Landbouweekblad

Miljoene se rampgeld ‘te min om te gebruik’

-

DIE ergste droogte in meer as 100 jaar en dr. Mmaphaka Tau, hoof van rampbestuu­r in Suid-Afrika, sê die toelaag van R381 miljoen vir rampbestuu­r was hopeloos te min. Daarom het die Departemen­t van Plaaslike Regering en Tradisione­le Sake nie die geld vir droogtehul­p aangewend nie.

Manie se kollega het in die vergaderin­g gesit toe parlements­lede dié skokkende verduideli­king moes hoor op ’n gesamentli­ke sitting van verskeie departemen­te oor droogtehul­p.

Die Tesourie het vir die boekjaar 2016-’17, wat nou eindig, altesaam R270 miljoen vir munisipale rampe en R111 miljoen vir provinsies bewillig. Tau se verweer was dat “geen geld van die noodfonds aangewend is nie, want die bedrae is nie voldoende nie”. Volgens Tau kon dit nie die verlangde koste dek nie.

Iemand van die Tesourie het dit goed verduideli­k: “Dit was soos om honger te wees en jy kan nie ’n biefstukto­ebroodjie bekostig nie, maar weier om die ham-en-kaastoebro­odjie te koop.”

Die parlements­lede het vuur gespoeg omdat “miljoene te min is om te bestee”, terwyl mense van dors omgekom en miljoene diere in een van die ergste droogtes gevrek het. Een lid het selfs die departemen­t daarvan beskuldig dat hy probeer om LP’s vir die gek te hou.

Tau het voorts verduideli­k dat sy departemen­t R140 miljoen van die provinsial­e rampfonds aangevra het vir die skade wat deur storms by die OR Tambo-lughawe aangerig is. Die departemen­t het ook aangedui dat hy van plan is om voor einde Maart van die geld moontlik aan die herstel van sinkgate te bestee.

Die parlementê­re komitee kon nie uit die voorleggin­gs van selfs departemen­te vir waterwese, landbou en landelike ontwikkeli­ng ’n werklike prentjie kry van hoeveel aan ramphulp bestee is nie.

GLANSGELEE­NTHEDE VERSTOM

In ’n land waar bykans die helfte van huishoudin­gs die een of ander vorm van maatskapli­ke toelaag ontvang en een uit elke drie mense werkloos is, is dit net verstommen­d om te sien hoe geld by spoggeleen­thede van die staat vermors word.

Manie kan self nie instaan vir die waarheid dat die staatsrede belastingb­etalers R11 miljoen gekos het nie. John Steenhuize­n, die DA se hoofsweep, sê die Parlement self het R4 miljoen daarvoor begroot, die polisie het meer as R4 miljoen bestee, die department van openbare werke sowat R2,7 miljoen en die SA Nasionale Weermag meer as R200 000. Maar as hy nou luister na wat ’n kollega vertel oor ’n ander geleenthei­d wat hy pas bygewoon het, klink dit nie alte vergesog nie.

Die kollega wat pres. Jacob Zuma se bekendstel­ling van Operasie Phakisa bygewoon het, was stomgeslaa­n oor die tientalle polisieman­ne, sekuriteit­spersoneel, amptenare en die joos weet wie nog almal wat by die reëlings betrokke was. Dit moet derduisend­e rande kos om só ’n gevolg saam te karwei.

Manie onthou nog ’n geleenthei­d toe PW Botha, toe ook president, eenkeer jare terug by die

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa