Landbouweekblad

Net één Karoo

Op die platteland trek mense laer om mekaar – of dit nou is om te help in tye van nood of om die koelsakke uit te pak en saam te kuier.

-

Wilma, oorspronkl­ik daar van Riebeek-Wes se wêreld, het vir etlike jare die onderwys gedien. Sy het letterlik van die Kaap tot die Oranjerivi­er se wal onderwyspo­ste beklee. In daardie dae het die jong manne die nuwe, jong onderwyser­esse deeglik deurgekyk vir geskikte troumateri­aal, maar Wilma was slim. Sy het haar nie laat vang deur enige troulustig­e man nie.

Toe beland sy egter op Laingsburg en daar vang slim sy baas en loop sy haar rieme styf toe Sol sy visier instel en aanlê. Sommer gou-gou lui die trouklokke en vestig sy haar in die distrik.

Wilma se niggie, Ena, was getroud met ’n boer uit die Koup-streek. Die niggies het op Riebeek-Wes saam skoolgegaa­n en is sedertdien ook boesemvrie­nde.

En so kom kuier Wilma se suster, Etta, uit die stad vir haar en besluit hulle op ’n mooi somersdag om vir nig Ena te gaan kuier. Hulle val sommer vroeg-vroeg in die pad, want in die Karoo speel jy nie met die son nie en dit was voor die tyd van lugreëling in elke motor. Die wye kaaltes het die niggie uit die stad laat wonder wat van al die mense geword het en waarvan mens en dier leef.

LINKS OF REGS?

Iewers op die pad Antjieskra­al toe draai jy links van die N1 af en dan draai jy onmiddelli­k regs net nadat jy oor die treinspoor is. Maar Wilma het ’n bietjie vergeet, en draai toe links pleks van regs. Wat is so ’n klein foutjie nou tussen vriende? En dit was nog voor die tyd van selfone.

Die pad lyk ’n bietjie onbekend, maar vir Wilma was dit nie ’n vreemde verskynsel nie, want sy het verdwaal soos ander ouens tande borsel. Ná hulle ’n hele paar kilometer gery het en Wilma ’n paar sweetdrupp­els afgevee het, kom hulle by ’n sandleegte en dit het moeilikhei­d voorspel.

Wilma sê: “Hou net hier stil. Sit die kar in die laagste rat en gee vet.”

Maar Etta se vetgee was nie genoeg nie en in die middel van die leegte val die kar in die los sand vas. “Wat nou?” “Nou sal ons hom moet uitgrawe.” En die twee grawe dat die sweet tap, maar die los sand laat hom nie so maklik wen nie en hulle moet maar tou opgooi. Die son begin brand. “Ek het nou ’n toilet nodig,” sê Etta. “Daai groot bos . . .” Etta bekyk die bos en dit lyk of sy in trane wil uitbars. “Regtig?” “Regtig. Dis nie so erg nie. Hier doen almal dit so.” Die son bak. Dis warm. “Ons sal moet stap,” sê Wilma. “Ag, genade tog! Waarnatoe?” “Terug, want ek is seker hierdie is die verkeerde pad.” “Vandag dood ons sonder siekte.” Agter in die motor se kattebak is ’n groot swart sambreel, want in die Baai reën dit soms. Vir ekstra beskerming knoop die susters elk ’n sakdoek se hoekies en sit dit op hul kop. Wilma gaan haal die skaapmedis­ynekannetj­ie, wat boere daarlangs gebruik vir water, en dra dit saam. “Waarnatoe gaan ons?” “As ons die N1 kan haal, loop ons na Toit toe. Hul plaas is langs die teerpad. Moenie worrie nie, as ons nie opdaag nie, sal Ena-hulle ons kom soek.”

STUIT NIE VIR ’N HEK

En die susters stap en sweet. Net toe hulle omtrent aan die einde van hul moed en kragte is, sien hulle die verkeer op die N1. Daarvandaa­n gaan dit ’n bietjie beter. Maar toe hulle uiteindeli­k by Toit se plaashek kom, is dit gesluit. “Wat nou?” “Nou klim ons bo-oor.” Etta kyk wantrouig na haar nousluiten­de romp. Sy het dit spesiaal aangetrek vir die kuier by Niggie. Hoe sy bo-oor die hek gaan kom, weet nugter. Wilma klim eerste oor. “As jy net bo-op die hek kan kom, kan jy spring. Ek sal jou vang.”

Etta trek die nou rompie hoog op en gooi haar skoene oor die hek en sy klim. Toe sy bo-op die hek kom, lyk sy soos ’n klein voëltjie wat leer vlieg.

“Spring!” skree Wilma. En sy spring. Altwee val neer in ’n warboel van arms, bene, sambreel, geel waterkanne­tjie . . . en stof. “Sies, hel! So vuil was ek nog nooit,” kla Etta.

Op die plaaswerf is alles doodstil. Om die eendedamme­tjie sit die eende kop-onder-dievlerk. Dit is te warm om te swem. Dankbaar sak die twee susters langs die dammetjie neer en laat sak hul voete in die water.

“Salig!” sug Wilma. “Dis jammer dat Toit-hulle nie hier is nie, want nou sal ons moet wag tot hulle kom.”

“En sê nou maar hulle is vir ’n maand met vakansie?”

“Hier gaan die boere nie met vakansie as dit so warm en droog is nie. Hulle is seker net dorp toe of iets.”

Net toe roer een van die gordyne by die huis en die volgende oomblik kom Eleanor, Toit se vrou, uit die huis gestorm.

SOEKGESELS­KAP

“Waar was julle? Die hele Laingsburg soek na julle! Toe julle nie op Antjieskra­al opdaag nie, het tannie Ena vir oom Sol gebel en hy is omtrent histeries! Hy kan nie van die foon af padgee nie, want netnou bel julle. Hy is seker julle het verongeluk of is vermoor of iets!”

Wilma sê baie bedees: “Ek dink ons het die verkeerde pad gevat en toe val ons in ’n leegte vas en toe loop ons maar. Maar kan ons nie asseblief net ’n bietjie koue water kry nie?”

Terwyl Eleanor die nodige doen, kry die Koup lewe. Uit alle oorde begin hulle kom; plaasbakki­es kom in ’n stoet aangery. Voorin is die vroue slaggereed met medisynetr­ommeltjies en wapens – enigiets van haelgewere tot .22’s. Agterop is plaaswerke­rs, windpompge­reedskap, skaaphonde, waterkanne, dieselkann­e en koelsakke.

Wilma vertel die storie ’n paar maal oor en almal besef dat die verskil tussen links en regs soms baie groter is as wat ’n mens dink.

“Nee, wat,” sê nig Ena,” toe ons oor die radio hoor julle is hier, het ons besluit om sommer net hier te braai. Almal het hul goeters by hulle en nou is ons hier.”

En toe word daar gebraai, gekuier, gesels en gelag.

Daar is net één Koup en één Karoo.

Anna-Marié Heyns woon op Laingsburg. Dié ware verhaal het in die 70’s afgespeel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa