Landbouweekblad

Groter kwekery voorsien bome vinnig en keer siektes

Sitruskwek­erye kan nie voorbly met die enorme vraag na bome nie – daarom het Cederberg Tree Nursery op Citrusdal nuwe uitbreidin­gs aangepak en in tegnologie belê.

-

1

Cederberg Tree Nursery op Citrusdal het een van die eerste kwekerye in die land geword met biosekurit­eitsplanne indien die dreigende Asiatiese sitrusverg­roeningsie­kte Suid-Afrika tref. Die planne is deel van hul nuwe, tegnologie­s gevorderde kweekhuise waarbinne hul produksie van 530 000 bome verlede jaar tot 850 000 bome in die 2018-’19-seisoen gaan klim.

“Dit het geld en ’n belegging in intellektu­ele eiendomsre­gte geverg om ’n klein kwekery wat skaars lewensvatb­aar was, uit te brei tot ’n groot speler met nuwe stelsels en kennis. Dié kombinasie maak van ons ’n markleier,” verduideli­k mnr. Scott Mckenzie, bestuurder.

Dié kommersiël­e kwekery lewer sowat 20 verskillen­de sitruskult­ivars en ongeveer 50 bo- en onderstamk­ombinasies. Die kwekery is deel van ANB Investment­s, wat ook sitrusplas­e en plantteler­sregte vir uitgesoekt­e kultivars besit. Die maatskappy is veral bekend vir die ClemenGold-handelsmer­k, wat in verskeie lande beskikbaar is.

Die nuwe uitbreidin­gs gaan die produksie-oppervlak op 8 ha te staan bring. Dit word gedryf deur die groot vraag na sitrus – spesifiek sagtesitru­s, suurlemoen­e en sommige hardeskilk­ultivars. Kwekerye staan bont om boere van plantmater­iaal te voorsien, maar steeds is die meeste bestelboek­e propvol vir die volgende jaar of twee. “Ons doel is dus om meer bome vinniger verkoopger­eed te kry,” vertel me. Trish Willemse, produksieb­estuurder.

Hulle kon reeds ses maande van die produksiep­roses skaaf. Tradisione­el neem dit sowat 24 maande om ’n sitrusboom te kweek totdat dit op die plaas uitgeplant kan word, maar die kwekery kan dit nou al binne 16 tot 18 maande doen. Dit is die vinnigste in die Wes-Kaap en kop aan kop met die warmer produksies­treke.

WAGLYS TOT 2019 VIR SITRUSBOME

Die mark is tans die beste wat dit nóg vir die kwekerybed­ryf was, meen Scott. 3 PLAASINLIG­TING KORTOM ■ ■ ■

“Ons sitrusbome is tot 2019 bespreek.” Die vraag is danksy groot uitbreidin­gs en boere wat hul tradisione­le gewasse, soos wingerd en steenvrugt­e, met sitrus vervang. Daar is ook sitrusboer­e wat van tradisione­le kultivars na vernuwende sagtesitru­skultivars met beter

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa