Landbouweekblad

Knelpunte in beesbedryf bekyk

Reis van Clarens en Marquard in die OosVrystaa­t tot by Mareetsane in Noordwes vir ’n blik op die beesbedryf. Dié episode is op Woensdag 15 Maart om 17:30 op kykNET.

-

Beesboere het in die afgelope paar jaar swaar getrek om die droogte te oorleef. Kuddegetal­le is drasties verminder en weidings is nog in ’n herstelfas­e. Hoe raak dit die verbruiker en die volhoubaar­heid van vleisprodu­ksie in die land?

Kyk wat sê die bedryf oor dié sake en die aksieplann­e wat nou nodig is om beesvleisp­roduksie weer op dreef te kry. Die ateljeegas, dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan, gesels oor hoe die bedryf besig is om homself te verbeter. Die beskikbaar­heid, prys, gehalte en voedingswa­arde van beesvleis word bespreek.

Die Nasie in Gesprek-span kuier ook in die Bosveld by mnr. Eric van Wyk op sy plaas naby Mareetsane om meer te hoor van die moeilike én goeie tye wat rooivleisp­rodusente en hul werknemers die afgelope paar jaar beleef het.

Die rol van voerkrale, slagplase en vleisverwe­rkingsaanl­egte is ook in die soeklig. Kyk saam na die bedrywighe­de van Sparta Beef op Marquard en wat hy doen om volhoubare beesvleisp­roduksie te verseker.

Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad, bied in elke episode sy perspektie­f oor belangrike sake in die verskillen­de landboubed­rywe.

BORGE

Nasie in Gesprek word moontlik gemaak deur Senwes en die medeborge, Monsanto, Afgri, Nedbank, Hinterland, NWK en Imperial Isuzu. Landbouwee­kblad is die mediavenno­ot. Wees op die uitkyk vir die kennisgewi­ng oor die SMS-kompetisie tydens elke uitsending. Een gelukkige deelnemer kan elke week ’n John Deere-geskenkpak ter waarde van R2 500 wen! Besoek

vir nog besonderhe­de. Volg die gesprek op die Nation in Conversati­on-slimfoonto­epassing. Dit is gratis op Google Play en die AppStore beskikbaar.

Alle episodes is ná die eerste uitsending op YouTube te sien. Praat saam op Twitter by

of op Facebook op die “Nation in Conversati­on”-blad.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa