Landbouweekblad

Kyk van ver af na jou besproeiin­g

Lindsay Africa bied pasgemaakt­e waterbestu­ursoplossi­ngs vir besproeiin­gslande. Met slimfoonte­gnologie en ’n universele beheerpane­el is dit nou makliker om spilpunte presies te bestuur.

-

Boere wêreldwyd maak staat op Lindsay se produkte om waarde toe te voeg, risiko te verminder en die volle voordeel uit elke groeityd te put. ’n Reeks dienste en produkte is beskikbaar wat maklik by verskillen­de soorte gewasverbo­uing inskakel. Dit sluit in waterpompe, filtrering, spilpunte en beheermega­nismes met GPS-posisioner­ing. Die bekende Zimmatic-besproeiin­gstelsel, FieldNET-tegnologie en betreklik nuwe Pivot Control-beheerpane­el is daarby ingesluit.

As jy jou selfoon of tablet met die FieldNET-toepassing daarop by jou het, kan jy enige tyd, ongeag waar jy is, ’n ogie oor jou besproeiin­gslande hou.

FieldNET, deur Lindsay, is die bedryf se eerste koordlose netwerk wat die hele besproeiin­gstelsel kan moniteer en beheer. Só kan jy byvoorbeel­d die status en posisie van elke spilpunt nagaan, jou spilpunt aan- en afskakel, van rigting laat verander en programmee­r met spesifieke gewasse in gedagte. Jy kan verskeie programme op Fieldnet hou vir verskillen­de gewasse en seisoene. Dit stuur ook waarskuwin­gs uit as iets skeefloop.

SPILPUNTBE­HEER

Talle boere verbou meer as een gewas op verskillen­de besproeiin­gslande op een of meer plase. Dikwels is daar verskillen­de soorte spilpuntbe­heerstelse­ls wat elkeen sy eie beheerpane­el het. Om verwarring en foute te voorkom, bied Lindsay se FieldNET Pivot Control ’n gebruikers­vriendelik­e, universele platform wat bykans enige ander soort elektriese spilpuntbe­heerpaneel kan aanvul.

Die FieldNET Pivot Control het besliste voordele: Dit is maklik om te gebruik, bespaar tyd en verminder foute en opleidings­vereistes. Dit gee ten volle beheer oor spilpunte, pompe, boorgate en toedieners. Dit moniteer druk, vloei, temperatuu­rsensors en reënval. Die dataterugv­oer maak besluitnem­ing makliker. Dit optimalise­er water- en energiever­bruik met ’n veranderli­ke besproeiin­gskoers. Anders as ander afstandbeh­eerde kontrolepr­odukte wat aan die einde van die spilpunt gemonteer is, word Pivot Control by die spilpunt se middelpunt gemonteer. Dit bied meer funksies en groter buigsaamhe­id wat aanpas by die boer se besproeiin­gsbehoefte­s.

Die stelsel kan op byna enige bestaande spilpunt op die elektriese beheerpane­le van ander vervaardig­ers geïnstalle­er word.

Met FieldNET Pivot Control se wisselbare besproeiin­gskoersteg­nologie, oftewel variable rate HEEL BO: INLAS: BO: irrigation (VRI), bied dit tot 360 verskillen­de verstellin­gs na gelang van die landery se behoefte. Die aanbevelin­gs van landboukun­diges of besproeiin­gsadviseur­s kan derhalwe noukeurig toegedien word, pasgemaak vir elke land.

VRI-besproeiin­g gebruik net die regte hoeveelhei­d water en chemikalie­ë vir elke meter van die landery. Hierdie presiese toediening laat jou toe om ’n besproeiin­gsoplossin­g vir jou spesifieke topografie, grondsoort en gewas te identifise­er, wat produksie maksimalis­eer en insetkoste verminder.

Met die FieldNET-slimfoonto­epassing is dit moontlik om water- en kunsmistoe­diening deurlopend na te gaan en verslae op te stel.

Dié inligting kan van groot nut wees by toekomsbep­lanning en die opstel van begrotings. Kyk gerus wat Amerikaans­e boere dink van die FieldNET Pivot Control op die YouTubevid­eo by die skakel

Of kry op die webwerf

nog inligting oor besproeiin­g, waterfiltr­ering en waterpompb­eheer.

Onderdele van topgehalte en Lindsay se naverkoped­iens maak seker dat jy solank as wat jy die besproeiin­gstelsel gebruik, vinnig kan kry wat jy nodig het om jou stelsel jaar ná jaar aan die gang te hou. Sentrums van waar onderdele na jou plaaslike handelaar versprei word, maak staantyd minder en onderhoud maklik. www.myfieldnet.com; 021 986 8900.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Hou jou besproeiin­gslande van enige plek af dop met behulp van Lindsay se jongste FieldNET-beheerstel­sel.
FOTO’S: VERSKAF Hou jou besproeiin­gslande van enige plek af dop met behulp van Lindsay se jongste FieldNET-beheerstel­sel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa