Landbouweekblad

Hou stropers slaggereed

Boere kan breekskade aan stropers grootliks voorkom deur die gereelde inspeksie, skoonmaak en vervanging van onderdele.

-

In byna 80% van alle gevalle wanneer werktuie onklaar raak, is dit omdat gereelde inspeksie en deurlopend­e onderhoud agterweë bly. By stropers is rollaers die onderdeel wat die meeste keer staantyd kan verhoog, sê mnr. Arno du Plessis, nasionale verkoopsbe­stuurder by Northmec.

“Sien rollaers, alle kettings en V-bande daagliks na. Kettings en V-bande moet gereeld tot op die aanbevole stremming verstel word. Ruil olie en gebruik smeermidde­ls volgens die voorskrif,” sê Arno. Boere wat streng daarop ingestel is, doen dit omdat staantyd produktiwi­teit verlaag en swakker opbrengste en minder tonne gestroopte graan tot gevolg kan hê.

MODDER EN KLIPPE

Die werksomgew­ing op landerye kan ’n stroper goed opkeil.

“Nat, modderige toestande of landerye met baie klippe kan tot groot en onnodige skade lei. Maak landerye sover moontlik skoon van klippe, want almal weet ’n stroper hou nie daarvan om klippe te sluk nie,” sê Arno.

Stropers het baie bewegende onderdele. Verstellin­gs en gereelde versiening­s is belangrik voor en tydens die strooptyd. Verstellin­gs behoort ook by die toestande op verskillen­de landerye aangepas te wees.

“Die meeste operateurs is in voeling met hul stropers en weet waartoe die masjien in staat is.”

GOEIE RAAD

Voorkom dat stropers onklaar raak met dié stappe: Begin met die voorseisoe­ninspeksie van die stroper. Laai die inspeksiel­ys af wat op

beskikbaar is. Begin by V-bande, kettings en rollaers. Gaan die operateurs­handleidin­g na en hou by die aanbevole verstellin­gs en diensinter­valle. Maak seker van die aanpassing­s op die konkaafwyd­te, rotorspoed en die windspoed. Siwwe se groottes moet aangepas wees om ’n skoon monster te stroop. Daaglikse inspeksies is belangrik. Maak die omgewing rondom die rollaers skoon – stof en kaf pak dikwels aan naby die rollaers. Wees op die uitkyk vir olielekke op die hidroulies­e stelsel en op die enjinlyn. Gebruik lug – nie water nie – om die stroper skoon te maak. Hoëdruklug­kompressor­s is die aanbevole manier om die enjin skoon te blaas. Moenie hoëdrukwat­erspuite gebruik nie – selfs nie aan die buitekant nie. Water wat ingedwing word in ruimtes, kan lei tot roes en elektriese skade. Inspekteer die landerye vooraf. Kyk na die stronke se dikte en verstel die plukkerkop se opening by die lem sodat dit groot of klein genoeg is vir die plant om deur te beweeg en reg afgesny te kan word. Maak aanpassing­s, want die materiaal word deur die dag droër. Klein verstellin­gs aan die konkaaf, rotorspoed en die windspoed kan tot beter graangehal­te lei. As jy van een kultivar na ’n ander verskuif, moet die verstellin­gs dalk weer aangepas word. Indien die gehalte van die graan in die stroperten­k nie op peil is nie, kyk na die toe- stand van die bakkies, hyser of ketting, die toestand van die konkawe en die toestand van die siwwe. Verstellin­gs op die plukker of graantafel­s kan ook help om die gehalte te verbeter. Wees voorbereid op die ergste. Maak seker daar is minstens een brandbluss­er byderhand. ’n Klein graaf kan ook nuttig wees om sand op vlamme te gooi as daar dalk ’n brand ont- staan. Maak seker jou selfoon se batterye is gelaai ingeval ’n noodoproep om hulp nodig is. As jy weet van ’n probleem op die stroper, of onklaar onderdele, maak dit dadelik reg. Goeie onderhoud van stropers begin die dag wanneer jy klaar geoes het en die stroper in die waenhuis trek. Maak die stroper goed skoon voor jy dit ná die strooptyd in die waenhuis parkeer. Haal die batterye uit en maak dit skoon. Maak die stroper ook buite skoon (met lug). Kyk voor die strooptyd na die plukker of tafel. Maak seker die kettings is reg, asook die toestand van die pluklemme en die tone. Die “skid”-plate aan die onderkant van die graantafel­s moet ook deurgegaan word. Dit is ook belangrik om die olie in die ratkaste en die kragaftakk­erkoppelin­g na te gaan.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Hou landbouwer­ktuie, soos dié Case Axial-Flow 9240-stroper, in topkondisi­e met ’n onderhouds­plan voor en tydens strooptyd.
FOTO: VERSKAF Hou landbouwer­ktuie, soos dié Case Axial-Flow 9240-stroper, in topkondisi­e met ’n onderhouds­plan voor en tydens strooptyd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa