Landbouweekblad

Boere kan baat vind by BKB en GWK se ‘troue’

-

AS BKB en GWK slaag met planne om hul eiers in een mandjie te sit, kan dit help om boerderye winsgewend­er en volhoubaar­der te maak.

Dís die mening van dr. Kobus Laubscher, landbou-ekonoom en voorsitter van FarmVision.

“Ek twyfel of die ooreenkoms gaan lei tot ’n totaal nuwe bakkie met ses wiele, maar dit gaan eerder twee bakkies wees wat die land op verskillen­de paaie gaan aanpak. Dit kan tot groot voordeel van die landbou wees.”

Die direksies van BKB en GWK het hul aandeelhou­ers ingelig dat hulle geleenthed­e ondersoek om hul besighede tot wedersydse voordeel te kombineer. Luidens die aankondigi­ng sal dit lei tot die vestiging van ’n nuwe landbougro­ep van wêreldgeha­lte wat wesenlike waarde vir aandeelhou­ers en ander belanghebb­endes sal ontsluit.

“Enige nuwe ontwikkeli­nge in hierdie verband sal betyds aan aandeelhou­ers van BKB en GWK gekommunik­eer word,” lui die verklaring, wat onderteken is deur mnre. Chris Louw en Frank Lawrence, voorsitter van onderskeid­elik BKB en GWK.

Hoewel dit nog onseker is hoe die samewerkin­gsmodel sal lyk, meen Laubscher dit kan Suid-Afrika se landboubes­igheidslan­dskap betekenisv­ol en ten goede verander. BKB se ervaring in lewende hawe sal “’n interessan­te toevoeging” tot GWK wees, sê hy.

“Albei organisasi­es se spoor lê wyd as gediversif­iseerde diensversk­affers. Hul verbinteni­s tot die verbeterin­g van aandeelhou­ers en boere se posisie dwing respek af. Albei is kreatief om nuwe metodes te vind om die landbou se volhoubaar­heid te verseker – nie net op plaasvlak nie, maar in die waardekett­ing.

“Wanneer die konsolidas­ie plaasvind, sal ’n mens moet kyk na modelle waar die unieke karakter van elkeen, wat strategies­e voordele inhou, behou kan word.”

KOSTEVERLI­GTING

Laubscher meen die nuwe ondernemin­g kan boere help om die kostedruk te verlig.

“GWK se model van winsdeling met aandeelhou­ers is een wat baie belofte vir die landbou inhou. Boere kan nie meer staatmaak op die plaasprys van hul produkte nie, maar moet ook kyk na die insette-kant.

“As ’n model oorweeg word waar boere ’n aandeel kan behou in die winste wat ná die plaashek met die produk ontsluit word, kan dit ’n groot verskil maak. GWK se benadering saam met BKB se netwerke kan voordele inhou, veral vir die lewendehaw­e-produsente.”

Laubscher wil die nuwe model besparings sien meebring.

“As die twee balansstat­e saamgegooi en die inkomstest­ate gekonsolid­eer word, moet daar ’n bewysbare besparing kom. Dit kan nie gepaardgaa­n met verhoogde koste wat net verhaal kan word deur meer besigheid te doen nie. Soos die Engelse sê: leaner and meaner.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa