Landbouweekblad

Kies die beste batterye só

Groot boerderye gebruik ál meer sonkrag om verskillen­de bedrywighe­de op die plaas aan die gang te hou. Daarvoor is die regte batterye nodig vir ’n doeltreffe­nde stelsel.

- 2 500

Die ontwerp van ’n sonkragste­lsel wat nie deel van Eskom se kragtoevoe­r is nie, is ’n gespesiali­seerde taak. Batterye is gewoonlik die duurste onderdeel en dui ook eerste die simptome aan van ’n stelsel wat nie reg ontwerp is nie.

Batterye se waarde word bepaal deur die koste van die laaien-ontlaai-siklus en die verwagte gebruiksdu­ur van die battery.

105AH12VDI­EPSIKLUSBA­TTERY

Battery se prys: R1 500 Die hoeveelhei­d energie (Wh) wat die battery kan opberg: 105 Ah x 12 V = 1 260 Wh GRAFIEK 1 dui aan hoe diep die battery moet ontlaai vir die verlangde gebruiksty­d.

Die meeste loodsuurba­tterye moenie verder as 50% ontlaai nie. Teen 50% ontlading behoort die battery ongeveer 440 siklusse te lewer. Dit beteken as 50% van die 1 260 Wh (totale energie) ontlaai word, is 630 Wh vir gebruik beskikbaar. Die battery kan 630 Wh 440 keer ontlaai en weer laai. Enige verliese is eers buite rekening gelaat vir die doel van die vergelykin­g.

630 Wh x 440 = 277 200 Wh of 277 kWh wat die battery gelaai en ontlaai kan word. Koste: R1 500 ÷ 277 kWh =

(dit is die koste om 1 kWh te laai en te ontlaai).

850 AH 2V AGMDIEPSIK­LUSBATTERY

AGM- en jelbattery­e van dieselfde gehalte het gewoonlik vergelykba­re grafieke. Battery se prys: R3 000 Energie: 850 Ah x 2 V = 1 700 Wh Teen 50% ontlaai, behoort die battery ongeveer 1 000 siklusse te lewer. Dus, as 50% van die 1 700 Wh (totale energie) ontlaai, is 850 Wh beskikbaar. Dit kan dus 850 Wh duisend keer laai en ontlaai (sien GRAFIEK 2 ).

850 Wh x 1 000 keer = 850 000 Wh of 850 kWh wat gelaai en ontlaai kan word in die battery se gebruiksty­d.

Koste: R3 000 ÷ 850 kWh =

LITIUM-IOON-BATTERY

Battery se prys: R65 000 Energie = 6 400 Wh (gegewe waarde van vervaardig­er) 6,4 kWh word gespesifis­eer vir tien jaar 6,4 kWh x 3 650 siklusse = 23 360 kWh wat gelaai en ontlaai kan word in die battery se gebruiksty­d.

Koste: R65 000 ÷ 23 360 kWh =

SOUTWATERB­ATTERY

Battery se prys: R17 500 Energie = 2 200 Wh (gegewe waarde van vervaardig­er) Die spesifikas­ie is 3 000 siklusse teen 100% ontlading 2,2 kWh x 3 000 siklusse = 6 600 kWh wat gelaai en ontlaai kan word in die battery se gebruiksty­d.

Koste: R17 500 ÷ 6 600 kWh =

GEVOLGTREK­KING

Die soutwaterb­attery presteer die beste. Gebruik dié metode om enige batterye vir sonkrag- GRAFIEK 1: 105 AH 12 V-DIEPSIKLUS­BATTERY toepassing­s te vergelyk. Ander faktore om te oorweeg: Die nagevolge van temperatuu­r op die battery se gebruiksty­d. Die spesifikas­ies van die meeste loodsuurba­tterye is gegrond op 25 ˚C. Die battery se gebruiksty­d wyk gewoonlik drasties af wanneer die battery gereeld in temperatur­e van meer as 30 ˚C werk. Die gebruiksty­d van soutwaterb­atterye word teen 40 ˚C gespesifis­eer. Die tempo waarteen batterye gelaai en ontlaai word, beïnvloed batterye verskillen­d. Verstaan die C-waarde van die battery om batterye regverdig met mekaar te vergelyk. Bepaal hoe batterye se gebruiksty­d beïnvloed word wanneer hulle net gedeelteli­k vol gelaai is, soos wat gereeld in sonkragtoe­passings gebeur. Gaan veiligheid­saspekte en die omgewingsv­riendelikh­eid van batterye na.

Dr. Philip Olivier is verbonde aan Olivia-energie-oplossings. info@oliviaener­gy.co.za; 051 412 6341.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Oorweeg verskillen­de opsies voordat jy besluit watter sonkragste­lselbatter­y die kostedoelt­reffendste is.
FOTO: VERSKAF Oorweeg verskillen­de opsies voordat jy besluit watter sonkragste­lselbatter­y die kostedoelt­reffendste is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa