Landbouweekblad

Presisiete­gnieke gee broodnodig­e hupstoot

Mnr. Norman Cornelliss­en, ’n opkomende gewas-en-veeboer, is verlede jaar vir die tweede keer as Nuwe Produsent van die Jaar vereer op GWK se Icons-byeenkoms. Deur skouer aan die wiel te sit en presisiebo­erderybegi­nsels te volg het hy gekom waar hy vandag

-

Ja, dis lekker om die pryse te ontvang. Dit gee erkenning aan jou harde werk en dit motiveer ’n man so ’n bietjie,” vertel mnr. Norman Cornelliss­en van die Vaaldam-boerdery naby die Heuningnes­kloof-stasie (tussen Kimberley en Hopetown), waar hy op die stoep van sy nuutgeboud­e huis sit.

Sy familie is al meer as 100 jaar in die omgewing en deur die verloop van die geskiedeni­s het sy voorgeslag­te dit bekom. Norman het destyds as kontrakteu­r en in die myne in die Noord-Kaap gewerk, maar weens ’n ongeluk het hy en sy vrou, Claudette, op 28-jarige ouderdom gaan boer. Toe hul kinders moes skool toe, het hulle vir eers naweekboer­e geword en op Kimberley gaan woon tot hul studies klaar is. Maar nou is Norman en Claudette en sy ouers, David en Bertha, terug op Vaaldam, waar hulle in alle erns boer.

Norman vat voor met gewasse en David hou die leisels by die vee-vertakking.

Hulle huur ook 600 ha grond aangrensen­d tot die plaas.

“Boerdery was nog altyd maar in my en my pa se bloed,” vertel Norman.

OOREENKOMS MET JOUBERT & VERSTER

“Ons het in 2007 waterregte gekry. Ek en my pa besit elkeen 10 ha se waterregte en dan huur ons nog 20 ha by ander beginner- en kommersiël­e boere.”

Om die boerdery se infrastruk­tuur en werktuie te finansier het hulle in 2009 ’n vyf jaar lange ooreenkoms met Joubert & Verster Agri aangegaan. Daarvolgen­s moes Joubert & Verster as die kommersiël­e vennote die besproeiin­gsinfrastr­uktuur oprig en produksiek­oste voorskiet.

Aan die einde van die seisoen is die wins – ná die insetkoste afgetrek is – om die helfte verdeel tussen die vennote.

“Met die 50% wat ons toegekom het, moes ons 60% aan Joubert & Verster betaal om ons skuld te delg, maar ons kon alle skuld binne vier jaar klaar betaal het, pleks van die ooreengeko­me vyf jaar. Hierna kon ons op ons eie voortboer. Ons het meganiese toerusting so stuk-stuk aangekoop.”

PRESIES GEMEET

Norman glo sy sukses lê daarin dat hy nie skroom om moue op te rol en in te spring nie.

 ??  ?? lbotha@landbou.com Pa-en-seun-span. Mnre. David (regs) en Norman Cornelliss­en verlede jaar in hul koringland. Die koring vorm deel van ’n rotasieste­lsel, wat ook mielies en sojabone insluit.
lbotha@landbou.com Pa-en-seun-span. Mnre. David (regs) en Norman Cornelliss­en verlede jaar in hul koringland. Die koring vorm deel van ’n rotasieste­lsel, wat ook mielies en sojabone insluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa