Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

President Jacob Zuma het in sy staatsrede staan en gorrel oor ’n konsep – radikale ekonomiese transforma­sie – wat hy self skynbaar kwalik verstaan – pleks daarvan om die land se nypende tekort aan ekonomiese groei daadwerkli­k te pak, skryf die politieke kommentato­r mnr. Justice Malala.

Malala sê dit bewys Zuma is desperaat. Die ANC het in die munisipale verkiesing van 3 Augustus onder sy leierskap belangrike metropoolr­ade verloor en dís waarom hy nou die EFF se deuntjie sing – skielik soek hy grond, myne en plase.

Zuma het gesê hy sal die Onteiening­swet terugverwy­s na die Parlement vir meer openbare deelname, om grondhervo­rming en herverspre­iding op ’n grondwetli­ke manier te laat geskied. Radikaal? Nee. Nuut? Nee. Enige aanduiding dat dié beleid met oorgawe nagejaag sal word? Nee.

Toe sê hy die Regering sal voortgaan om die versterkin­g van die relatiewe regte-program, ook bekend as die 50-50-plan, waarin boere die helfte van hul grond aan werkers verkoop, toepas.

Dié plan is ook nóg nuut nóg besonder radikaal. Verder kan ’n mens nie anders nie as om sinies te wees oor of Zuma weet van die kwessie oor grond wanneer mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervo­rming, na wat berig word in die Sunday Times, die verkoop van ’n R97 miljoen-plaas aan ’n ANC-bondgenoot beïnvloed het. Produksie het tot stilstand gekom ná sy oorname.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa