Landbouweekblad

Bewaar vog met LEMKEN

Karat-werktuie is ideaal vir ’n stoppellan­d. Met ’n vlak bewerking in die bogrond bly die vog én die plantmater­iaal behoue.

- Mnr. Karel

Nadat 4 700 ha oor drie seisoene bewerk is, wag mnr. Joe du Plessis, plaasbestu­urder van die Rossouw-boerdery naby Delmas in Mpumalanga, steeds dat die twee Karat-werktuie van LEMKEN moeilikhei­d moet begin gee.

“Die werktuie is stewig en werk hard en vinnig. Ons moes nog net skare vervang – geen ander onderhoud was nodig nie.”

Die Karat-tandkombin­asiewerktu­ig word ná die strooptyd gebruik om deur die stoppels te werk. Dit plaas die organiese materiaal net onder die oppervlak waar dit kan afbreek om die grond te voed. Dieselfde bewerking berei die saadbeddin­g voor en daarom is geen ander bewerking voor planttyd nodig nie. Dit beteken ’n groot besparing aan brandstof en arbeid.

Joe sê die saadbeddin­g is sag en fyn tot op 280 mm (hul werkdiepte), maar wanneer die Augustuswi­nde by Delmas verbyswiep, hoef hulle danksy die dubbelstel-rollers agteraan die Karat nie bekommerd te wees dat die organiese materiaal en bogrond wegwaai nie.

Hulle het besluit om twee Karats van 4 meter te gebruik pleks van breër toerusting, want hulle wil die voordele van vinniger bewerking benut. Elke werktuig bewerk gemaklik 40 ha per dag. Die Karat verrig sy beste werk teen ’n betreklik hoë spoed.

Die materiaal word goed begrawe. Die kouters maak die grond agter die tande gelyk en die rollers van verskillen­de groottes loop in mekaar se spore om die laaste kluite te breek vir ’n saadbeddin­g wat fyn dog ferm is.

STROOPTYD

Joe sê hulle het in die afgelope nege jaar ’n stelsel van minimumbew­erking gevolg om soveel vog as moontlik in die grond te bewaar. Stoppelbew­eiding word sover as moontlik vermy om die organiese materiaal se volume te behou en vastrapper­y van die grond te voorkom.

Mnr. Karel Munnik van LEMKEN SA sê hy verstaan dit is moeilik as voer skaars is, maar in sekere gebiede en as die weer dit toelaat, moet boere dit oorweeg om eerder kuilvoer te verbou of ander voergewass­e te gebruik as om die stoppellan­de vir wintervoed­ing te bewei. Die praktyk om reste net ná strooptyd in die grond in te werk om die humus in die grond op te bou en sodoende die grond se struktuur te verbeter, kan jou oes deur ’n volgende droogtetyd dra.

Karel sê elke mieliestam of koringhalm­pie wat in die grond bly staan, werk soos ’n windpompie om vog uit die grond te onttrek. “Daardie stam suig die water uit die grond en dit verdamp net in die lug.” b.swart@lemken.com; 082 404 9651; k.munnik@lemken. 082 412 2577; www.lemkensa.co.za com;

 ??  ??
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Lae onderhouds­koste en bewerking wat vogbewarin­g aanhelp, is kenmerke van LEMKEN se werktuie, soos dié Karat 9.
FOTO: VERSKAF Lae onderhouds­koste en bewerking wat vogbewarin­g aanhelp, is kenmerke van LEMKEN se werktuie, soos dié Karat 9.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa