Landbouweekblad

13,9 MILJOEN TON MIELIES OP PAD?

- – MARLEEN SMITH

AS vanjaar se eerste mielieoess­katting realiseer, sal dit SuidAfrika se naasgroots­te mielieoes tot nog toe wees.

Die Nasionale Oesskattin­gskomitee se eerste raming dui op ’n nasionale oes van 13,918 miljoen ton – amper 80% groter as verlede jaar se droogtegek­nelde oes en ook die naasgroots­te tot nog toe. Die rekord tot dusver, 14,982 miljoen ton, is in 2014 van die lande gehaal.

Dié eerste amptelike raming was boonop hoër as die gemiddelde markverwag­ting van net oor 13 miljoen ton. Die verhoogde oesverwagt­ing is deels weens uitgebreid­e aanplantin­gs (’n beraamde 35% meer, volgens die Oesskattin­gskomitee), maar grootliks danksy drasties beter produksiev­ooruitsigt­e as waaraan die vorige oes uitgelewer was.

Die geskatte witmielieo­es is 8,313 miljoen ton, wat 144% meer as verlede jaar is. Die geskatte geelmielie­oes is 5,605 miljoen ton, 28% meer as verlede jaar.

Safexpryse het dadelik gereageer. Die witmieliek­ontrak vir lewering in Julie het byvoor Die landboueko­noom prof. Johan Willemse is nie té bekommerd oor die daling in pryse nie.

Hy het kort voor die oesskattin­g daarop gewys dat daar in die 2016’17bemarkin­gsjaar sowat 2,75 miljoen ton mielies ingevoer gaan word teen ’n beraamde R8,25 miljard. In die 2017’18bemarkin­gsjaar kan sowat 2,4 miljoen ton mielies uitgevoer word teen ’n beraamde uitvoerver­dienste van R5 miljard.

“Dit is ’n groot positiewe veran

dering vir die land se ekonomie en die platteland.

“Die dilemma vir mielieboer­e is dat die mielieprys skerp gedaal het vanaf invoerpari­teitspryse vir verlede jaar se oes (gemiddeld sowat R3 200/ton) na uitvoerpar­iteitsprys­e van R2 000/ton en minder. Maar nieteensta­ande die laer pryse vir mielies, is die waarde van die groter somergraan­oeste sowat R6R7 miljard meer as laasjaar se geraamde R33 miljard.

“Die groter oeste, veral van mielies, met laer pryse, bring mee dat intensiewe veeboere se voerkoste in die 2017’18bemarkin­gsjaar met 20% tot 25% kan daal. Dit sal grootliks help om bedrywe te stabilisee­r wat in die afgelope drie jaar se droogte redelik ingekrimp het,” sê Willemse.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa