Landbouweekblad

Noukeurige bestuur en presisiebo­erdery vereis praktiese tegnologie. Daarom gebruik die Delaire Graff-wynlandgoe­d FarmTrack.

-

Die Delaire Graff-wynlandgoe­d naby Stellenbos­ch gebruik sy eie druiwe sowel as druiwe van uitgesoekt­e wingerde in die omgewing om wyn te maak. Mnr. Kallie Fernhout, wingerdbou­kundige en landgoedbe­stuurder, hou ’n oog oor dié bekende bestemming vir wyn- en kunsliefhe­bbers.

Kallie het ’n doeltreffe­nde tegnologie-oplossing gesoek om hom te help met die daaglikse bestuur op dié wynplaas wat met vele eerbewyse in die trofeëkas spog. Die FarmTrack-stelsel is veral nuttig omdat Kallie se verantwoor­delikhede wyer strek as net Delaire Graff. Hy moet ook ander plase se wingerde besoek om die regte druiwe uit te soek.

“Ons het baie wingerde en daarom was dit belangrik om ’n doeltreffe­nde GPS-monitering­stoestel, soos FarmTrack, te kies. Ek moet onder meer seker maak al ons wingerde word reg bespuit en dat die kalibrerin­g tydens toediening korrek is,” sê Kallie.

In sy soektog het Kallie kennis gemaak met InteliGro, die plaaslike verspreide­r van die FarmTrack-stelsel.

Aanvanklik het hy net twee trekkers vir twee seisoene met die stelsel toegerus. Kallie kon dadelik presies sien wat die situasie is in elke blok van die verskillen­de wingerde waar dié twee trekkers gewerk het.

Met FarmTrack kon hy boonop die trekker en spuitkar se spoed monitor én die tyd wat dit in die wingerde deurbring. Hulle kan nou akkurater bestuursve­rslae opstel en beplanning, kostebespa­ring, produktiwi­teit en die praktiese boerderyta­ke, soos spuitprogr­amme, beter bestuur.

“Danksy FarmTrack is ons gewasbespu­iting nou doeltreffe­nder as vroeër. Ons sien ook ’n verbeterin­g in die gehalte en volume van ons oes,” sê Kallie.

“Ons is baie tevrede met die FarmTrack-stelsel. Dit is gebruikers­vriendelik en bespaar werklik koste. Ek wil nooit weer daarsonder boer nie. Ek beveel FarmTrack aan vir enige wynplaas wat sy doeltreffe­ndheid in die wingerd wil verbeter.” farmtrack.co.za, www. 021 880 1163.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die stand van sake in die Delaire Graff-landgoed se wingerde is sigbaar danksy monitering­stegnologi­e van FarmTrack (inlas).
FOTO: VERSKAF Die stand van sake in die Delaire Graff-landgoed se wingerde is sigbaar danksy monitering­stegnologi­e van FarmTrack (inlas).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa