Landbouweekblad

Nie almal glo aan groenighei­d op die bord wanneer hulle braai nie. Dié gereg is ideaal vir beginner-slaai-eters.

-

My vriend Lehan Mulder is jonk, aangenaam, hardwerken­d, vol stories, eet graag steak en drink ’n brandewyn. Dié kêrel sit egter nie sy lippe aan slaai nie. Hy sê jy kry twee soorte mense: ’n Slegs-braaier en ’n braaier-en-slaaier.

Hy verduideli­k dit só: Die eerste groep is daardie mense wat die tjops van die rooster af eet en hul hande aan hul broeke afvee terwyl hulle hul vroue in die oë kyk. Die braaier-en-slaaiers hou van ’n bietjie verskeiden­heid by hul braai. Dié groepie is gewoonlik wyndrinker­s (moontlik rooi) en voor die aand verby is, sal hulle jou vertel hoeveel die bottel kos, hoeveel die kos kos en in watter lande hulle oral was.

Ek val darem nie in die laaste kategorie nie, al geniet ek ’n slaai by my braai. Ek oortuig Lehan toe om ’n slaai te proe wat ek vir hom sal maak. Hy stem in, solank hy kan drink wat hy wil. Ek maak nie enige ou slaai nie, maar ’n ding met groente, vrugte, kaas, blare en kruie – alles om die kans te verbeter dat daar iets in sal wees waarvan Lehan hou.

aan is, en siedaar! As daar nie ’n voedselver­werker byderhand is nie, gryp ’n gewone eierklitse­r.

Die groot ding met Nuwejaar hier op Korfu, waar ons die afgelope paar maande woon, is die sny van die Heilige Basilius-brood, wat hulle ’n pastei noem, maar eintlik ’n koek is. Dis ’n vasilopita in Grieks. Die seremonie is daarop gerig om voorspoed vir die nuwe jaar te bring. Die gasvrou voor die snywerk aan deur ’n kruisteken bo-op die koek te kerf. Dan word ’n stuk vir die huis afgesny en ’n stuk vir die heiliges. Daarna kry die oudste en dan die jongste om die tafel ’n sny, gevolg deur die res van die gaste en die huismense laaste. Soos ons eie mense toentertyd ’n tiekie in die poeding gebak het, word ’n muntstuk in die koek gebak. Die een wat die sny koek met die munt in kry, gaan glo ekstra voorspoedi­g wees. Nodeloos om te sê, dié geluk het ons al by drie geleenthed­e verbygegaa­n.

OU TRADISIE

Die vasilopita-gebruik is nie sommer uit die lug gegryp nie. Volgens oorlewerin­g is die stad Sesarea in Kappadosië, KleinAsië, in die jare 300 deur ’n vyand beleer. Basilius, die plaaslike biskop, het ’n beroep op die inwoners gedoen om goud en juwele by te dra om die stad los te koop, wat hulle mildelik gedoen het. Die vyand was glo só verleë oor dié saamstaan-gebaar dat hy die losprys teruggegee en sy stellings ontruim het.

Dit was ’n probleem om uit te pluis wie wat bygedra het, en die wyse Basilius het besluit dit sal die regverdigs­te wees om elke goudmunt of juweel in ’n brood te bak en die brode aan die gesinne uit te deel. En wonder bo wonder het elkeen teruggekry presies wat hy bygedra het.

Kalinychta (goeie nag)!

Piet Ebersohn is voorheen van Pretoria, waar hy as skakelman gewerk het. Hy was jare gelede skakelbeam­pte by die Transvaals­e Landbou-unie en die Suid-Afrikaanse Landbou-unie. Hy en sy vrou, Mariëtte, het einde verlede jaar permanent na Korfu verhuis.

 ??  ?? Die gas wat die muntstuk in sy stuk vasilopita kry, sal glo ekstra geluk in die nuwe jaar ervaar.
Die gas wat die muntstuk in sy stuk vasilopita kry, sal glo ekstra geluk in die nuwe jaar ervaar.
 ??  ?? ’n Slaai waarvoor nie eens slegsbraai­ers hul neuse sal optrek nie.
’n Slaai waarvoor nie eens slegsbraai­ers hul neuse sal optrek nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa