Landbouweekblad

Ystervark wys sy staal

Met ’n nuwe lid in die Wuhlf-familie kan boere nou uit meer werktuie kies vir ontbossing en veldbestuu­r.

- Tel. web:

Daar is ’n nuwe dier in die Wuhlf-stal! Die Ystervark bied nes sy boetie, die Vlakvark, bekostigba­re grondversk­uiwings- en veldbestuu­roplossing­s. Hy is klein genoeg om jou sak te pas en groot genoeg om bosse en struik te tem.

Op die oog af is daar min verskil tussen die nuwe Ystervark en die Vlakvark. Albei het ’n 495BG-enjin van 37 kW. Die 1 ton-laaivermoë en laaibak wat 0,5 m3 vrag (opgehoop) kan verskuif, is dieselfde vir albei wanneer die laaigraaf vooraan gehaak is.

Die Ystervark se aandrywing is egter aangepas en met sy nuwe nokplaat (swashplate) is daar genoeg onafhankli­ke krag om die ontbosser vooraan te ondersteun. Dié veranderin­g in die aandrywing beteken die intensitei­t van die ontbosser se werking meng nie in met die prestasie van die enjin nie. Jy sal dus nie enjinkrag verloor omdat die ontbosser hard werk nie.

Die Ystervark kan ook sonder moeite sy pad vind deur algemene struik- en bosverdigt­ings in weivelde. Dit sluit in sekelbos, paraffienb­os en lantana wat weivelde vervuil.

Die Ystervark en sy ontbosser is ideaal vir: Veiligheid­sinstandho­uding en die onderhoud van bosagtige HEEL BO: BO: persele rondom geboue; Die sny van brandpaaie; Die onderhoud van die veld langs paaie; en Veldbestuu­r en ontbossing. “Enigiets met ’n stam van tot 60 mm dik sal moet bontstaan voor hierdie taai kalant. Veral op kleiner plase of waar die boer net soms ’n ontbosser nodig het, is hierdie opsie bekostigba­ar teen R444 600 (BTW ingesluit). Dié prys sluit die Ystervark, ’n laaigraaf en die ontbosser in,” sê mnr. Johan Grobler, besturende direkteur van Wuhlf.

Wuhlf sal in Mei weer op die Nampo-Oesdag sy werktuie uitstal. As jy egter vroeër na die Ystervark of enige van die ander werktuie wil kyk, besoek die Wuhlf-aanleg en -kantoor in Montana, Pretoria.

084 247 0804; sales@ wuhlf.co.za; www.wuhlf. co.za; 012 548 0378.

 ??  ??
 ??  ?? Dié splinternu­we, kleiner ontbosser van Wuhlf pas vooraan die Ystervark. Dit speel maklik klaar met jong bome en struike met stamme van tot 60 mm in deursnee.
Dié splinternu­we, kleiner ontbosser van Wuhlf pas vooraan die Ystervark. Dit speel maklik klaar met jong bome en struike met stamme van tot 60 mm in deursnee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa