Landbouweekblad

JSE BESLUIT EERSDAAGS OOR GROOT KWESSIES

- — AMELIA GENIS

DIE JSE se landbou-advieskomi­tee sal tussen 9 Maart en 13 Maart besluit of ’n gewaarborg­degraad-gerief ingestel, die oorspronga­fslag van R100 afgeskaf en die differensi­aal tussen B2- en B3-koring verlaag gaan word, het mnr. Chris Sturgess, direkteur van kommoditei­te en sleutelkli­ëntebestuu­r by die JSE, gesê. Die besluite sal van toepassing wees op die Desember 2017en Maart 2018-kontrak.

Op die koringinda­ba wat in Februarie op Elsenburg buite Stellenbos­ch gehou is, het Sturgess gesê indien ’n gerief vir gewaarborg­de grade ingestel word, sal opbergers JSE-silosertif­ikate uitreik waarop hulle die graad van die koring vir ’n vasgesteld­e tydperk waarborg.

So ’n besluit sal meulenaars en bakkers bevoordeel.

Koringboer­e vra reeds geruime tyd dat die differensi­aal tussen verskillen­de grade koring van die huidige 4% tot 2% verlaag word.

Mnr. Koos Blanckenbe­rg van die plaas Klipheuwel, Durbanvill­e, en bestuursli­d van Graan SA, sê die voordeel vir boere kan “enorm” wees indien die JSE se advieskomi­tee besluit om die graaddiffe­rensiaal te verlaag. Hy verduideli­k dit so: “Gestel die verskil tussen koring van die grade B2 en B3 is R180/ton. In Augustus sien ek daar staan ’n mooi oes op die land, maar die potensiaal is B3. Nou moet ek my kunsmistoe­diening in September só bestuur dat die potensiaal kan styg tot B2. Vir ’n potensiële opbrengs van 4 ton/ha kan ek in daardie geval R720/ha meer kry, maar dan moet ek nog die koste van die kunsmis aftrek.”

Blanckenbe­rg sê as die differensi­aal met die helfte verlaag word, word die voordeel wat hulle kan verkry laer as die koste. “Dan werk ek nie meer vir ’n proteïenvo­ordeel nie, maar vir ’n opbrengsvo­ordeel en ek dien kunsmis toe om my koringopbr­engs te verhoog, nie die proteïenin­houd nie. Dís wat Suid-Afrika wil hê: Boere moet meer koring verbou.”

Hy sê deur die differensi­aal tot 2% te verlaag, verminder boere se risiko om geld te verloor. “Soos dit nou werk, sien ons dit nie as geld wat ons kan bysit nie, maar as geld wat ons gaan verloor. Daardie potensiële inkomste is eerder die verlies wat ons gaan beperk.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa