Landbouweekblad

Landelike eetplek is hartklop van Ladybrand

Cora-Mart Oosthuizen bedryf ’n restaurant en gastehuis in die ou stasiemees­ter se huis en buitegebou­e op Ladybrand. Haar flair vir goeie kos en die pragtige dekor laat gaste daarheen stroom.

-

1 2 Hoe het jou ondernemin­g ontstaan? Ek is op Ladybrand gebore – my ouers is saaiboere hier – en ek het tien jaar gelede ’n restaurant begin. Ná my troue met Vlok, ’n Oos-Kaapse boer, het ons Lady Grey toe getrek en ek wou nooit weer ’n restaurant hê nie. Ek was egter nog altyd lief vir kos en diere, en toe ons 2½ jaar gelede teruggekom het Ladybrand toe, was daar ’n kans om die Living Life Station Café oor te neem. Ek het al saam met die vorige eienaar, Klaradyn Grobler, gewerk. Sy het die restaurant in ’n ou skuur ingerig en ek het die dekor gehou. Ek het ook ’n deli by die Ladybrand-akademie begin.

Is daar sinergie tussen jou gastehuis en die restaurant? Die Station House bied verblyf in ’n pragtig gerestoure­erde sandsteenh­uis wat destyds die ou stasiemees­ter se huis was. Elke kamer loop uit op ’n stoep en het sy eie kaggel vir die koue Vrystaatse nagte. Dis stapafstan­d van die restaurant, Station Café, af. Die restaurant was eers net ’n koffiewink­el, maar toe het ons aandetes vir die gaste begin verskaf. Ek versamel ook oudhede, wat ek weer in die restaurant verkoop. Daar is ook tuisgebak beskikbaar en party produkte word deur mense in die kontrei gemaak.

Die perseel het ’n interessan­te geskiedeni­s, nè? Waar die gastehuis nou is, was eers die stasiemees­ter se huis. Die restaurant is ingerig in die buitegebou­e. Ons het dit by Spoornet 3 gekoop. Ons het dit ’n nuwe voorkoms, wat steeds ingeleef lyk, probeer gee met sink, sement, oudhede en baie wit.

Waar kom jou liefde vir kos vandaan? Seker van my oumas af. My ma het landbou gestudeer en kos is net ’n noodsaakli­kheid vir haar! Ek het nie gunsteling­kos nie, maar is lief vir iets van alles – solank dit lekker vars is.

Jou restaurant is bekend in die Oos-Vrystaat. Hoekom is dit so gewild? Dis die dorp se kuierplek, maar hier kom ook baie regeringsg­aste of mense wat Lesotho toe moet gaan vir werk en dan in die gastehuis oorbly. In die winter steek ons die Essie-stoof in die restaurant aan om geregte te maak wat lank en stadig bak. Dan wil almal altyd daar sit en kuier.

Wat maak dit uniek? Ons probeer ons koolstofsp­oor klein hou. Ek glo aan varsheid en om te gebruik wat jy het. Benewens ons koffie, kry ons die meeste van ons bestanddel­e plaaslik – van plaaslike organiese koring en rogmeel tot tuisgebakt­e brood. Ons het baie groot groentetui­ne langs die restaurant, waar ons produkte, soos kruie, bessies en slaaiblare, oes. Ons probeer so min as moontlik bestanddel­e koop. Vandag se goed proe mos na niks, maar as die ryp appelkose aan ons bome hang, is dit heerlik. Ons kook ook ons eie konfyte en gebruik regte botter in ons roereiers en koekies.

Jy is ’n groot aanhanger van kosneiging­s en jou kos tref altyd die kol. Hoe kry jy dit reg? Ek begin gewoonlik met ’n resep en kyk dan maar wat werk. Jy ontwikkel wél mettertyd jou eie truuks. Ek glo ook dat kos mooi moet wees, anders moet jy dit liewer los.

Wat geniet jy die meeste van jou eie ondernemin­g? Dis ’n baie besige lewe – enigiets in die kosbedryf is maar dol, maar ’n mens moenie so maklik op die negatiewe goed begin fokus nie. Die lekkerste is dat my kinders (Charles [4], Milan [2] en die baba, Hanja) hier by my in die kombuis grootword. Ons kan ook maklik tyd maak om hier saam te sit en iets te eet. NAVRAE: telkomsa.net; 0826939397. livinglife@

Is jy ’n vrou met jou eie ondernemin­g op die plaas of die platteland, of ken jy ’n dinamiese vrou wat dit doen? Ons wil graag hoor van jou sukses. Stuur e-pos aan Lucille Botha by lbotha@landbou.com om ons van jou ondernemin­g te vertel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa