Landbouweekblad

‘KOMMERSIËL­E BOERE MOET ANDER HELP’

-

“Suid-Afrika kan nie verwag dat nuwelingbo­ere die mynveld van die moderne boerdery sonder die nodige opleiding en steun betree nie,” sê mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, van die plaas Liebenberg­stroom by Edenville.

Dié megaboer het pas opleidings­geriewe vir 24 landboustu­dente op sy plaas voltooi as deel van sy poging om sy medeboere vanjaar te mobiliseer om hand in eie boesem te steek om nuwelinge suksesvol in die landbou te vestig.

Die opleidings­entrum is vir Nick ’n droom wat bewaarheid is en nie net leë praatjies nie. Dit bestaan uit ’n lesingloka­al en slaap- en eetgeriewe vir 24 mense. Kursusse in algemene boerderypr­aktyke en veeboerder­y word deur die Batho Pelegroep daar aangebied, met die samewerkin­g van die Landbousek­tor se Opvoeding-enopleidin­gsowerheid (AgriSeta).

Twee groepe van 25 mense is reeds deur Sernick opgelei. Die laaste groep het onlangs op ’n boeredag vir opkomende boere op Liebenberg­stroom hul diplomas ontvang. Die groep was hoofsaakli­k deur jong nuwelinge REGS: HEEL REGS: uit die omgewing bygewoon. Een het selfs van Pietermari­tzburg gekom.

Volgens Nick beteken die nuwe sentrum dat opleiding nou volstoom sal voortgaan. Vroue speel veral ’n belangrike rol in die proses en is dikwels die uitblinker­s. Die beste presteerde­r verlede jaar was ’n 60-jarige ouma.

Sernick het die sentrum op eie houtjie opgerig, maar omdat die droom van ’n eie gerief nou verwesenli­k is, is die samewerkin­g met ander instelling­s en ’n vennootska­p met die Regering die volgende mikpunt.

Sowat 230 belangstel­lendes het die boeredag bygewoon, wat vir Nick ’n aanduiding is van die reusebehoe­fte aan landbou-inligting. Die helfte van die

 ??  ?? Sprekers op Sernick se derde boeredag vir opkomende boere op Liebenberg­stroom is, van links, mnre. Patrick Sekwatlakw­atla (Sernick), Joel Nkuna (oor kunsmatige inseminasi­e), Christo Faasen (Sernick), me. Lerato Makganye en mnre. Mortimer Mannya (albei...
Sprekers op Sernick se derde boeredag vir opkomende boere op Liebenberg­stroom is, van links, mnre. Patrick Sekwatlakw­atla (Sernick), Joel Nkuna (oor kunsmatige inseminasi­e), Christo Faasen (Sernick), me. Lerato Makganye en mnre. Mortimer Mannya (albei...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa