Landbouweekblad

Gesaaides ontgroei straks plaag

- – JOHAN VAN DER MERWE – NICO VAN BURICK

DIE grootste gevaar wat die uitheemse herfskomma­ndowurm vir die somersaaig­ebiede inhou, is nou verby, sê mnr. Corné Louw, senior ekonoom van GraanSA.

“Die wurm rig skade aan in die reprodukti­ewe stadium van die plant se lewensiklu­s. Ons is reeds verby hierdie stadium. Die risiko van skade is dus nou laag.

“Ons sal egter eers teen oestyd weet hoeveel tonne hierdie wurm ons regtig gekos het,” sê hy.

Boere van die Settlers-omgewing

in Limpopo kon skade aan hul sorghumlan­de doeltreffe­nd beperk teen R600 per hektaar, sê mnr. Willem Groothof, wat daar boer.

Die meeste boere in die omgewing het hul landerye bespuit toe die wurm die eerste keer gewaar is.

Die wurm was aanvanklik eers in die mielies, maar het toe na die sorghum gemigreer. “Die Bt-geen is vir ons ’n groot seën, want dit bied doeltreffe­nde weerstand. Ons is egter bekommerd en onseker oor hoe die toekoms lyk.

“Ons plant almal die toevlugsoo­rde vir die Bt-mielies en die herfskomma­ndowurm vermeerder nou in hierdie oorde.

“As die wurm nou hier is om te bly en ons jaarliks daarvoor moet spuit en dus ’n ekstra koste van R600/ha aangaan, gaan die bedryf baie verander,” sê hy.

‘KYK NA TOEKOMS’

Mnr. Ralf Küsel, ’n graanboer van Luneburg in Noord-KwaZuluNat­al, sê die topruspe is steeds ’n groter bedreiging as die herfskomma­ndowurm, veral teen die grense van Swaziland.

“Boere moenie halsoorkop onnodig ’n klomp geld bestee nie. Ons probleem is nie vanjaar nie, maar die toekoms en hoe om die wurm kostedoelt­reffend te bestry.” verhoog van sowat R54 miljard in 2015 tot R90 miljard teen 2030 en om ’n bykomende 507 000 ha graan te verbou met die nuwe finansieri­ngsmodel wat boere en verwerkers kontraktue­el met mekaar verbind.

“Die beplanning­sproses het ons almal ingesluit en daar is ook aansporing­s ingebou vir kommersiël­e boere om betrokke te raak,”

Intussen sê Aartappels SuidAfrika (ASA) ’n aanplantin­g aartappels is in die Groblersda­lomgewing deur die herfskomma­ndowurm beskadig.

Die wurm het die aartappels­tingels aangeval, maar skade aan die aanplantin­g was tot 1% beperk nadat die land met gif bespuit is. Die aartappels is as ’n wisselboug­ewas geplant op dieselfde land waar nie-Bt-mielies, wat met die herfskomma­ndowurm besmet was, gestaan het.

ASA sê dit is die enigste verslag van skade aan ’n aartappela­anplanting deur die herfskomma­ndowurm. sê mnr. Christo van der Rheede, adjunk- uitvoerend­e direkteur van Agri SA.

“As ’n boer byvoorbeel­d betrokke raak by huiseienaa­rskap vir plaaswerke­rs, kry hy ’n vlak een Agri BEE-status. Dit bied unieke geleenthed­e vir die sektor. Die staat en private sektor moet nou hande vat om die plan te laat werk.”

Landbouwee­kblad

 ?? FOTO: DES VAN HEERDEN ?? Die herfskomma­ndowurm is in ’n Groblersda­l-aartappell­and gewaar.
FOTO: DES VAN HEERDEN Die herfskomma­ndowurm is in ’n Groblersda­l-aartappell­and gewaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa