Landbouweekblad

SST88 SE FUT NOG LANK NIE UIT

- AMELIA GENIS

Daar is goeie nuus vir boere wat die afgelope 20 jaar die koringkult­ivar SST88 met groot welslae verbou, maar bekommerd is dat dit van die rak gaan verdwyn.

Werk om dié kultivar te verbeter, gaan voort by Sensako, die maatskappy wat die meeste van die saad wat in dié stadium in die Kaapse koringgebi­ede verbou word, ontwikkel het.

SST88 is in die 1990’s deur die legendarie­se graan- en peulgewast­eler dr. Bart Lombard vir Sensako ontwikkel. Hy is in April 2015 oorlede, maar die kultivar leef voort. Boere loof die kultivar met die lang groeityd vir sy droogtever­draagsaamh­eid, stoelvermo­ë en uitstekend­e wortelstel­sel. SST88 lewer goeie opbrengste in dele van die WesKaap met ’n wisselvall­ige reënval en waar siektedruk laag is.

SST88 se roesweerst­and het egter nie die toets van die tyd deurstaan nie. Drie bespuiting­s om swamme, soos blaar-, streep-, stam- en witroes, te bekamp, is meermale nodig. Party boere het opgehou om die kultivar aan te plant toe hulle besef het meer as drie bespuiting­s is soms nodig.

Mnr. Driecus Lesch, teler van Kaapse lentekorin­g by Sensako op Napier, sê hulle is besig om te toets hoe hulle SST88 se siekteweer­stand kan verhoog.

Ongelukkig het die kultivar nie ’n goeie kombinasie­vermoë nie. Dit beteken as die kultivar met ’n ander kultivar gekruis word, is die nageslag nie beter nie. In teenstelli­ng daarmee het die kultivar ST047 ’n gemiddelde opbrengspo­tensiaal, maar dit het ’n goeie kombinasie­vermoë en kan beter nageslag gee. “Dit sal fantasties wees as ons SST88 siekteweer­stand kan gee. Vatbaarhei­d vir siektes is al wat die kultivar terughou,” sê Driecus.

Dr. Francois Koekemoer, direkteur vir navorsing en ontwikkeli­ng by Sensako, sê droogtestr­es is ’n moeilike eienskap om in ’n teelprogra­m te hanteer, veral omdat Suid-Afrikaanse telers nie toegang het tot goeie plantfisio­loë en tegnologie wat die koringtele­rs kan ondersteun nie. “Australië bestee baie geld daaraan om droogtever­draagsaamh­eid uit te pluis, asook tegnologie te gebruik wat sodanige teling vergemakli­k. Ons koringmark is te klein om soveel soos hulle te belê.”

Aangesien hulle nie die droogtever­draagsaamh­eid van SST88 geneties kan verander nie, is dit moeilik om dit te dupliseer. Sensako is egter besig met ’n projek om “’n SST88 met roesweerst­and” te ontwikkel met “merker-ondersteun­de seleksie”.

Dr. Renée Prins van Cengen en prof. Zakkie Pretorius van die Universite­it van die Vrystaat is ook daarby betrokke. “Ons hoop om die droogtever­draagsaamh­eid van SST88 in die proses te kombineer met goeie weerstand teen roes. Die projek is in ’n gevorderde stadium en voorlopige resultate lyk belowend.”

Francois het die Wintergraa­ntrust en sy tegniese komitee twee jaar gelede oortuig om geld beskikbaar te stel om Australies­e tegnologie te bekom. As deel van die projek word SST88 eersdaags by The Plant Accelerato­r® in Adelaide, Suid-Australië, ondersoek.

Hulle hoop die gevorderde tegnologie vir die fenotiperi­ng van plante sal aandui of hulle die meganismes wat SST88 se droogtever­draagsaamh­eid beïnvloed, geneties sal kan manipuleer.

 ?? FOTO: LUC VIATOUR, WWW.LUCNIX.BE ?? Een praktyk van herlewings­landbou behels die opbou van biologiese ekostelsel-diversitei­t met some veld wat rondom saailande in stand gehou en hervestig word om bye en ander voordelige insekte te lok. Veral roofinsekt­e verminder die nodigheid vir die...
FOTO: LUC VIATOUR, WWW.LUCNIX.BE Een praktyk van herlewings­landbou behels die opbou van biologiese ekostelsel-diversitei­t met some veld wat rondom saailande in stand gehou en hervestig word om bye en ander voordelige insekte te lok. Veral roofinsekt­e verminder die nodigheid vir die...
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Werk gaan voort om die Kaapse koringkult­ivar SST88 te verbeter.
FOTO: AMELIA GENIS Werk gaan voort om die Kaapse koringkult­ivar SST88 te verbeter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa