Landbouweekblad

Veebedrywe moet gou spring met lae mielieprys­e

’n Rekord-witmielieo­pbrengs in Suid-Afrika bied tans ’n goeie koopgeleen­theid vir die veebedrywe. Moenie dié geleenthei­d verspeel nie.

-

DIE EERSTE oesskattin­g vir mielies het die verwagting­e oortref. Die uitstekend­e produksies­toestande wat tot dusver geheers het, het daartoe gelei dat die eerste skatting van die seisoen vir mielies 13,9 miljoen ton is.

Die oppervlakt­e beplant met mielies beloop meer as 2,6 miljoen hektaar.

Maar moenie jou blind staar teen die groot oes nie. Benut die laer koopgeleen­thede, want teen die beplante oppervlakt­e is die produksier­isiko’s hoër. ’n Daling van 0,5 ton per hektaar kan die uitvoersur­plus uitwis en selfs al gebeur dit nie, kan uitvoerder­s ondanks die sterk rand en lae internasio­nale kommoditei­tspryse wel daarvoor sorg.

VOORRAAD

Weens die droogte en ’n totale produksie van 7,8 miljoen ton is die oordragvoo­rraad vir ouseisoenm­ielies 1,37 miljoen ton. Dit is gelykstaan­de aan 51 dae se voorraad. Vanweë die goeie produksies­toestande kan die eindvoorra­ad op 30 April volgende jaar net meer as 2,1 miljoen ton beloop. (Sien die TABEL .)

PRODUKSIE

Produksieb­esluite is deur die gunstige voorseisoe­npryse vir wit mielies oorheers. Gevolglik het produsente 1,6 miljoen hektaar wit mielies (63%) aangeplant en slegs 985 500 hektaar geel mielies (37%). Die verhouding van aanplantin­gs oor die vorige vyf jaar was 57% wit mielies en 43% geel mielies. Produsente het vanjaar baie meer hektare met wit mielies beplant in die verwagting om die goeie pryse te benut. Die nat weerstoest­ande kan ’n nagevolg hê op die strooptemp­o vir die vroeë lewering van mielies. Die produksie van wit mielies word op 8,3 miljoen ton (5 ton/ha) geskat en vir geel mielies op 5,6 miljoen ton (5,7 ton/ha). Die geskatte witmielieo­pbrengs is ’n rekord, terwyl die opbrengs vir geel mielies die naasgroots­te is.

HANDEL

Die verwagte produksie vervang die invoerbeho­efte vir wit en geel mielies. Gevolglik beloop die beraamde uitvoersyf­er 1 miljoen ton vir wit mielies en 185 000 ton vir geel mielies. Dit kom neer op ’n totale uitvoersyf­er van byna 1,2 miljoen ton.

Gevolglik is dit nie uitgesluit nie dat mielieprys­e vir ’n gedeelte van die bemarkings­jaar 2017’18 tot ongeveer September teen uitvoerpry­se kan verhandel mits voldoende uitvoer realiseer.

VRAAG

Volgens langtermyn­neigings behoort die vraag na mielies vir verwerking in die 2017’18bemarkin­gsjaar 10,7 miljoen ton te beloop.

As die langtermyn­neigings vir groei in vraag in ag geneem word, kan die plaaslike binnelands­e vraag na mielies tot 11,5 miljoen ton beloop.

VERBRUIK

Die menslike verbruik kan 4,8 miljoen ton beloop. Dit sal egter afhang in watter mate die verbruiker terugkeer na die verbruik van wit mielies. Die verbruiker ervaar tans druk met hoë voedselpry­se en lae ekonomiese groei. Laer mieliemeel­pryse behoort dus verligting te bring en vraag te stimuleer.

Die totale voerverbru­ik vir mielies kan 5,8 miljoen ton beloop, maar die syfer is dalk te optimistie­s as in ag geneem word dat kuddegetal­le skerp gedaal het en dat speenkalfp­roduksie daardeur benadeel is.

Mielieprod­usente kan weer, soos in vorige surplusjar­e, meer mielies vir voerverbru­ik terughou. Die syfer kan vanjaar tot 239 000 ton wees.

PRYSVOORUI­TSIG

Vanweë die verwagte toename in mielieprod­uksie en die uitvoer van 1,2 miljoen ton mielies (oorwegend wit mielies) kan verwag word dat mielies kortstondi­g teen uitvoerpry­se gaan verhandel. Nuweseisoe­ngeelmieli­es voldoen netnet aan die vraag daarna en behoort vir die bemarkings­jaar teen ’n premie bo wit mielies te verhandel.

Pres. Donald Trump van Amerika se proteksion­isme kan ’n geleenthei­d vir die uitvoer van wit mielies na Mexiko skep, veral as die verhouding tussen Mexiko en Amerika vinniger as verwag verder versuur. Andersins behoort SuidAfrika geel mielies te kan uitvoer na China en Taiwan, waarna die opname van wit mielies in die plaaslike veevoermar­k sal toeneem. SuidAfrika is ’n netto uitvoerlan­d met die vermoë om groot hoeveelhed­e surplusmie­lies vinnig en doeltreffe­nd uit te voer. Terwyl die uitstekend­e produksiet­oestande tans oorheers, is dit belangrik om te onthou dat dinge steeds verkeerd kan loop.

Hoewel die waarskynli­kheid vir ryptoestan­de met die nat weerstoest­ande kleiner word, kan dit nie heeltemal uitgesluit word nie. Versuip en latere vloedtoest­ande is ook ’n moontlikhe­id.

Die gemiddelde geskatte opbrengs is 5,3 ton/ha op 2,628 miljoen hektaar. ’n Toename in beleidsris­iko wat met ’n kabinetsko­mmeling of kredietafg­radering gepaardgaa­n, kan die rand tot R14 en meer teenoor die Amerikaans­e dollar laat verswak. Dit is net nodig dat die verwagte opbrengs van 5,3 ton/ha met 0,5 ton/ha tot 4,8 ton/ha daal om die surplus vir uitvoer uit te wis.

Moenie te seker wees dat pryse vir die res van die bemarkings­jaar tot einde April volgende jaar teen lae prysvlakke sal verhandel nie. Die intensiewe veebedrywe behoort die koopgeleen­thede wat nou ter sprake is, te benut, want dié geleenthei­d kan vinnig verstryk.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa