VAARWEL, KORINGBOERDERY INSA
Dit is nou 03:53, en ek kan nie slaap nie. Ek was gister (21 Feb. 2017) by die koringindaba op Stellenbosch. Ek het besef ek sal iets anders moet kry om mee te boer. Nes die hoenderbedryf is dit net ’n kwessie van tyd voor koringboerdery in Suid-Afrika nie meer winsgewend sal wees nie.
Ek het my bes gedoen om te veg vir regverdigheid in die koringmark. Die vrye mark bly egter ’n stryd om ’n aandeel in die waardeketting. Dit is nie altyd ’n regverdige proses nie. Lande sal hul boere subsidieer sodat hulle ’n groter aandeel in die handelswaardeketting van ’n produk kan kry. Net so sal betrokkenes in die plaaslike waardeketting mekaar probeer vernietig vir ’n groter deel van die verbruikersrand. Die betrokkenes in die koring-tot-brood-waardeketting het koringboere uitoorlê en is besig om hulle te vernietig.
Die tarief op ingevoerde koring word as die rede vir stygings in die broodprys voorgehou, ongeag die feit dat koring slegs 18% van brood se prys uitmaak. Dit is moeilik vir Jan Publiek om in te sien dat die tarief ’n meganisme is wat ’n beskermingsvlak ($294/t) vir volhoubare koringproduksie daarstel en dit daarna in stand hou. Meulenaars wil ons egter laat glo daar moet net na die invoerprys van koring gekyk word.
Daar is verskeie faktore wat die speelveld ongelyk maak en hierdie tarief nodig maak. Dit is moeilik om te begryp dat die prys waarteen ’n produk by jou land se hawens aanland, nie noodwendig ’n ware weerspieëling is van die prys waarteen daardie produk verbou is nie. Hoe kan daar van boere verwag word mee te ding met koring uit Rusland wat tot 19% gesubsidieer word?
Dieselfde tariefmeganisme bestaan ook vir meelinvoer, maar daarmee kan niks fout gevind ’N STROOM GENADEWATER . . . word nie. Ook moes ons van bakkers hoor dat die media nou liefs die samespanning rakende die broodprys moet vergeet . . .
Suid-Afrika is ’n land met lae reënval. Graan SA se somme wys die gelykspeelpunt vir koringproduksie in die Wes-Kaap, in ag genome die heersende tariefvlak, is 2,3 t/ha. Indien die tariefbeskerming verlaag word, sal dit 3 t/ha raak. Met 200 mm reën per jaar sal dit vir weinig boere moontlik wees om dit te behaal. Ek is een van hulle.
Die afgelope 10 jaar het ek en oom Alwyn Dippenaar geskryf dat jy nie die totale Wes-Kaapse koringoes se prys kan vasstel asof alles “uitgevoer” word nie. Dit is nie ’n ware weerspieëling van die vraag en aanbod nie en lei dus ook nie tot ’n regverdige prys vir Wes-Kaapse boere nie.
Die Wes-Kaap verbruik 50% van die sowat 1 miljoen ton koring wat hier verbou word. Die JSE-vervoerdifferensiale veroorsaak twee strukturele probleme op die mark, naamlik: Die Wes-Kaap kan nooit die punt bereik waar die aanbod van koring ’n uitwerking op sy prys sal hê nie, soos bewys is in 2003 en 2004, want volgens die JSE is die Wes-Kaap altyd volledig ’n uitvoergebied met geen vraag na koring nie! Boere word effektief uitgesluit van die koringvervoermark omdat daar reeds ’n vaste “vervoerkoste” op elke ton koring van hulle verhaal word. As hy dus self begin om graan te vervoer, kos dit hom dubbeld die werklike vervoerkoste. Die R2 miljoen-“basispremies” wat op die JSE beding is, stel beslis nie hierdie strukturele skeeftrekking reg nie, veral as in Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die komplimente van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,
Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.
Vandeesweek se wenbrief is deur Hennie Visser geskryf. ag geneem word dat R200 miljoen se “vervoerkoste” elke jaar by die boer se prys afgetrek word vir koring wat in die Wes-Kaap gemaal word.
Daar is gister gewys hoe Suid-Afrikaanse koring se gehalte vergelyk met die beste ter wêreld (Australië en Kanada), maar dat die Safex-prys nie ’n “Suid-Afrikaanse koringprys weerspieel nie omdat ingevoerde koring ook op die JSE-beurs gelewer mag word”, aldus mnr. Chris Sturgess van die JSE.
Dit is ook ’n strukturele probleem. Jare lank is koringboere gedwing om opbrengs prys te gee ter wille van gehalte vir die maal- en bakbedryf (saadvrystellingsnorme), maar wanneer dit by prysbedinging kom, word plaaslike en ingevoerde koring in een poel gegooi en saam gewaardeer vir ’n prys. Hoe kan enigiemand dink dit is regverdig?
Dié brief is my voorlaaste skrywe oor hier onderwerp. Ek voorspel dat koringproduksie verder sal afneem en dat Suid-Afrika binnekort meer as die helfte van sy verbruik sal moet invoer. My laaste skrywe sal oor drie jaar wees wanneer ek gaan skryf: “Ek het julle mos gesê!” HENNIE VISSER