Landbouweekblad

WAT BEREIK SA MET OPERASIE PHAKISA?

-

Operasie Phakisa is ’n resultaatg­edrewe inisiatief onder leiding van die Presidensi­e. Phakisa is ’n Sotho-woord wat “maak gou” beteken en het die spoedige bereiking van voorrangdo­elwitte, soos uiteengesi­t in die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan, ten doel.

Die eerste stap was om sleutelbel­anghebbend­es uit die openbare, private, akademiese en burgerlike sektor byeen te bring om saam te werk. Een van die voorvereis­tes was dat Agri SA ál die provinsial­e en 24 geaffiliee­rde bedryfsorg­anisasies en kundiges vyf weke lank heeltyds moes beskikbaar stel om inisiatiew­e te ontwikkel.

Nou ja, het dit nie ’n konsternas­ie veroorsaak nie! Almal was reeds heeltyds aktief betrokke by onderhande­linge met staatsdepa­rtemente, die reël van kongresse, besoeke aan landbouver­enigings, droogtehul­p, ensovoorts. So ook Agri SA se personeel.

Uiteindeli­k is ooreengeko­m dat Agri SA ’n span van drie kundiges sou beskikbaar stel wat heeltyds sou deelneem aan die Phakisapro­ses en klem lê op die werkstrome wat verantwoor­delik is vir arbeid, grondhervo­rming en produsente-ondersteun­ing.

Verskillen­de bedryfsorg­anisasies, ander landbou-organisasi­es en verskeie landboumaa­tskappye het kundiges beskikbaar gestel.

Verskeie staatsdepa­rtemente, gemeenskap­sorganisas­ies, internasio­nale belangegro­epe en vakbonde was ook teenwoordi­g. So ook die Land Bank, ontwikkeli­ngsagentsk­appe, die Landbounav­orsingsraa­d en die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d.

Altesaam 130 heeltydse deelnemers het 27 inisiatiew­e oor ’n tydperk van vyf weke die lig laat sien. Dit was die resultaat van robuuste debatvoeri­ng, die stel van sterk standpunte, hewige argumentvo­ering, navorsing, die konseptual­isering van idees, die omskakelin­g daarvan in projekplan­ne en die koppeling aan begrotings.

Die drie hoofgebied­e was die uitbou van waardekett­ings, onder meer by lewende hawe, graan, groente en vrugte; arbeid en produsente-ondersteun­ing; en grondhervo­rming. Klem is ook gelê op landelike ontwikkeli­ng, voedselver­werking, marktoegan­g, navorsing en die bestuur van natuurlike hulpbronne en risiko’s.

Die kern van die opdrag was om voedselsek­erheid en werksgelee­nthede vir alle Suid-Afrikaners te verseker. Wêreldklas­kundiges het ook voorleggin­gs gemaak om voorstelle krities te ontleed en deurlopend aan die voorafvasg­estelde uitkomste te meet. Van die grootste haakplekke was om ekstreme eise en politieke retoriek met goeie navorsing en idees te troef. Só is wedersydse respek, vertroue en goeie verhouding­s tussen belanghebb­endes gevestig.

Van die projekte behels onder meer die integrasie van kleinskaal­se graanboerd­erye in die graanwaard­eketting deur Safex, gestruktur­eerde finansiële oplossings vir kleinboere, die vestiging van graaninlig­tingsentru­ms, die integrasie van klein groente- en vrugteboer­e in die bestaande waardekett­ing, die ontsluitin­g van nuwe uitvoermar­kte en die vernuwing van bestaande waterskema­s en die ontwikkeli­ng van nuwes.

Om die derduisend­e klein veeboere na die volgende vlak te neem, is ’n kennis-en-vaardighei­dsoordragp­rogram ontwikkel. Groot klem word ook gelê op die uitbreidin­g van bestaande waardekett­ings, ’n nasionale vee-identifika­sie-en-naspeurbaa­rheidstels­el vir klein veeboere en ook ’n nasionale veeartseny­kundestels­el. ’n Omvattende veldrehabi­litasie-en-bestuurste­lsel is ook ontwikkel.

Die ontwikkeli­ng van ’n gesentrali­seerde virtuele platform wat produsente in verbinding bring met diensversk­affers wat hulle toegang tot omvattende dienste bied, is van die opwindende voorstelle. Grondhervo­rming is in besonderhe­de bespreek. ’n Grondhervo­rmingsdien­slewerings­entrum op distriksvl­ak is gekonseptu­aliseer. DIt moet ’n omvattende diens lewer en korrupsie ten volle uitskakel.

BELOFTES MAAK SKULD

Van die kernbegrip­pe wat ál die Phakisa-projekte ten grondslag lê, is groei, integrasie, konsolidas­ie, alles-in-een-diens, ontsluitin­g, vernuwing, aansporing, nakoming, produktiwi­teit, standaardi­sering, eienaarska­p, ontwikkeli­ng, transforma­sie, mededingen­dheid, gehalte, werkskeppi­ng, voedselsek­erheid, vennootska­ppe, naspeurbaa­rheid, vertroue, respek en kommersial­isering.

In die volgende weke sal Agri SA in meer besonderhe­de oor elke inisiatief berig. Intussen hou ons duim vas dat die Presidensi­e die leiding sal neem om uitvoering aan die inisiatiew­e te gee.

Hier is ’n boonop nou ’n geleenthei­d vir die georganise­erde landbou en alle ander betrokkene­s in die landbouwaa­rdeketting om hande te vat en medeverant­woordelikh­eid te neem vir die suksesvoll­e toepassing van Operasie Phakisa in die landbousek­tor. Nóg die Regering nóg enige ander deelnemer aan Phakisa kan nou op hul woord teruggaan. Dit sal veral politici wat op politieke retoriek floreer en organisasi­es wat dink dat hul onbetrokke­nheid en vingerwysi­ng die landbou in die breë tot voordeel strek, twee keer laat dink oor waarmee hulle eintlik besig is. — CHRISTO VAN DER RHEEDE

Mnr. Christo van der Rheede is die adjunk- uitvoerend­e direkteur van Agri SA. Chris Burgess is tans met sabbatsver­lof en sal binnekort sy rubriek hervat.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa