Landbouweekblad

ANC soek nie EFF-steun vir onteiening sonder vergoeding

- — JOYLENE VAN WYK

DIE ANC sal nie die 6% pasella steun wat die EFF aanbied, aangryp ten einde die nodige tweederdem­eerderheid in die Parlement te kry om die eiendomskl­ousule in die Grondwet te wysig nie. Dié wysiging is nodig om grondontei­ening sonder vergoeding moontlik te maak.

Die EFF het verlede week ’n mosie ingedien waarin hy vra dat die Parlement erken artikel 25 (1) van die Grondwet, wat private eiendomsre­g beskerm, is die rede hoekom die grondkwess­ie onopgelos bly.

Die mosie vra ook dat die Parlement ’n ad hoc-komitee op die been bring om die eiendomskl­ousule in die Grondwet te wysig sodat die staat grond sonder vergoeding in die openbare belang kan onteien.

Die Nasionale Vergaderin­g het met 261 stemme teen 33 teen die mosie gestem. Twee LP’s het buite stemming gebly.

ALBATROS

Mnr. Jeremy Cronin

Adjunkmini­ster van Openbare Werke wat belas is met die Wetsontwer­p op Onteiening, het gesê artikel 25 word nie as ’n albatros om die nek gesien nie en kan nie blameer word vir die stadige pas van grondhervo­rming nie. Hy het benadruk die Grondwet moet verdedig word teen moontlike onbedoelde gevolge, soos vergrype deur ’n klein elite in die naam van openbare belang. Me. Phumuzile Ngwenya-Mabila, ANC-LP en voorsitter van die portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, het die EFF se mosie prontuit verwerp. “Ons ken die geskiedeni­s van hoe die grond onteien is. Ons weet ook hoe ons dit gaan aanpak. Ons sal nie voorgesê wordwatomt­edoennie. “Ons as die ANC stem wel saam dat die grondhervo­rmingspros­es stadig is.” Sy het gesê onteiening sonder vergoeding is ongrondwet­lik en Suid-Afrikaners moet die Grondwet respekteer. Die PAC, APC en die UDM het die mosie gesteun.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa