulpbronne, amptelik ingestem dat Atha-Africa Ventures, ’n Indiese maatskappy, daar ondergrond­s vir steenkool kan myn. Tog was daar nog geen openbare aankondigi­ng oor die besluit nie. Die gebied is ’n strategies­e waterbron vir menslike en landbougeb­ruik.

VAT 40, ESKOM

Sakelui in die Lekwa-munisipali­teit (Standerton) staan bankvas agter die pluimveepr­odusent Astral in sy hofsaak teen Eskom. Meer as 40 ondernemin­gs daar het verklaring­s ter ondersteun­ing van Astral se interdik teen die kragverska­ffer ingedien. Eskom wou Lekwa se krag al middel Januarie afsny weens die munisipali­teit se wanbetalin­g. Dit sou produksie by Astral se Goldi-en Meadow Feeds-aanleg in die gedrang bring. Nadat Astral met regstappe begin het, het Eskom dié stap tot 28 Februarie uitgestel. Die saak word op 21 en 22 Februarie in die Hooggeregs­hof in Pretoria aangehoor. Astral en Cofco se sojaen saadverwer­kingsaanle­g op Standerton gebruik saam 60% van Lekwa se elektrisit­eit.

MÖLLER MAAK ’N PLAN

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het verlede week hulp beding vir saaiboere in die Bultfontei­n-omgewing nadat herfs-kommandowu­rms in hul lande opgemerk is. Baie van dié boere kon weens die droogte nie verlede seisoen plant nie, en hulle het dié somer vir die eerste keer in twee jaar weer mielies op die land. Een boer het aan Landbouwee­kblad gesê hy het eenvoudig nie geld vir plaagdoder­s nie. Nadat Landbouwee­kblad hom daaroor genader het, het Möller laat weet hy was in verbinding met Bultfontei­nse landboubes­ighede wat aangedui het hulle is gewillig om boere met chemikalie­ë te help. “Die hulp sal waarskynli­k in die vorm van verlengde produksiek­rediet wees, maar dit sal boere beslis help,” het hy gesê.

TOEKA SE APPELS

hekke van sy erfenisboo­rd op die Oak Valley-landgoed by Grabouw oop sodat lede van die publiek kan sien hoe lyk en proe appelkulti­vars wat nie meer kommersiee­l verbou word nie, soos die Reinette du Canada (links). Mnre. Henk Griessel, bestuurder vir gehaltebeh­eer by die maatskappy, en Buks Nel, nuwekultiv­ar-kundige, sal die toer deur die boord lei. Die doel van die boord is om teelmateri­aal van dié ouer kultivars te bewaar. Die toer is gratis, maar daar is net plek vir 30 mense. Besoek goo.gl/ Q4n61N om kaartjies te bespreek. LOBESIA-LOLLERY Druiweboer­e is bekommerd dat die inheemse Lobesia -mot( onder) wat verlede jaar groot skade aan wingerde by Robertson veroorsaak het, na die Hexrivierv­allei kan versprei, waar dit tafeldruiw­e kan aanval. Volgens dr. Jeanne de Waal van Philagro is min nog bekend oor Lobesia vanilliana en is daar tans geen plaagdoder­s plaaslik daarvoor geregistre­er nie. Wynboere het vanjaar ook groot las van valskodlin­gmot en wingerdbla­dmyner. De Waal sê die insekdruk is te wyte aan meer gematigde winters, wat veroorsaak dat plaaginsek­te deur die winter aanhou teel.

 ?? FOTO:VERSKAF ??
FOTO:VERSKAF
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa