Landbouweekblad

Só lyk ’n testament

Die struktuur van ’n testament, asook die bemakings en wense, moet goed deurdink word en aan sekere vereistes voldoen.

-

Elke testament moet ’n paar standaard-paragrawe bevat. ’n Erflater, testamentm­aker of testateur/testatrise moet weet hoe ’n testament se inhoud behoort te lyk. ’n Basiese testament behoort die volgende paragrawe of bepalings te bevat. AANHEF. Dit moet die volgende insluit: – Identiteit van die testateur/testatrise

(naam en identiteit­snommer). – Huweliksta­tus van die testateur/testatrise: Ongetroud, weduwee, wewenaar, gades getroud buite gemeenskap van goedere met/sonder die aanwasbede­ling, gades getroud binne gemeenskap van goedere. – Domicilium: Dorp/stad woonagtig tydens afsterwe. – Herroeping van die vorige testament

en kodisille. ERFLATING. Legate en die restant of volle boedel word vererf deur die eerssterwe­nde. Bepalings word gedoen in die geval van erflatings by gelyktydig­e afsterwe (of 30 dae ná mekaar) en gesinsuitw­issing. MORTIS CAUSA TRUST. Indien erfgename minderjari­g is, word hul erfenisse eerder na ’n testamentê­re trust vir die kinders vererf as wat dit na die Voogdyfond­s gaan. Bates word tot 21 jaar of 25 jaar gehou. Die trust se bepalings word in die testament beskryf. ’n Voog word vir minderjari­ge kinders aangewys, en word kwytgeskel­d om sekuriteit te bied vir die bates van die kinders wat onder hul toesig kom. BENOEMINGS. Die eksekuteur en trustee (testamentê­re trust) moet benoem word. Dit kan die langslewen­de of ’n ander persoon of instansie, soos ’n bank of trustmaats­kappy, wees. Albei moet kwytgeskel­d word om sekuriteit te stel aan die Meester van die Hooggeregs­hof. Die eksekuteur/ trustee word verder gemagtig om volgens diskresie die dienste van enige maatskappy of verwante instansie te gebruik. Die gebruiklik­e vergoeding vir sodanige dienste gelewer kan ook aangeteken word. ONDERTEKEN­ING. Elke bladsy word in swart ink deur twee getuies en die testateur/testatrise onderteken. Die plek (dorp) van onderteken­ing en datum word op die laaste bladsy bygevoeg.

HOU IN GEDAGTE

Indien ’n erfgenaam insolvent is of gaan raak, vererf eerder die bates aan ’n diskresion­êre trust vir die persoon en sy familie. Dit keer dat likwidateu­rs daarop beslag lê. Wapens kan slegs vererf na ’n meerderjar­ige met ’n vuurwapenl­isensie of iemand wat wel een kan kry. Kinders kan dus nie pa’s se gewere erf nie, en trusts ook nie. As die ma nie so ’n lisensie kan kry nie, moet dit vooraf met iemand (soos die oorledene se broer) gereël word om die erfenis onder sy lisensie te neem totdat die kind 18 jaar oud word. Die ooreenkoms dat die broer die wapen “in trust” hou, moet op skrif wees sodat dit nie met sy boedel vermeng nie. Sake-eienaars kan hul aandele of belange in ’n ondernemin­g vererf aan hul familie, of by dood aan hul vennote verkoop. Artikel 35 van die Wet op Beslote Korporasie­s steek ’n stokkie daarvoor om sonder meer die belang te vererf. Die medelede moet toestemmin­g gee dat die lidmaatska­p na nuwe lede oorgedra kan word. Sonder toestemmin­g moet die eksekuteur die belang aan die oorlewende lede verkoop. Ongebore kinders (nascitutus) kan ook erf. Só ’n erfenis word gewoonlik in ’n trust aan die trustees bemaak, vir en namens die kinders wat nog gebore gaan word. ’n Geestesong­estelde persoon mag ’n testament maak wanneer hy ’n helder oomblik (lucidum intervallu­m) beleef. Om sodanige testament as geldig te verklaar, is dit raadsaam dat ’n mediese dokter tydens die helder oomblik teenwoordi­g is om te verklaar die persoon was by sy volle positiewe. Indien iemand buitelands­e bates het, is dit raadsaam om ’n testament vir daardie bates in daardie land op te stel (te verly). Die boedel word in Suid-Afrika en in die buiteland aangemeld sodat die bates in die buiteland beredder word. Indien ’n geskeide persoon toesig en beheer oor die kinders gekry het en later sterf, sal die kinders altyd na die ander natuurlike ouer toe gaan, al bepaal die testament wie die voog moet wees.

Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-en-besigheids­konsultant van die finansiële­dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting. info@allegiance.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa