Landbouweekblad

Jagmark kan kleurvaria­nte se pryse opstoot

- JASPER RAATS

MET ’n omset van byna R45 miljoen is die bekende wildboer en jagonderne­mer mnr. Dries Visser van Thabazimbi baie tevrede met die eerste veiling wat hy onder sy eie naam aangebied het.

Hy sê op ’n veiling as geheel sal daar altyd diere wees waarvoor ’n mens beter pryse verwag het, nes ander diere ’n mens weer met hul besonder hoë pryse verras.

“Met my veiling was dit nie anders nie, maar as ’n mens na die finale syfer [R44 746 000] kyk, dink ek ons het baie goed gevaar.”

Hy wys egter daarop dat kleurvaria­nte wat deur hom en van sy genooide verkopers op die veiling aangebied is, in sommige gevalle teen minder as hul jagwaarde verkoop het.

Visser en sy seun Dries jr. is wêreldbeke­nd vir hul safaribesi­gheid, wat elke jaar etlike boogjagter­s, veral uit Amerika, op hul grond naby Thabazimbi ontvang.

Daar is byvoorbeel­d ’n swart rooibokram teen so min as R35 000 en jong ramme teen R45 000 verkoop. Ooie het in die omgewing van R28 000 verdien.

“Ek kan ’n swart rooibok maklik teen tussen $4 000 en $5 000 (Amerikaans­e dollar) bemark,” sê Visser. Dit is sowat R65 000. Hy glo die mark vir kleurvaria­nte gaan weer lewe kry sodra Suid-Afrika se wildbedryf met erns na die jagmark begin omsien.

“Tot nou toe was die kleurvaria­nte uitsluitli­k ’n veilingkom­moditeit. As ons hulle bemark en die ouens sien daar is ’n jagwaarde vir hulle, gaan die vraag weer optel.”

SLIM AANBIEDING­E

Visser, wat bekend is vir die swartwitpe­nskudde wat hy opgebou het uit diere wat hy persoonlik uit Zambië ingevoer het, het vir die eerste keer telersregt­e op sy uitsoekbul­le opgeveil. Die aanbieding van hierdie lot behels dat die koper drie van Visser se topteelbul­le kan kies en dan twaalf vroulike diere daar kan aflaai. Vier koeie kan dan vir vyf jaar saam met elke teelbul in ’n kamp loop.

Visser sien na die diere om. Die aanwas is die eienaar se eiendom en hy moet die kalwers elke jaar, wanneer hulle ’n jaar oud is, verwyder. Hierdie ongewone lot het R3,6 miljoen gehaal.

Visser sê dit is ’n bekostigba­re manier vir ’n teler om byna oornag van die land se topgene in sy kudde in te bring sonder om miljoene vir ’n enkele bul te betaal.

Een van sy topbulle, Busanga, se teelwaarde is byvoorbeel­d baie gewild. Koeie wat dragtig is van hom het onderskeid­elik R1 miljoen en R1,1 miljoen gehaal.

Koeie dragtig van sy bulle Melanje en Big Boy jnr. het ook tussen R870 000 en R950 000 verdien.

Hy glo aanbieding­e soos hierdie gaan in die toekoms meer verdien wanneer boere sien dat vroulike diere suksesvol by bestaande teeltroppe gevoeg kan word. “Ek het dit al met groot sukses gedoen.”

BUFFELS

Sy buffels het ook teen gesonde pryse verhandel met verse wat almal oor die R400 000 stuk verdien het. Die rekordkoed­oebul, Hercules, wat verlede jaar deur ’n konsortium van telers gekoop is teen R9,4 miljoen en in vennootska­p met Visser in ’n teelprogra­m gebruik word, se dragtige dogters het teen R40 000 elk verkoop. Een van sy seuns het R70 000 gehaal.

Die swartwitpe­nsbulle Olmeca en Mumba het onderskeid­elik R3,5 miljoen en R3,6 miljoen gehaal. –

‘Tot nou toe was die kleurvaria­nte uitsluitli­k ’n veilingkom­moditeit.’

 ??  ?? Zambiese swartwitpe­nskoeie wat dragtig is van dié bul, Busanga, het tot R1,1 miljoen gehaal op die Dries Visser Purebred Gamewildve­iling verlede Vrydag.
Zambiese swartwitpe­nskoeie wat dragtig is van dié bul, Busanga, het tot R1,1 miljoen gehaal op die Dries Visser Purebred Gamewildve­iling verlede Vrydag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa