Landbouweekblad

EU-HOENDERSTU­KKE OORWELDIG SA MARK

- CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKA het verlede jaar byna 25% meer hoenderstu­kke aan die been ingevoer as in 2015, en 81% daarvan het uit die Europese Unie (EU) gekom. Altesaam 239 589 ton hoendervle­is is ingevoer, waarvan 194 399 ton uit die EU gekom het.

Die vry-aan-boord-waarde van die invoer verlede jaar was amper 24% hoër as in 2015 – R3,363 miljard, vergeleke met 2015 se R2,72 miljard.

Mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging, sê die hoeveelhei­d stukke aan die been wat verlede jaar ingevoer is, is meer as die totale produksie van Country Bird Holdings, die land se derde grootste produsent.

Die groei in invoer uit die EU was ondanks teenstorti­ngstariewe wat sedert 2015 vir stukke aan die been van sekere maatskappy­e in Duitsland, Nederland en Brittanje geld. Verlede jaar se invoersyfe­r sou waarskynli­k nóg hoër gewees het as dit nie was vir Suid-Afrika se verbod weens voëlgriep sedert Desember op produkte uit verskeie EU-lande nie.

Ingevoerde stukke aan die been uit die EU het in Desember met 62,2% vergeleke met November gedaal en was 43,9% minder as in Desember 2015.

PRYS ONDER DRUK

Die drastiese styging in invoer verlede jaar het die prys in die bevrore mark afgedruk sodat produsente nie die styging in voerkoste weens die droogte kon verhaal nie.

Volgens die jongste beskikbare produsente­prysinligt­ing was die gemiddelde produsente­prys

vir kitsbevror­e stukke van Januarie tot Oktober R16,31/kg, wat 0,7% laer is as die gemiddelde produsente­prys in 2015. In 2015 het die prys met 11,2% gestyg en in 2014 met 10,8%.

Die invoer van stukke aan die been uit Amerika, waarvan 65 000 ton per jaar sonder teenstorti­ngstariewe ingevoer mag word, was nie so baie soos vooraf gevrees is nie.

Sowat 5 400 ton se invoer is per maand verwag. Die meeste, naamlik 6 906 ton, is in Maart ingevoer, maar in byvoorbeel­d Augustus is net 650 ton ingevoer.

In Desember het dit gestyg tot 4 846 ton, waarskynli­k weens die voëlgriepv­erbod op Europese lande. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa