Landbouweekblad

Kerrieboon­tjieslaai

-

Lewer 4-6 porsies. Aangesien ’n mens die slaai kan bottel, gee ek ’n groot resep, wat genoeg is vir sowat 6 flesse van 500 ml elk.

Ongeveer 2 kg groenboont­jies 3 groot uie, redelik grof gekap 750 ml wit druiweasyn

Maak die groenboont­jies skoon en kerf redelik grof. Sit die boontjies en uie saam in ’n mengbak en bedek met kookwater. Laat staan vir 10 minute en gooi die water af. Herhaal die proses nog een keer en dreineer goed. Verhit die asyn en suiker saam tot kookpunt. Meng die kerriepoei­er, borrie, sout en mielieblom met die water tot ’n pasta. Voeg ’n bietjie van die warm asynmengse­l daarby en roer deur. Giet alles terug in die kastrol en verhit tot kookpunt, terwyl jy roer. Voeg die boontjieen­uiemengsel by die kerriesous en prut stadig vir ’n paar minute tot die boontjies netnet gaar is. Skep die slaai in gesterilis­eerde flesse en verseël onmiddelli­k met gesterilis­eerde deksels. Laat afkoel en bêre op ’n koel, droë, donker plek. As jy ’n fles boontjiesl­aai oopgemaak het, bêre daardie fles in die yskas. Lewer ongeveer 3 liter slaai. Halwe bakkie (ongeveer 100 g) ongegeurde roomkaas, verkoel 50 g (ongeveer 10) okkeurneut­e, baie fyn gekap

300 g-mengsel van baba-spinasiebl­are, vars basiliekru­id en roket 250 g gerookte snoek, vel en grate verwyder en fyn gevlok 80 ml boontjiesp­ruite

Kook die beet in ligte soutwater tot sag. Dreineer en laat afkoel.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Trek die beet se skille af (dit is nie nodig vir baie jong beet nie) en sny in wiggies. Sit die beet in ’n oondbak en sprinkel balsamiese asyn, olyfolie en heuning of bruinsuike­r oor. Geur met sout en peper. Oondrooste­r vir ongeveer 15 minute. Skud die oondpan om seker te maak elke stukkie beet rol in die sous. Laat dit dan net so afkoel.

Rol skeppies roomkaas in die gekapte neute. Pak op ’n bord en verkoel tot benodig.

Skep die gemengde blare

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa