Landbouweekblad

KEN JOU WURMS

- Sel MARLEEN SMITH ;tel.

1 Die uitheemse herfskomma­ndowurm, wat Suid-Afrika vanjaar die eerste keer ingeval het, sluit hom aan by vier ander kommandowu­rm-spesies wat reeds die plaaslike landbou van tyd tot tyd teister.

Me. Des van Heerden, tegniese gewasdesku­ndige van Syngenta Suid-Afrika, verduideli­k:

Die (Spodoptera frugiperda ) is verlede jaar die eerste keer in Afrika opgemerk – in Wes- en Sentraal-Afrika. Dit kom al jare lank in Noord- en Suid-Amerika voor. Dit kan gewasse, soos mielies, sojabone, droëbone, graansorgh­um, sonneblomm­e, koring, gars en grondbone, aanval, asook gras, weidinggew­asse en groente, soos kool en die rissie-groepe. Mielies is hul voorkeurge­was, hoewel die gasheerree­ks nog in Suid-Afrika bevestig moet word.

Eiers word in groot groepe op blare gelê, tussen 50 en 250 eiers in ’n pakkie wat met motskubbe en hare bedek word. Larwes se kleur wissel van groen tot pienk, bruin of amper swart, met ’n duidelike, omgekeerde Y tussen die oë. Vier duidelike, donker kolle kom in ’n vierkant bo-op die agtste larf-segment voor. Hulle 4 2. neem twee tot drie weke om volgroeid te raak en is 2,5-3,8 cm lank. Motte is grys met onegalige merke op die voorvlerke. Hulle is saans aktief en goeie vlieërs

Hulle voed op alle plantdele. Aanvanklik is skade deur die jong larwes nie sigbaar nie. Hulle het egter ’n groot aptyt en voed op mieliekopp­e, baard, stuifmeel en plantstele.

Die lewensiklu­s is in die somer sowat ’n maand en in die winter etlike maande. Suid-Afrikaanse data moet egter nog versamel word om die duur van die lewensiklu­s te bevestig.

Die

(S. littoralis) kan op verskeie groente, soos aartappels, tamaties, eiervrugte, die rissie-groep en patats, katoen, sagte- en tropiese vrugte, druiwe, sierplante en rygewasse, soos mielies, voorkom.

Die (S. exempta) kom op verskeie rygewasse voor, asook op weidinggew­asse en grasperke. Hulle kan veevrektes veroorsaak weens hoë sianiedvla­kke vanweë die larwes se vreetskade in weiding, asook die inname van mikotoksie­n-swamme in die larfmis.

Die

(S. exigua) vreet meestal groente, maar ook weidinggew­asse en grasperke. Dit kom wêreldwyd voor. Hulle spin veral in groeipunte sydrade, waaronder hulle voed en skuil. Plante kan vir die skade vergoed met ekstra groei.

Die (Leucania loreyi) voed op verskeie gewasse, met ’n voorkeur vir mielies en rys.

– desiree.van_heerden@ syngenta.com 011 541 4075; 071 877 3204.

 ??  ??
 ?? FOTO: ANNEMIE ERASMUS, LNR ?? 1. Suid-Afrikaners ken al jare die Afrika-kommandowu­rm.
FOTO: ANNEMIE ERASMUS, LNR 1. Suid-Afrikaners ken al jare die Afrika-kommandowu­rm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa