Landbouweekblad

Departemen­t moet opdok vir vrot Oos-Kaapse paaie

- — THEUNS BOTHA

PADGEBRUIK­ERS in die OosKaap is in hul noppies nadat regter J.M. Roberson onlangs in die Grahamstad­se Hooggeregs­hof beslis het die Oos-Kaapse departemen­t van paaie en openbare werke moet binne 90 dae kontrakteu­rs identifise­er om sekere paaie in die provinsie te herstel.

Die uitspraak volg ná ’n regsgeding wat Agri Oos-Kaap twee jaar gelede teen die provinsial­e direkteur-generaal van paaie aanhangig gemaak het om dringende instandhou­dingswerk te doen. Roberson het beveel dat: Geïntegree­rde roetine-onderhoud binne ses maande aan paaie gedoen moet word. Waar die departemen­t nie self herstel- en instandhou­dingsdiens­te kan bied nie, moet ooreenkoms­te binne ses maande met munisipali­teite of kontrakteu­rs aangegaan word. Binne 90 dae ná die hofbevel moet volledige besonderhe­de voorsien word oor die paaie wat herseël en gerehabili­teer moet word, en daarna moet die werk binne ses maande begin. Lede van van Agri Oos-Kaap sal in sekere gevalle self kwotasies vir herstelwer­k mag bekom, magtiging kry om die werk uit te voer en betaling van die departemen­t eis. Soortgelyk­e prosedures sal geld waar individuel­e boere noodherste­lwerk aan paaie moet doen en die departemen­t in gebreke bly om dit uit te voer. Die departemen­t moet ook die organisasi­e se regskoste betaal en voor 30 Mei ’n vorderings­verslag by die hof indien.

Mnr. Doulas Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, was verheug oor die uitspraak. “Dit beteken dat ons nou die werk vir die regering kan doen en hy ons daarvoor moet vergoed. Dit is ’n waterskeid­ingsuitspr­aak.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa